‘Kernelemente’ van Brexit-ooreenkoms glo gereed

Brexit (Foto: Elionas2/Pixabay)

Donald Tusk, president van die Europese Unie, het gesê kernelemente van die Brexit-skeidingsooreenkoms is onderhandel en bygevoeg dat alles duidelik sal word binne die volgende paar ure.

“Die fondasies van die ooreenkoms is gereed. Teoreties kan ons hierdie ooreenkoms môre in Brittanje aanvaar en chaos en al die rampe voorkom wat gepaard sal gaan met ʼn onbeheersde en chaotiese skeiding,” het Tusk uit Pole tydens ʼn televisie-onderhoud aan verslaggewers gesê.

“Die onderhandelings duur voort,” het Tusk bygevoeg. “Alles beweeg in die regte rigting.”

Tusk het gesê hy was Dinsdagaand gereed om ʼn weddenskap aan te gaan dat die ooreenkoms gereed is en aanvaar sal word. “Daar was egter vandag weer kommer,” het hy aan TVN24 en Polsat News-uitsaaiers gesê, met verwysing na die “ingewikkelde” situasie in die Britse parlement.

Die Britse pond het Woensdag wipplank gery en verstewig wanneer daar nuus was dat die Brexit-ooreenkoms aanvaar sal word, maar binne minute weer verswak wanneer die hoop vervaag het.

Die verwagting is dat ʼn breë politieke verbintenis tot ʼn Brexit-ooreenkoms tussen die Britse eerste minister Boris Johnson en die 27 ander EU-leiers bereik sal word tydens vandeesweek se beraad en volledige besonderhede sal later afgehandel word.

Die huidige sperdatum vir Brexit is tans 31 Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willem Grobler ·

Die einde van multilulturalisme is besig om aan te breek.

Rupert Ashford ·

Nou ek dog dan die EU sou nie verder onderhandel nie?

JO ·

Brexit klink baie soos Brittanje se diplomatieke praktyk wat afgeskaf is asgevolg van die die Tweede Boereoorlog 1899-1902 genaamed “Splendid Isolation” die doel om permanente alliansies te vermy. Die praktyk het ontstaan ​​in 1822 met die uittrede van Brittanje uit die “Congress of Europa” wat gestig is in 1815 na die einde van die groot oorloe van Napoleon Bonaparte. Die Congress van Europa is oorheers deur 5 Grootmoondhede van Europa van daai tyd: Pruise, Rusland, Brittanje, Frankryk en Oostenryk.

Dit Congress van Europa klink baie soos European Unie wat stelsematig te werke gekom het na die Tweede Wereld Oorlog met sy 6 oorspronklike lid lande, Nederland, Duitsland, Belgie, Luxembourg, Frankryk en Italie.

In beide gevalle onder andere was hierdie stelsel gebruik om revolusionêre bewegings teen te staan, die magte van nasionalisme te verswak en die magsbalans te handhaaf.

As Brittanje uit die EU gaan daar lug leemte ontstaan wat heelmoontlik deur verregse politieke party gevul gaan word. Kyk Maar vir Viktor Orban se Fidesz in Hongarye of Oostenryk se Freiheitliche Partei Österreichs (FPO) of Poland se Prawo i Sprawiedliwość (PiS) almal reeds aan bewind. In Italie was daar Matteo Salvini se Lega Nord wat wel vir n kort tyd aan bewind was. In Frankryk die 2de grootste politieke party is die van Marine Le Pen se National Rally en die 3 grootste party in Duitsland is Alternative für Deutschland (AfD).

Ek dink dis meer die einde van die EU as van Brittanje.

Ruiklont ·

Die liberale met die liberale wêreld media wou hê Brexit moes misluk, hul het als in hul vermoë gedoen om dit te veto. Hopenlik is die realiteit dat hul bloedneus sal kry. Die Britse publiek het gekies en Brexit behoort voort te gaan . Soos te wagte is die SA media ook daarteen gekant , varal die “ meningvormers” wat deur Kyknet gebruik word.

Leon ·

Hopelik duik die Pond dat ond weer twee Rand vir ‘n Pond betaal soos gedurende die 1960s.

Isak ·

Te veel Donalds eers n Trump vent en nou Tusk vent dis n recipe vir disaster!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.