Kind sterf toe tiener haar doodry

Argieffoto (Atimedia, Pixabay)

Argieffoto (Atimedia, Pixabay)

ʼn Sesjarige dogtertjie is dood toe ʼn 13-jarige, wat met haar pa se motor gery het, haar getref het.

Die 13-jarige van Sakubva in Zimbabwe se pa het glo Sondag die motor buite die huis laat luier toe sy ingeklim en begin ry het, het die Manica Post Vrydag berig. Die pa het glo vir ʼn oomblik teruggehardloop in die huis in toe die ongeluk gebeur het. “Ek het kort daarna gille buite gehoor en toe ek daar kom, was die dogtertjie onder die motor vasgekeer,” het hy gesê.

Die slagoffer, Tashma Zhovha, was glo op pad kerk toe. Haar ma het gesê haar kind het met haar aankoms by die hospitaal gesterf.

Die tiener se pa word van nalatigheid beskuldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

meisie sterf toe tiener haar doodry? Natuurlik is sy dood. Hy het haar dan dood gery.

Neptunus ·

Seker ‘n slagoffer van uitkomsgebaseerde onderwys wat hierdie teks nasien. Kan Maroela nie maar ‘n afgetrede leerkrag aanstel om die taalversorging te behartig nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.