Soorte resepte:

KFC se grootste geheim dalk bekend

KFC

Foto: Facebook

Die wegneemete-reus KFC het onlangs ontken dat ʼn resep vir dié gewilde gebraaide hoender, wat deur ʼn joernalis van die Chicago Tribune ontdek is in ʼn ou familieboek, die ware Jakob is. Internetgebruikers bespiegel egter steeds oor die outentisiteit van dié resep met 11 bestanddele.

Jay Jones, die joernalis van die Chicago Tribune, het op 19 Augustus berig hy het tydens navorsing vir ʼn reisartikel in Corbin in die VSA ʼn man met die naam Joe Ledington ontmoet. Kol. Sanders, oftewel Harland Sanders, die “meesterbrein” agter die KFC-resep, was ʼn familielid van Ledington.

Ledington het aan Jones vertel hy het meer as 75 jaar gelede as kind by Sanders se wegneemete-kafee gewerk wat hy destyds geopen het as ʼn klein onderneming.

Ledington het ook aan Jones vertel hy het ʼn familiefotoalbum by sy oorlede tannie Claudia, sy pa se suster wat in die 1940’s met Sanders getroud is, geërf.

Buiten die foto’s waarin Ledington saam met Sanders en ander familielede pryk, was daar ook ʼn handgeskrewe resep met 11 bestanddele vir die “oorspronklike” KFC-hoender.

Hy het aan Jones bevestig dat dié resep die ware Jakob is.

Nadat die artikel op 19 Augustus in die Chicago Tribune verskyn het, het Ledington egter in ʼn telefoononderhoud gesê hy kan nie met sekerheid sê dat die resep werklik outentiek is nie.

Die resep wat Jones in die familieboek opgespoor het (Foto: Jay Jones/Chicago Tribune)

Die resep wat Jones in die familieboek opgespoor het (Foto: Jay Jones/Chicago Tribune)

Hy het ook uitgewys dat die handskrif nie dié van Sanders is nie.

Intussen het KFC ook ontken dat die resep outentiek is.

“Sanders het die oorspronklike resep in 1940 ontwikkel vir sy kafee by die stasie. In daardie stadium was die resep bo die deur geskryf sodat almal dit kon sien. Intussen doen KFC baie moeite die mengsel te beskerm. Trouens, die resep is een van die waardevolste geheime van Amerika,” het KFC in ʼn verklaring gesê.

“Baie mense het deur die jare beweer dat hulle die geheim van die resep ontrafel het, maar niemand was nog ooit reg gewees nie.”

Die resep word tans in ʼn kluis in Louisville, waar KFC se hoofkantoor is, onder streng sekuriteitsmaatreëls bewaak.

ʼn Egpaar van Shellbyville is meer as 15 jaar gelede deur KFC gedagvaar toe hulle beweer het dat hulle die oorspronklike resep gevind het in Sanders se huis wat hulle gekoop het. Die saak is laat vaar toe KFC ná ʼn volledige ondersoek gesê het dat dié resep ook nie die oorspronklike is nie.

Hier is die resep wat op sosiale media versprei word:

  • ⅔ t sout
  • ½ t tiemie
  • ½ t basiliekruid
  • ⅓ t oreganum
  • 1 t selerysout
  • 1 t swartpeper
  • 1 t droë mosterd
  • 4 t paprika
  • 2 t knoffelsout
  • 1 t fyn gemmer
  • 3 t witpeper

Metode: Meng al die bestanddele met twee koppies witmeelblom.

Bron: Chicago Tribune

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

KarooKlong ·

Die Kolonel het vergeet om die resep vir ons wegneemete-reus te stuur want onse Karoo hoenertjies proe of hulle van ‘n “fracking” stasie af kom.
Ons noem dit ook “cel fried chicken” sit op die selfoon terwyl die hoender brand.

TM ·

Die genoemde bestandele lyk darem nie te onaardig nie. Ek sal dit self probeer en uitvind hoe dit proe.

André Marais ·

Cherokee – coke se Resep / Bestandeel = “Gif”

Karma ·

Man, my “KFC” smaak volgens my gesin selfs beter as die oorspronklike KFC – en ek vat nie eens die hoender en spoel dit op ‘n sypaadjie af nie of slyp my messe waarmee ek die hoenderporsies sny op ‘n vuil baksteen nie …. :-))

En ek weet darem ook nie van daardie seldery sout nie – mens proe en ruik seldery sout in kos op ‘n afstand!

Fred ·

Alles is droog!!! Wat gebeur verder??? Dip jy dan die hoender stukkies in eier en rol in meel? Word dit dan diep in olie gebraai of wat?

ANDRE ·

Jy sal in jou lewe nooit weer jou mond aan kfc sit as jy sien hoe word dit behandel nie .Die braaivleis en pap by die taxirank is skoner !

Michael ·

Die hoender word in ‘n Henny Penny compressed fryer gaar gemaak. Wat wel kort is die melk en poeier mengsel. Dit help die hoender om bruin te raak. Ook die sout lyk te min. KFC gooi 1kg sout vir elke 10kg mix in. Deesdae is dit ‘n pre-mix soos die muffin mix wat mens koop in die winkels!

Ani ·

Die droë bestanddele word in Jippy Bag gegooi, (dis nou flour of pancake mix, speserye, selderye sout, uievlokkies, ens). Dan gooi jy so 3 stukke in sak, skud sak. Doop hoender liggies in karringmelk, en bak vinnig in olie.

vermeende ·

As jy dit in olie braai dan braai jy die meeste van die deeg af. Braai dit in varkvet of holsum vet dan bly die deeg vas.

Ek maak my eie al vir jare en my resep is so:

1kop meel
1t sout
1t paprika
1t origanim
1t rooi peper
1t swart peper
1t knoffel poeier
1t timy
Sit die hpender eers in eier dan in die meel en braai dan in die vet.

CAN FLIPPEN TRY CHICKEN

Christo ·

Ek neem aan die hoender is vooraf gaar gemaak ? of hoe lank word dit so gebraai ?

Jean ·

Ses weke oue kuikens wat op beenmeel gevoer word. Net vel en bene. Ons so gewoond aan swak kwaliteit in SA.

snoefie ·

jean jy het duidelik nie n idee waarvan jy praat nie. meeste kommersiele hoenders is sesweekoue kuikens wat op groeimeel grootgemaak is. na ses weke word die kuiken se vleis al donker. so die befaàmde “organiese,” hoenders wat jy te koop kry…. dink berus weer. van die os op die jas …. het mens al 75 jaar gelede selderysout en knoffelsout gekry?

christine ·

Kentucke is reg dis nie hulle resep nie. Al mooi opgelet hoe haal hulle die hoender uit so waterige oplossing en daars regtig nie elf speserye in nie. Die swart peper ontbreek ook hier. Hulle sit dit oornag in n waterige marmenade. Sal resep stuur vir Maroela het dit gekry ook slaaie en sous, gegaai deur n IT speurder in New Zealand. Sodra ek tyd kry belowe. Maar 4 bls. vol. Eers in Maranade baie naterig in meel mengsel geskud dan gedoop in mengsel van eier en melk laaste proses van meel en eier herhaal vir extra krummel en dan in olie tot goudbruin nog nie gaar op rakkie in toe bak gestoom in oond.

Lienkie ·

Dankie vir die resep vermeende, ek gaan dit probeer klink heerlik.

sarie van heerden ·

Die Kentucky in VSA het ‘n baie dun, “crispy” degie om. Amper soos die degies wat die Chinese met water maak. Ons s’n is dik en val van die vleis af.

Sarie ·

Ek is nie so seker v d knoffelsout nie. Niemand se asem ruik na knoffel nadat hy kfc geeet het nie. Sommer net my opinie.

Rocky Bell ·

Vroulief en ek het verlede naweek die resep streng nagevolg (behalwe vir selerysout). Dit was maar net nie die ware Jacob nie. Duur resep.

Louise Suttie ·

Urgh! Julle sit my nou skoon af van hoender!! Word sommer naar………………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.