KFC wys haar glo weg oor letsels

Victoria Wilcher. Foto: Facebook

Victoria Wilcher. Foto: Facebook

‘n KFC-eetplek in Jackson, Mississippi in die VSA het ‘n driejarige dogtertjie glo gevra om die eetplek te verlaat aangesien die letsels op haar gesig glo ander klante ontstel het.

Victoria Wilcher is in April vanjaar deur drie Amerikaanse veghonde aangeval. Haar kakebeen, neus en wangbene is in die aanval gebreek. Sy het ook haar regteroog verloor.

Wilcher se ouma, Kelly Mullins, beweer sy het Victoria dokter toe geneem waarna hulle by ‘n KFC-eetplek in Jackson stilgehou het. Sy sê hulle het kos bestel waarna ‘n personeellid hulle glo gevra het om die eetplek te verlaat aangesien Victoria se gesig die ander klante ontstel.

KFC het intussen om verskoning gevra vir die voorval en gesê hulle ondersoek die saak. Die kitskosgroep het intussen glo ook beloof om $30 000 tot Wilcher se mediese onkostes by te dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Trippie ·

Mense kan so ongevoelig en wreed wees !

As ek so na haar gesiggie kyk, lyk sy vir my na ‘n pragtige dogtertjie, ongeag die letsels !

Marica ·

Ek sien ook nie letsels raak nie. Ek sien ‘n pragtige dogtertjie wat deur ‘n traumatiese ervaring is. Mense kan darem oppervlakkig en wreed wees! Skaam julle!

SYLVIA ·

dis so n pragtige dogtertjie af gesien van die letsels, my vraag is hkm wil KFC nou n bydrae lewer tot haar mediese onkostes? is dit omdat hul bang is die gesin sleep hul hof toe! en die mense wat daardie kind aan staar kom aan kry n grub asb is jul nie letsels gewoont nie

AmY ·

Dis so wreed en gemeen. Daai meisie is al deur genoeg pyn lyding en trauma, en toe wys ‘n eetplek haar boon-op weg?

En nou wil hulle ewe bydra tot haar mediese onkostes? Is hulle bang die gesin stel ‘n eis teen hulle in?

En die kind is pragtig! Mens kan sommer sien sy ‘n sprankelende en lewenslustige klein mensie.

Marieta ·

Pragtig is sy gewis. Kyk net hoe lag die ogie saam met die mondjie! Ja, dit is uiters kleinsielig en gemeen, van die werker, van KFC om so op te tree. En ek glo dit is as gevolg van ‘n gebrek aan opleiding van KFC se kant af. Terselfdertyd moet ek ook se dat ek baie respek het vir die groep se aanbod om tot die engeltjie se mediese onkostes by te dra, sonder dat daar eers ‘n hofsaak was. Watter werkgewer kan se dat daar nog nooit enige van sy werknemers ‘n oordeelsfout begaan het nie? So growwe, onmenslike behandeling is nie noodwendig dan ook die hele KFC groep se siening nie. Inteendeel, sover ek weet skenk KFC juis derduisende aan kinders se welstand.

thea ·

Die KFC moet beslis die persoon, verantwoordelik vir die onmenslike gedrag, af te dank.

marinda ·

Skandelik, om n 3 jarige kindjie so sleg te laat voel oor haarself! Wie dink die mense dalk is hulle! Dis n kind! Sy het nie gevra om aangeval te word nie so wie is die mens om haar uit te jou en te vra om plekke te verlaat! Akomodeer haar dan eerder en laat haar spesiaal voel! Het sy nie alreeds te veel deur gegaan wat pyn en lyding betref nie! Absoluut skandelik om nie die minste te se nie!!!!

Machiwl Nel ·

Dalk moet ons wereldwyd KFC boikot. Dis nie asof hulle kos in elk geval gesond is nie. Die kind is pragtig en diie letsels maak haao sommer nog mooier.

drie ·

Het gereeld daar geeet maar sal dit nie meer doen nie want arme kind is ook lus vir lekker hoendertjie gewees .Sies KFC . Ek het ook n gebrek netnou jaag jul my ook uit

john ·

KFC is ooki kid frendly hulle doen nie eers meer kids meals. Vir kids so as my kind nie happy kan wees by so plek pfffft is ek ooki. Kan dink die hond gemors plek sal so iets doen. Dink jy vat jou 2 jaarige kid saam jou bestel kos dan vra jy n kids meal dan se hulle nee sorry ons doen dit nie meer. N hardseer kind. Het met ons gebeur.

Patricia ·

Dis nou baie ongeskik gewees van KFC!! Hoe moet die arme poplap voel! Weet hulle nie wat dit aan haar gaan doen ni! Nou gaan sy n totale obsesie he oor haar gesig en dalk terug trek uit die samelewing! Dink hulle geld gaan vergoed vir die behandeling en seer wat hulle haar aangedoen het!! Poplap jy is PRAGTIG!

colleen ·

Sies vir die persoon wat so laag gedaal het, ag nee man het jou ma jou nie van beter geleer nie hoop ε̲̣̣̣̥n bid maar dat jᵞ✽ nooit eendag so behandel ε̲̣̣̣̥n verneder sal word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.