Kim Kardashian deur gewapende rowers aangehou

Kim Kardashian (Foto: ANA)

Kim Kardashian (Foto: ANA)

Die Amerikaanse televisiepersoonlikheid Kim Kardashian West is Sondagaand deur gewapende rowers in haar hotelkamer in Parys, Frankryk, aangehou.

ʼn Verteenwoordiger van die familie, asook die Franse polisie het Sondagoggend vroeg bevestig dat Kardashian “erg ontsteld, maar fisiek ongedeerd” is.

Kardashian besoek al vir ʼn week die Franse hoofstad vir die Parys-modeweek.

Die familie-woordvoerder het nog geen ander besonderhede aan die media bevestig nie. Dit is ook nog nie bekend of haar driejarige dogter, North, en tien maande oue seun, Saint, saam met haar in die hotelkamer was nie.

Die Franse polisiebeampte, wie se naam tans nie in die media genoem mag word nie, het gesê die polisie stel ondersoek na die voorval in.

Kardashian se man, Kanye West, het sy konsert by die Meadows Music and Arts Festival in New York onmiddellik stopgesit ná die nuus aan hom bekendgemaak is.

“Ek is jammer, [daar is ʼn] familiekrisis, ek moet die konsert staak,” het hy aan aanhangers gesê voor hy die verhoog verlaat het.

Kardashian is ook die afgelope week deur ʼn man “aangeval” voor sy by ʼn restaurant kon ingaan. Dieselfde “aanvaller” het ook die model Gigi Hadid vroeër in September aangeval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Vra maar net ·

Haal al die aanrandings, motorkapings, verkragtings en moorde wat in SA gepleeg word nasionale en internasionale nuus?

Matmiet ·

Ek dink sy het by Betsie Kar-dash-ian kom kuier in joburg en dit was maar net n normale dag in die R S van A?

Ben ·

Liewe Vmn, nee – beslis nee! Ons is totaal vergete en ons was net konstant aangeval deur die internasionale-apartheidspolisie van destyds. Die resultaat van wat toe daarna gebeur het is inkosekwent vir hulle.

KarooKlong ·

Hang af hoe jy gebou is. Kolosale stêrre is nie meer so hoogmodies nie nou moet jy ander maniere van aandag trek soek.

Piet ·

Blykbaar dink sy dat, as mens ryk genoeg is, dan wil almal weet wat se twak jy praat op ‘n werklikheids TV reeks? Haar reeks op TV is ‘n goeie aanduiding van wat in haar koppie aangaan, “absoluut buggerall”. Sedert Rembrand het ek gedog dat vrouens met ‘n enorme agterstewe (in vergelyking met die res) uit die mode is. Ek aanvaar dat ek blykbaar die enigste ou is wat die groot bohaai nie verstaan nie, want al die Amerikaners dink sy is baie cool. As sy van die “cool” mense is dan bly ek eerder weg van die modes.

Uvonka ·

Die mense se lewens bestaan uit sensasie, lights, action camera. Dalk nog ‘n manier na die najaag van roem?…….baie vervelige berig wat ons nie aangaan nie.

Kadoesie ·

‘n Uiters ‘vooruitstrewende en agterbakse’ televisiepersoonlikheid.

Grotman ·

Die vrou en haar gesin sal enige ding doen om in die nuus te bly. Ek wens hulle is van die eerstes om Mars toe gestuur te word.

Anoniem ·

Regtig..ek is honderd persent oortuig daarvan dat die spasie wat aan haar gegee is in die media aan meer belangrike dinge aandag kan skenk….Ons stel regtig nie hierin belang nie…..

Arizona ·

Ai siestog, dis vreeslik. Hoe durf hulle dit met haar doen. Gmf. Dink sy, sy is immune tot dit. Dis waarmee ons Suid Afrikaanser elke dag mee deel, ons is net nie nie so gelukkig om lewend gelos te word nie

Besorg ·

Regtig Maroela Media? ‘n Berig van mense en hul lewens wat geen positiewe bydrae tot die mensdom maak nie en ons samelewing net verder in die modder aftrek! Dit doen Maroela Media se beeld skade aan.

Lulu ·

Ag nee wat Besorg – ek lag lekker vir die gekkespul! Ja, ek stem saam dis mense wat min van ons van wil hoor maar partykeer dink ek hulle is somer “stupid” en dis juis dit wat my laat lag.

Disselboom ·

Ag nee. Darem meer van Maroelamedia gedink as om KK-berigte te plaas.

Jonathan Butler ·

BORING !!!!!!!!!!!
Ek liewers maar weer Springbok Rugby

foxi ·

Wel….as jy aan die hele wêreld jou hele leefwyse openlik adverteer……moet jy maar die gevolge dra.

Theresa ·

Ag ek weet nie – sy is tog ‘n baie bekende persoon? Dis nie so sleg om te hoor dit het gebeur nie? Wys jou eintlik dat die verwringe denkwyse van ‘n krimineel nie iemand eers soos sy sal uitlos nie. Dalk is dit ‘n bewonderaar met weird manier van wys hy hou van haar – mense tree maar snaaks op deesdae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.