Kind, drie ander sterf in nóg VSA-skietvoorval

Polisielede van Orange in die VSA buite die kantoorblok waar ‘n skieter vier mense, insluitend ‘n kind, afgemaai het. (Foto: MARIO TAMA / Getty Images /AFP)

Vier mense, onder wie ʼn kind, is dood in die derde skietvoorval die afgelope maand in die VSA. ʼn Vyfde persoon is beseer in die aanval wat Woensdagaand in ʼn kantoorgebou in Orange, suidoos van Los Angeles, plaasgevind het.

Die skieter is ook in die hospitaal opgeneem nadat die polisie hom geskiet het. Geen verdere inligting oor die slagoffers is bekend nie.

AFP berig die voorval het omtrent 17:30 Amerikaanse tyd op die boonste verdieping van ʼn klein kantoorgebou in Orange plaasgevind.

‘n Polisieman van Orange in die VSA hou die toneel dop waar ‘n skieter vier mense, insluitend ‘n kind, doodgeskiet het. (Foto: MARIO TAMA / Getty Images / AFP)

Volgens Los Angeles Times is die polisie ontbied en het daar ʼn skietery tussen polisie en die verdagte uitgebreek. “Die situasie is ontlont en hou geen verdere gevaar vir die publiek in nie,” het die polisie in Orange in ʼn plasing op hul Facebook-blad gesê. “Polisielede het op die toneel aangekom terwyl skote afgevuur is op verskeie slagoffers op die toneel. Van hierdie slagoffers was reeds dood,” lui die Facebook-plasing.

Dit kom ná twee ander massa-skietvoorvalle die afgelope maand. In die mees onlangse voorval op 22 Maart is tien mense, onder wie ʼn polisieman, dood toe ʼn skieter in ʼn kruidenierswinkel in Boulder, Colorado, losgebrand het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

KarooKnapie ·

Die wêreld raak siek daar buite! Baie bly hulle kon hom keer voordat dit nog lewens gekos het!

Misky ·

In Amerika word hierdie tipe gevalle hoofnuus en almal berig daaroor en die moordenaars word onmiddelik aangekeer. In SA is dit algemeen en haal soms nie eens opskrifte nie. Dit het al deel van ons daaglikse bestaan geword

Riaan ·

Interesant dat Joe Biden nie die skuld kry nie. As Trump nog die president was, sou die media en die demokrate beslis die skuld voor sy deur geplaas het

Anoniem ·

Net so, maar gee tyd en hou die amerikaanse nuus dop, as die skieter n witman was het die demokrate weer skietstof wat by hulle naratief pas, die vorige geval het in hulle gesig ontplof so nou soek hulle iets om weer op witmans te blameer want Trump is weg… Hulle gaan hulself dan ook uitspreek oor die wapens wat hulle wil verban. En dalk is dit nog die gevolg van Biden se open border policy…

Alta Alleman ·

En een van die dae gebeur dit in Suid Afrika. Wag en kyk.

ES ·

Dis so tragies dat ‘n kind moes sterf in die voorval. Dis net jammer daar was nie iemand wat gewapen was soos in daardie kerk in Texas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.