Kiesers troef VSA-politiek met Trump-kaart

Donald Trump

Donald Trump is die VSA se nuwe president. Foto: AP Photo/Paul Sancya.

Donald Trump is Amerika se nuwe president.

Trump (70) het sleuteloorwinnings in Florida, Ohio, Iowa en Noord-Carolina behaal om die Demokrate se presidentskandidaat Hillary Clinton te troef. Dit was in die sogenaamde kantelstate (“swing states”) soos Pennsilvanië waar Trump sy finale deurbraak gemaak het. Trump het sy oorwinning verseker deur meer as 270 van die 538 stemme uit die kieskollege op hom te verenig.

Buiten Trump se oorwinning as president sal die Republikeine ook die Senaat en die Huis van Verteenwoordigers beheer. Die inhuldiging van die Amerikaanse president vind elke vier jaar op 20 Januarie plaas.

Donald John Trump is op 14 Junie 1946 in New York gebore. Hy is een van vyf kinders. Trump het in sy jong loopbaan vinnig opgang gemaak as eiendomsmagnaat. Dit was egter sy sosiale lewe en egskeidings wat die nuus gehaal het.

Trump is in 2005 getroud met die model Melania Trump. Hy was twee keer vantevore getroud. Trump het vyf kinders. Drie kinders is uit sy huwelik met Ivana Trump gebore. Hy het ook ʼn dogter saam met die aktrise Marla Maples en ʼn seun saam met Melania.

Sy jare lange betrokkenheid by ʼn realiteitstelevisieprogram oor entrepreneurskap, The Apprentice, waarin hy week na week potensiële werksaansoekers afgedank het met die woorde “you’re fired”, was ’n reusesukses. Hy het in Junie 2015 aangekondig dat hy vir president sal staan.

Ontleding:

Ons het die afgelope paar eeue talle revolusies in Westerse lande gesien. Die meeste daarvan was bloedig. Gister het daar egter ’n revolusie oor Amerika gespoel wat deur gewone kiesers met die mag van die stembrief tydens ’n verkiesing moontlik gemaak is. Met die verkiesing van Trump tot 45ste president van die Verenigde State van Amerika het ’n meerderheid Amerikaanse kiesers besluit om hulle land op ’n totaal nuwe, hoewel onsekere, koers te plaas.

Revolusies ontstaan meestal weens die diepe verbreking van die verhouding tussen regering en volk. Wanneer die gewone mense in opstand kom teen die politieke klas waai die revolusionêre winde en word dié politici wat voorheen byna onaantasbaar was na ander lande verjaag, in die tronk gestop of selfs onthoof. Wat die Amerikaanse kiesers gister gedoen het, is egter minder gewelddadig, maar nie minder belangrik nie. Genoeg kiesers het ’n middelvinger gewys na die politieke regeerderklas in die Republikeinse én Demokratiese Party.

Vir die volgende vier jaar sal Trump president van die magtigste land op aarde wees. Sy mandaat is duidelik. Hy moet die moeras in Washington DC van gevestigde politieke belange gaan dreineer en ’n skoon, eerlike begin aan federale politiek in Amerika maak.

Foto: AP Photo/Paul Sancya

Foto: AP Photo/Paul Sancya

Die mandaat wat Trump van Amerikaanse kiesers gekry het, is duidelik en op die volgende tien punte geskoei:

  1. Geslote grense, minder immigrasie. Trump het ’n duidelike mandaat om grensbeheer op te skerp, ’n beter immigrasiestelsel wat veral meer op geskoolde arbeid fokus daar te stel en om nie vir die miljoene onwettige immigrante wat tans in die VSA woon burgerskap te gee nie.
  2. Beskerming van eie ekonomiese bedrywe. Met oorwinnings in talle state soos Ohio en Indiana in die midweste van die VSA het Trump ’n mandaat van sy getrouste ondersteuningsgroep, wit werkersklaskiesers, gekry om plaaslike vervaardigingsektore teen onbillike handelsooreenkomste en die storting van produkte uit lande soos China en Meksiko te beskerm.
  3. Herroep Obamacare. Trump sal as president dit as een van sy eerste prioriteite stel om pres. Obama se gesondheidsorgwetgewing, Obamacare, te herroep en met ’n meer gedesentraliseerde en vryemarkstelsel te vervang.
  4. Sakevriendelike regulatoriese omgewing. Trump het tydens sy veldtog baie sterk gesteun op sy sake-ervaring. Daar sal van hom verwag word om regulasies te verminder en ’n meer sakevriendelike omgewing, wat ’n eenvoudiger belastingstelsel vir maatskappye insluit, daar te stel.
  5. Uitreik na die swart gemeenskap. Trump het tydens sy veldtog gereeld na swart Amerikaners uitgereik en toon erns daarmee om die situasie in middestede met groot swart bevolkings te verbeter deur beter onderwys, maatskaplike dienste en ekonomiese geleenthede.
  6. Verlaagde betrokkenheid in internasionale konflik. Amerikaners is moeg vir die een oorlog ná die ander. Trump hou die belofte van ’n laer vlak van betrokkenheid in internasionale konflik in. Sy teen-inmengingsretoriek het tot baie Amerikaners gespreek en hy sal gemaklik aan konflik in die Midde-Ooste kan onttrek.
  7. Foto: AP Photo/ Evan Vucci

    Foto: AP Photo/ Evan Vucci

  8. Verbeterde verhouding met Rusland. Die Amerikaners vertrou steeds nie die Russe nie, maar is ook nie lus vir ’n nuwe oorlog met Rusland nie. Trump se belofte van ’n goeie verhouding met Wladimir Poetin kan een van sy eerste suksesse wees.
  9. Hersiening van deelname aan internasionale instellings. Trump se opmerkings oor die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, die Verenigde Nasies en talle ander internasionele organisasies waarvan die VSA telkemale die grootste finansiële bydraer is, het vir opslae weerskante van die Atlantiese Oseaan gesorg. Die werklikheid is egter: In ’n veranderende en veranderde wêreld moet die rol van die VSA in hierdie organisasies, wat meestal uit die tydperk kort ná die Tweede Wêreldoorlog spruit, herbedink word. Trump sal ’n plig hê om dit te doen.
  10. Ekonomiese groei. Een van Trump se belangrikste punte tydens sy toesprake was talle beloftes oor ekonomiese groei. Hy sal waarskynlik die grootste deel van sy eerste jaar as president hieraan moet afstaan omdat die mense wat vir hom gestem het juis in baie gevalle dié mense is wat tans onder groot ekonomiese druk verkeer.
  11. Terwyl Trump se verkiesing oor die hele wêreld skokgolwe stuur, aandelemarkte val en politieke kommentators die ergste voorspel, het Trump ’n plig om stabiliteit te verseker. Een van die beste maniere waarop hy dit kan doen, is deur die aankondiging van bekwame nominasies vir die meeste kabinetsposte. Presidente doen dit gewoonlik nie so gou ná ’n verkiesing nie, maar in hierdie geval kan dit vir heelwat rustigheid sorg.

Die verkiesing van Trump as volgende Amerikaanse president behoort ’n duidelike boodskap aan politici in ander Westerse lande te stuur dat die woede van gewone kiesers tot die verkiesing van populistiese kandidate aanleiding kan gee. Met verkiesings in Frankryk, Nederland en Duitsland gedurende 2017 behoort die uitslag in die Amerikaanse verkiesing die gevestigde politieke klas tot in hul wortels te skud.

Dat die volgende paar maande ’n onsekere tyd vir Amerika gaan wees, is ’n feit, maar die kiesers het immers vir ’n politieke revolusie gekies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Louis Botes ·

Spent a huge amount of my time promoting Trump. Glad this is over. If Hillary won this election, white South Africans, especially the farmers would be in serious trouble.

The ANC and EFF were waiting for this event as Hillary clearly stated that South African and Israeli problems are none of America’s or her concern.

Trump clearly and vocally promised support for white South Africans.

Riaan ·

FANTASTIES ! ! ! – Hoop hulle gooi Hillary spoedig in die tronk

Willie E ·

DAARSY!!!! GO TRUMP…GO!!!!!! Die liberale wereldklas het vandag ‘n DUIDELIKE boodskap gekry,blankes is GATVOL om gat te lek…

Oom Walker ·

‘n Sluipmoordenaar gaan hom (Trump) kort voor lank blaas….

wirrim ·

Meksikaners is nogal kranige skuts… ek dink nie jy is van die merk af nie oom Walker!

Jip ·

HALLELUJA … einde van die LIBERALE era .. Good for you Mr Trump! THE PEOPLE HAVE SPOKEN!!

JC ·

Dankie tog, die einde van die liberale, polities korrekte diktatuur!!

DVL ·

Baie interressant groot dag in wereld geskiedenis maar dit wat moes gebeur het gebeur. Nie baie gaan gelukkig wees hiermee nie maar dinge moet verander in die wereld die is die begin.

Eintlik ·

Volgens Amerika se 9/11 wat in September plaasgevind het is dit 11/9. want ons isby 9 November en hulle 9/11 was 11 September.

Cherokee ·

Maw vandag het dinge omgedraai – teruggekeer in die regte rigting.

Valie ·

Die Amerikaanse verkiesing toon die mag van die stille meerderheid in geen onduidelike terme nie. Een of ander tyd raak die mensdom siek en sat vir die manipulasie, selfsug, eiebelang en magsmisbruik van arrogante leiersfigure.
Die mense het nie net gewys wat om te doen nie, maar ook hoe om dit te doen. Aktiewe denke en deelname is die antwoord.
Dat die mensdom sat is vir liberalisme, uitbuiting, verskuilde agendas ensovoorts word nou gewys in ‘n wêreldwye neiging na gepriotiseerde volksbelang.
Hierdie is die tweede keer binne een jaar dat die magtige wêreldmedia die pot ernstig mis sit, die vorige keer was die Brexit referendum in Brittanje. Dalk sien die mensdom nou uiteindelik regdeur die propaganda, ongebalanseerde aanbieding van nuusberigte, gemanipuleerde wêreldmening en verdagmaking van enige persoon met volksgerigte opinies en motivering.
Of mens saamstem met Trump of nie, die Amerikaanse kiesers het hul keuse gemaak, ek hoop die media (lees Van Wyk/ Landbou Weekblad/N24) ontwikkel respek daarvoor..
Van Wyk, ek is een van die eks-Landbou Weekblad lesers wat jy white trash genoem het.

JC ·

Net so Valie, net so!!
STEVE VIR PRESIDENT EN SELFBESKIKKING VIR AFRIKANERS!!!!

Valie ·

Defnitief so Wirrim!!. Steve het die stem gesing en geen kollektiewe beledigings geslinger nie, hy het baie meer styl as dit. Ek het eintlik nog nooit ‘n werklike rassistiese opmerking van sy kant gehoor nie, al wat hy gewoonlik sê is dat ‘ons’ nie beter is nie, maar net anders is as die ander groep. Soms is dit beter om “what you see is what you get” (ook Trump se styl) tipe mense te ondersteun eerder as die ander tipe wat elke keer ‘n ander deuntjie sing en arrogant/onnosel genoeg is om mense wat niks aan hom gedoen het ‘white trash’ te noem. Ek het genoeg gehad van ‘n mes in die rug, in my eie taal, van my eie beweerde mense, in ‘n gewaande volkseie tydskrif….Daai tipe se karakter en integriteit laat nogal veel te wense oor.
Steve vir president!. Van Wyk, ek is een van die mense wat jy ‘white trash’ genoem het…. Ek het nooit iets aan jou gedoen nie.

Valie ·

Earth calling Wirrim!…. Earth calling Wirrim!… Moet my sseblief nie nou teleurstel nie, ek het uitgesien na hierdie gedagtewisseling.

wirrim ·

Heh heh heh!! Jip Valie – ek kan regtig nie verstaan nie – vanWyk noem die Stief supporters white trash, maar hyself is ‘n blouboel ondersteuner. Praat van diverging standaarde!

wirrim ·

Sorrie Valie, maar mmedia het ander idees met my gedagtewisselings…

Hannes ·

Ek is baie bly dat daar ‘n voorbeeld kan wees van ‘n besigheids man wat aan bewind is. Dit is beslis waarvoor ons ook moet mik. Iemand wat rande en sente om draai en winsgewend probeer wees. Nie soos ons huidige regering wat net belang stel in self verryking en geld mors nie.

Ek wil net weet waarom neem dit ons so lank om stemme te tel en hulle kan hul miljoene binne een dag doen?

Geluk Donnald!

Willie E ·

Die rede waarom ons stem telling so lank neem,asook alle verkiesings in Afrika,is omdat dit blerrie harde werk en tydrowend is om stem uitslae te kook. Jy moet dit versigtig doen, maar hulle kry dit reg.
Om n vry en regverdige verkiesing se uitslae te bepaal is ‘n doeltreffende en vinnige proses.
So….

CAROL ·

BRING DIE DOP EN TJOP ONS GAAN CELEBRATE. HAHAHA. WELL DONE DONALD

Loeis ·

Jaco Kleinhans se artikel op Maroela Media oor hierdie onderwerp het die pot maar baie ver misgesit.

Jan Els ·

Jaco, jy het heel aan die begin voorspel dat Trump sou wen omdat die platteland vir hom sou stem. Ek het op ń staduim begin twyfel, maar jy was 100% reg. Baie geluk, jy was in die kol.

Loeis ·

Meer onlangs het Jaco hier voorspel dat Hilary met ‘n hele paar persent sou wen en dat Trump beter sou doen as hy vir sy adjunk sou terugstaan.

John ·

Hoera! WW3 vermy. Verkeerd, dit was Obama & kie wat alles wou vat soos Malema. Ons sal die ware Trump, nie Hillary se beeld nie, nou leer ken. Baie mense het gebid dat die Hemelvader se wil geskied.

Elmarie ·

Ek dink juis sy verkiesing tot president kan lei tot die WW3

Welgedaan! ·

‘n Baie goeie saamgestelde artikel, dankie Jaco. En veels geluk President Trump.

Sydney Gregan ·

Nou sing jy ‘n ander deuntjie! En jy en jou bondgenote was tog so seker oor julle voorspellings vooraf! Feit is dat Trump in alle opsigte ‘n beter kandidaat as Clinton is ten spyte van al sy gebreke.

NUGTER DENKER ·

Trump se oorwinning is verseker die regte antwoord op die absoluut eensydige liberale polities walglike modus operandi. Wens tog dit kon hier gebeur…dankbaar ek hoef nie Hilarry Helium se gekwaak weer te verduur nie. Virseker gaan Amerika n beter plek wees. Arme Kanada wat voretoe gaan sukkel met massas wettelose disiplinelose liberale kontingent oor hulle grense gaan sien stroom sal met hulle volgende verkiesing ook hopelik die lig sien. Baie geluk MENEER Trump…

skorra ·

Sekondeer Sydney!! Sy ‘betroubare’ liberale bronne het hom eier in die gesig besorg. Gewag vir hierdie dag…

Die naam is Pompies.... Piet Pompies ·

In Suid Afrika sou Donald Trump waarskynlik (verkeerdelik) ‘white trash’ genoem word. Hy het die wêreld media ‘n punt gewys. Mooi so man!

Knersus D ·

Mietsie, nie eers amper nie. Hy wil sy land ophef en is geensins ten gunste van grond vergrype nie. Hy wil die Amerikaanse burgers beskerm en ek sien regtig niks negatiefs teenoor sy volksgenote nie.

suzie ·

Een van die dae drink Putin koffie in die withuis. Ek is so bly weet nie waar daai vrou nou gaan wegkruip nie.

Ico ·

Jaco se vorige voorspellings dat Trump nie ‘n kans teen Clinton het nie, was bog!! Hy en vele ander “politieke kommentators” het die pot deeglik mis gesit!! Almal het die skrif aan die muur nie raakgesien nie. Kabouters !!

Paul ·

Jaco Kleynhans het die hele tyd vir my net te seker van sy saak geklink (veral op Pretoria FM) en hy het te neerhalend van Trompie gepraat. Ek hoop hy is mans genoeg om te herken dat hy in teenstelling met sy titel “Kenner van die Amerikaanse president verkiesing” erg te kort gekom het in sy kennis en ontledings van die verkiesing.

Waarheid ·

T verdien ‘n klokkie STERKTE nou gaan daar GEWERK word of jy kry dieTREKPAS!!! ELKEEN WAT SIT ….en net betaal word, lag en strooi praat is UIT?

Johan ·

Baie geluk aan Donald Trump. Dankie aan Jaco Kleynhans vir n baie goeie gebalanseerde artikel .

Die eenogige linkse media in die RSA is verseker geskok oor die uitslag.

Dit is baie duidelik dat die inwoners van Europa, Engeland en nou ook die VSA nie te vinde is vir die instroming van mense ui t 3 de wereldse lande nie. Teo Venter van die NWU se Potchefstroom kampus praat van n verharding en nie n verregsing van die inwoners nie, maar ek dink hy sit die pot heeltemal mis net soos hy dit met die Amerikaanse verkiesing gedoen het.

Ella ·

Mnr Trump moet net onthou om eers te dink, voordat hy praat.

Wit Gemors ·

En ons sit met Zuma en Malema. Dit maak mens sommer bedruk.

Jan van Riebeeck ·

Chrisjan, Trump gaan sy hande vol hê, moenie te veel verwag nie. Die wit mense van Afrika het alles wat hulle nodig het om hulself te help, hulle moet net die WIL, die MOED en die RUGGRAAT weer ontwikkel. verder is die intellektuele vermoeë, vaardighede en beginsels in ‘n groot mate steeds daar.

gatiep ·

Mooi Trump jy is reg die fight begin nou eers.
Die left val nou seker oor hulle eie voete om om weg te kom van USA sien die heks het nie weer gepraat nie.

Wenner ·

Ek hou van n man wat sy man kan staan, Ek hou van n man wat n slag kan slaan! Eish! Ek is soooo dankbaar Trump het gewen. Nou gaan die koring van die kaf geskei word. Ek BID dat dieselfde BAIE gou vir ons eie land ook gaan gebeur

Theo B ·

Ico. Jy is heeltemal reg. Jaco se voorspelling van 49% vir Clinton en 41% vir Trump was totaal verkeerd. Weet nie waarop was hulle hipoteses gebasseer nie. Daar is ander media bronne anders dan CNN soos http://www.zerohedge.com wat n ander kant ook weerspieel.

Pieter Krige ·

Die haas onpeilbare x-faktor het ‘n geskiedkundige uitslag bewerk. Interresante tye. Kom ons hou Oostenryk op 4 Desember dop. Ek waag dat Europese verkiesings in 2017 ‘n paar interresante uitslae gaan oplewer. Die pendulum beweeg opmerkbaar na die regter- of konserwatiewe kant van die wêreld politiese spektrum.

Rian ·

Geluk President Trump. Ons gaan eerskomende naweek jou oorwinning met ‘n GROOT party gedenk!!

Riana ·

Wow, so bly MNR TRUMP het gewen, daai Hillary, o nee sy moet tog in die naaste gat gaan wegkruip. Het nog nooit van haar gehou, nie eers toe sy in die withuis gebly het nie.

Koos1 ·

Ek het gister iets gelees wat vir my baie sin maak. Terwyl Hillary alles in haar vermoeë gedoen het om skandale van Donald aan die lig te bring, het sy vergeet om met die kiesers te praat oor dinge wat hulle pla. Dit terwyl Donald die kiesers aangespreek het oor kwessies wat vir hom en hulle belangrik was.
Ek sien hier ‘n nuwe tipe tendens. Vuil wasgoed politiek is uit. Kiesers worry nie meer of ‘n kanidaat vroue gesoen het 20 jaar terug nie, of dat hulle emails van privaat servers af gestuur het nie. Kiesers worry oor wat in die toekoms gaan gebeur, en wil ‘n leier he wat hulle daardeur sal kan lei.
Ongelukkig is Afrika altyd agter Amerika, so ons gaan nog ‘n (hele?) paar jaar moet wag voordat dit ons beskore sal wees!

Andre ·

Sal die nuwe Trump administrasie finansiële sanksies en ‘n reisverbod instel teen Jacob Zuma (en kie) en die Guptas?
Soos wat gedoen is met Robert Mugabe en sy kornuite?
Andre

Herrie ·

Donald het darem net een vrou om oor te worry, so hy kan die res van die tyd vars en nie uitgeput aan sy Presidentskap spandeer. Gee hom n kans…dink op die lang termyn gaan hy ok wees.

Erich ·

Voorspoed Mnr Trump – bly jy het gewen
Mnr van Wyk – hoop hulle ontslaan jou gou – net omdat ek wit en Afrikaans is – is ek “White Trash” Terwyl jy by Landbouweekblad is koop ek nie weer een nie.

Jannie Betrweet ·

Ek kan nie als met Trump saamgaan nie, maar ek is baie blylekker dat hy al die feministe en liberale se name (veral diegene in die media) so krater gemaak het… en die Clinton dinastie tot ‘n einde gebring het.

Waarheid ·

Belangrikste is dat hy weer die basiese beginsels van God terugbring en dis van nood belang in die sameleweing van vandag. Trump se eie woorde was eerste dat hy Pro life is met ander woorde aborsie wat Hillary ingestel het is uit, daar is twee vakante poste in hulle Supreme Court System met twee huidige sittende judges wat in hul 80’s is. Die hele muur situasie met Mexico is om nie so erg die mense te blok nie, maar sy eie woorde drugs te stop om die land binne te kom. Dis presies wat die nuwe Philippine’s President Rodrigo Duterte gedoen het, hy het letterlik gesê alle drug handelaars en addictions moet uitgeroei word. Gisteraand gewys hoe die drug lords hulle self oorhandig om in die tronke te sit oor hulle vrees vir hul lewens. Die tronke is nou oorvol agv dit in die Philippines. Daar is meer as net dit wat ons van weet hier op die spel en dit sou nie onder Hillary se hande verander het nie. Ons moet bly bid vir Trump se veiligheid en dat hy in God se hande is en nader kom aan Hom, so kan daar vir al die lande changes kom deur die voorbeeld.

Waarheid ·

The Supreme Court, however, was thrown into turmoil last February with the unexpected death of conservative stalwart Antonin Scalia. In March, President Barack Obama nominated Merrick Garland, a left-leaning Washington D.C. judge, to fill Scalia’s vacant seat — an appointment, which in an almost unprecedented move, was blocked by the Republican-controlled Senate. While Obama is technically able to re-nominate Garland before leaving office in January, such a scenario remains unlikely.

Several split 4-4 decisions have already been made since Scalia’s death, placing the court in a dangerous — and ineffective — limbo.

With a court currently divided on partisan grounds (half of the current justices were appointed by Republican presidents, whilst the other half were appointed by Democrats), perhaps the most lasting legacy of the next American leader will be their choice to fill Scalia’s seat, as well as others that may become vacant during their tenure.

Numerous Supreme Court decisions, after all, have dramatically altered the fabric of American society when hotly-contested political issues were forced into the arena of law.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.