Kerk-skieter had geskiedenis van geweld

Devin Patrick Kelley

Devin Patrick Kelley het ʼn geskiedenis van huishoudelike geweld gehad en kon vuurwapens koop aangesien die lugmag nie sy kriminele rekord aan die FBI deurgegee het nie.

Kelley (26) het Sondag die Baptistekerk in Sutherland Springs in die VSA binnegestap en op kerkgangers losgebrand. Hy het 26 mense, tussen 18 maande en 77 jaar oud, doodgeskiet.

Kelley is in 2014 uit die Amerikaanse lugmag ontslaan nadat hy in 2012 sy eksvrou en kind erg aangerand het. Die lugmag het Maandag erken dat indien Kelley se misdaadgeskiedenis behoorlik deurgegee is, dit sou verhoed het dat hy vuurwapens kon koop.

Die polisie is in 2014 weer na Kelley se huis ná berigte van huishoudelike geweld met sy vriendin met wie hy later getroud is.

Volgens ondersoekers het Kelley dreigboodskappe aan sy skoonma, ʼn lid van die Baptistekerk, gestuur voor die aanval. Sy was nie Sondag in die kerk nie.

“Ons kerk het nie uit gemeentelede bestaan nie, ons was ʼn familie,” het Sherri Pomeroy, vrou van die kerk se pastoor gesê. Sy en haar man was uitstedig toe die aanval plaasgevind het. “Nou is ʼn groot gedeelte van ons kerkfamilie weg.” Die egpaar se 14-jarige dogter is in die skietery dood.

Freeman Martin, direkteur van Texas se departement van openbare veiligheid, het gesê die slagting blyk ʼn huishoudelike kwessie te wees en dat dit nie deur ras of godsdiens gemotiveer is nie.

Foto: Jay Janner/Austin American-Statesman via AP

ʼn Gewapende kerkganger het Kelley in sy moordtog gestuit deur hom te verjaag. Hy het op die vlug geslaan en omstanders het hom agternagesit. Hy is kort daarna sowat 13 km van die kerk af dood in sy motor gevind. Hy het glo selfmoord gepleeg nadat sy motor in ʼn botsing betrokke was.

Volgens die owerhede het Kelley voordat hy selfmoord gepleeg het sy pa gebel en gesê hy is geskiet en dat hy nie dink hy gaan oorleef nie.

Kelley is in 2014 van dieremishandeling aangekla nadat ʼn buurman glo gesien het hoe hy ʼn hond slaan. Hy het die bewering ontken maar ʼn boete betaal. Hy is ook in 2015 ondersoek tydens die uitreiking van ʼn beskermingsbevel.

Minstens 20 mense is in die aanval gewond, waarvan tien Maandag steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal was. Ondersoekers het honderde koeëldoppies op die toneel bymekaargemaak, tesame met minstens 15 leë magasyne wat elkeen 30 rondes gehad het.

Kelley het in New Braunfels, sowat 56 km van die kerk, gewoon. Ondersoekers kyk tans na inskrywings wat hy op sosiale media gemaak het dae voor die aanval, insluitend ʼn inskrywing waarin hy glo ʼn AR-15-aanvalsgeweer wys.

Daar is op ʼn Ruger AR-556-aanvalsgeweer by die kerk beslag gelê sowel as twee handwapens wat in Kelley se voertuig gevind is.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andre ·

Soos Trump gister gese het ….” blame the shooter’s mental state and not the guns ” . Wyse woorde.

Groot Krokodil ·

Die rubriek behoort by te noem dat die aanvaller ‘n ‘n liberale ateis was (sommiges meen hy was gerigistreerde demokraat maar nog nie geverifieer nie). Wapen wetgewing het veroorsaak dat aanvaller deur held agternagesit is en uitgehaal is (oud NRA instrukteur nogal). As versteurde libbies hul onwettige wapens wil neersit sal wapen geweld waarskynlik met 90% daal in die VSA. Obama help ook nie juis deur Amerikaners te vra om in die strate hul te verset teen verkose regering van die dag nie.

willem ·

Krokodilletjie gaan google Dylann Roof voor jy weer ongesubstansieerde snert kwytraak

stev ·

Inige simpatie met al die slagoffers en hulle familie lede.

Maar dit is nie ‘n aanvalsgeweer nie. ‘n aanvalsgeweer / “Assault Rifle”, het ‘n select-fire opsie wat insluit (Safe-Semi-Burst-Auto) of (Safe-Semi-Auto).

Hierdie wapen is net (Safe-Fire), Die fire wat dieselfde is as enige moderne pistool (semi-automaties).

Hierdie is ‘n moderne sport -skut geweer. Ja, lyk wel soos militere wapen maar is glad nie dieselfde as M4 / MK18 / HK 416 / M16, etc.

Baie swak dat die persoon se rekord nie deurgegee is aan FBI, maar dan weer. As jy wil moord pleeg maak dit nie saak wat jy gebruik nie. Of dit nou ‘n AR-15 is / Pistool / Rewolver, Mes / kapmes /gehuurde motor.

Grassie ·

En daar bestaan ook nie so iets soos “koeëldoppies” nie. Dit is patroondoppies.

Dina ·

Was dit wel ‘n kerkganger wat die skieter gestuit het? Ander berigte sê dit was ‘n buurman.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.