Kim Jong Oen glo kritiek ná operasie

Kim Jong Oen (Foto: Korean Central News Agency/Korea News Service via AP)

Die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Oen is volgens berigte in ʼn kritieke toestand ná ʼn mediese prosedure.

Die Amerikaanse CNN het Dinsdag berig Kim is “in ʼn bedenklike toestand ná ʼn operasie”.

Die aanlyn koerant, Daily NK, in Suid-Korea, wat spesialiseer in nuus uit Noord-Korea, het aangevoer Kim ontvang behandeling ná ʼn kardiovaskulêre prosedure op 12 April.

Gerugte oor Kim, vermoedelik 36 jaar oud, se gesondheid het die ronde gedoen ná hy sy wyle oupa Kim II Sung se verjaarsdagvieringe op 15 April misgeloop het, die land se belangrikste vakansiedag.

Die Suid-Koreaanse regering het egter Dinsdag gesê dit wil voorkom of Kim steeds amptelike pligte soos gewoonlik hanteer. Die presidensie het gesê daar is nie enige ongewone aktiwiteit in Noord-Korea opgemerk nie en hy het nie enige inligting oor gerugte oor Kim se gesondheid nie.

Kim het in Desember 2011 aan bewind gekom ná sy pa se afsterwe. Hy is die derde generasie van sy familie om die land te lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

Eks jammer vir die hele mediese span wat by daardie operasie betrokke was…

Peet

Tyd vir Kim om te gaan. Tyd dat Noord Korea normaliseer.

Genis

Sou Kim Jong sterk uitkom, gaan daai mediese personeel hop… Ander dam se gaans daai…