Kim Jong-un in Singapoer vir vergadering met Trump

Kim Jong Un

Die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-un. Foto: AP Photo/Wong Maye-E.

Die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un het Sondag in Singapoer geland vir sy geskiedkundige vergadering met die Amerikaanse president Donald Trump.

Channel NewsAsia het berig Kim het met ʼn Air China-vlug by Singapore Changi-lughawe aangekom. Hy word na St Regis-hotel geneem, waar sy afvaardiging na bewering tuisgaan.

Trump sal na verwagting later vandag uit Quebec, waar hy die G7-beraad saam met ander wêreldleiers bygewoon het, in Singapoer aankom.

Die Trump-Kim-beraad vind Dinsdagoggend by die Capella-hotel plaas en dit is die eerste keer wat ʼn leier van Noord-Korea met ʼn Amerikaanse president, wat in daardie stadium aan bewind is, vergader.

Die gesprek sal na verwagting fokus op ʼn ooreenkoms om Noord-Korea oor te haal om van sy kernwapens ontslae te raak, in ruil vir ʼn verslapping van ekonomiese en diplomatieke sanksies.

Die twee leiers sal afsonderlik met Singapoer se eerste minister vergader, het die land se departement van buitelandse sake Sondag in ʼn verklaring gesê. Eerste minister Lee Hsien Loong sal Sondag met Kim vergader en Maandag met Trump.

Trump blyk vol vertroue te wees oor die gesprek met Kim en het Saterdag op Twitter gesê dit is ʼn geleentheid “om ʼn wonderlike uitslag vir Noord-Korea en die wêreld te kry”. “Ek weet Kim Jong-un sal baie hard werk om iets te doen wat nog selde vantevore gedoen is … om vrede te skep en groot welvaart vir sy land!” het hy gesê.

Donald Trump, Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ver links ·

We pray for a positive outcome between these two leaders and hope they can find some common ground and put aside their stunborness.
It will be beneficial to the whole world as well as for South Korea and China to reach an agreement of peace and freedom.

N Lourens Reitz ·

President Donald J Trump toon op elke gebied baie sterk leierskap en daardeur beskerm hy wat sy eie is vir sy land, vir sy mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.