Kindermolesteerder tronk toe ná pa hom erg aanrand

Raymond Frolander na die aanranding

Raymond Frolander na die aanranding

ʼn Man van Florida in die VSA wat erg aangerand is deur die pa van die seun wat hy gemolesteer het, is tot tronkstraf gevonnis.

The Independent berig Raymond Frolander is in Julie verlede jaar aangerand totdat hy sy bewussyn verloor het nadat die pa hom betrap het waar hy sy 11-jarige seun molesteer. Die pa het hierna die polisie ontbied.

Frolander, wat 18 jaar oud was ten tyde van die voorval, is in ʼn plas bloed aangetref. “Stuur ʼn ambulans. Hy gaan een nodig hê,” het die pa aan ʼn 911-operateur gesê. “Ek het ʼn reg om te doen wat ek gedoen het, behalwe dat ek hom nie doodgemaak het nie.”

Frolander is in hegtenis geneem en van seksuele aanranding aangekla. Hy is vroeër vandeesmaand tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Die kind het ná Frolander in hegtenis geneem is aan polisiebeamptes gesê hy is van agtjarige ouderdom deur Frolander gemolesteer. Die pa is nie aangekla vir die aanranding op Frolander nie.

Frolander het ʼn ooreenkoms met die staat aangegaan om nie lewenslank tronk toe gestuur te word nie. Hy sal as ʼn seksoortreder gelys word en sal ná sy vrylating ʼn GPS-opsporingstelsel aan hom moet dra.

Die pa het nadat Frolander gevonnis is, aan verslaggewers gesê: “Hy sal in die volgende 25 jaar leer waarom ek hom laat leef het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Peet Schabort ·

Vir my lyk dit nie soos aanranding. Hy is eerder reggesien met lyfstraf.

susan kruger ·

Hy kan bly wees die pa het hom nie doodgeslaan nie. Vir sulke dinge moet die doodstraf definitief terugkom. Dis kindermoord!!!

y ·

Kan Suid Afrika tog iets hieruit leer? Hier loop duisende rond wat weg kom daarmee.

Moeggepraat ·

So waar maar ons moet onthou in SA word die pa in die trok gesit en die krimineel word ‘n hero!

Maronel ·

Was dit nou Suid-Afrika het die seun skotvry gekom en die pa het gesit vir poging tot moord..

Jo ·

Maronel dis ons eie skuld want ons wil die kriminele gedrag in die land moes reg onderhandel. Mens praat nie met ‘n barbaar nie. Ek haal my hoed af vir die Yankie. Hy weet hoe om met barbare te werk en hy weet veral dat jy nie met hulle moet praat nie. Dit geld vir alle kriminele. Ons situasie hier is die ressultaat van ons “ordentlikheid”, en ons bly dit toelaat.

Jo ·

Kom ek probeer weer. Miskien plaas Maroela dit nou. Bravo vir die Yank !!! Die rede waarom dit nie hier kan gebeur nie is ons eie skuld omdat ons die regering toelaat om te maak wat hulle wil in terme van wetgewing wat kriminele beskerm. Ons wil mos aanhou onderhandel. Mens onderhandel nie met boewe nie. Ons “ordentlikheid” en “beskaafdheid” is die oorsaak van die gemors in die land.

Swanna ·

Stem saam Jo. Raak jy aan ‘n krimineel veral as jy hom toegetakel het soos daardie Yanky., is jy beslis in die tronk. Jy het aan sy mense regte aangetas en geskend want nou lyk hy mos nie meer dieselfde nie. Mooi so Yanky. Dit is hoe dit hoort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.