Kernooreenkoms dalk vanaand bereik

John Kerry (Amerika), Mohammad Javad Zarif (Iran), Catherine Ashton (Europese Unie) Foto: dhakatribune.com

John Kerry (Amerika), Mohammad Javad Zarif (Iran), Catherine Ashton (Europese Unie) Foto: dhakatribune.com

Vanaand is die spertyd vir die onderhandelings tussen Iran en die vyf vaste lede van die VN-Veiligheidsraad en Duitsland oor ’n kernooreenkoms.

Oppervlakkig beskou wil Iran die sanksies teen die land opgehef hê, en die ander onderhandelaars wil voorkom dat Iran sy kernprogram gebruik om kernwapens te vervaardig.

Iran wil hê dat dieselfde reëls op hom van toepassing gemaak word as op ander lande met ’n soortgelyke kernvermoë, soos Brasilië en Japan. Iran se openlike periodieke oproepe op die vernietiging van Israel is egter ’n groot struikelblok.

Die onderhandelinge in Switserland duur al maande en is deur die een struikelblok na die ander geteister. Die jongste is dat Iran aandring dat die sanksies teen die land onmiddellik geheel opgeskort word, terwyl pres. Barack Obama ’n stelselmatige aftakeling van sanksies voorstaan. Dit lyk of China ’n kompromis-voorstel hieroor kan beding.

Intussen is Israel erg onthuts oor die vooruitsig dat Iran in staat gestel kan word om die tegnologie in te span on skelm ’n kernwapen te bou. Premier Benjamin Netanyahu dreig dat Israel Iran eensydig kan aanval om dit te voorkom.

Lees ’n volledige bespreking deur die Midde-Ooste-kenner, Ghassan Dahhan. Leees ook die ontleding in die Christian Science Monitor .

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.