Kinderpornografie: Honderde verdagtes wêreldwyd in hegtenis geneem

Skermskoot

Meer as 300 verdagtes oor die hele wêreld is in hegtenis geneem nadat ’n kinderpornografie-webwerf op die donkerweb met bykans ’n kwartmiljoen kinderpornografiese video’s ontdek is.

Die vermeende verdagtes is in 38 lande in hegtenis geneem, waaronder die Verenigde Koninkryk, Ierland, die Verenigde State en Saoedi-Arabië.

The Globe and Mail haal die departement van justisie in Amerika aan, wat sê 337 beweerde pedofiele in 12 verskillende lande is reeds tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Die jong meesterbrein agter dié pornografie-netwerk, die 23-jarige Jong Woo Son van Suid-Korea, is reeds vasgetrek en ’n vonnis van 18 maande tronkstraf opgelê.

Minstens 23 minderjarige slagoffers in die Verenigde State, Brittanje en Spanje is gered. Talle ander slagoffers in die video’s is nog nie geïdentifiseer nie.

Matthew Falder (Foto: ANA)

Volgens The Independent is dié kinderpornografie-webwerf, genaamd Welcome To Video, al vier jaar lank aktief op die donkerweb met sowat 250 000 pornografiese video’s wat onwettige seksdade met kinders, kleuters en babas toon. Die video’s is al meer as ’n miljoen keer deur internetgebruikers afgelaai en in ruil vir kripto-geldeenhede soos bitcoin versprei.

Volgens The Globe and Mail is daar nog nie duidelikheid hoe die owerhede die webwerf op die donkerweb opgespoor het nie. Don Fort, hoof van die misdaadondersoekeenheid by die Amerikaanse binnelandse inkomstediens, sê die webwerf het aan die lig gekom ná die skuldigbevinding van die 29-jarige dr. Matthew Falder in 2018. Falder is tot 32 jaar tronkstraf gevonnis vir die bevordering van seksuele misdrywe op die internet. Toe die polisie sy aktiwiteite begin ondersoek, het hulle afgekom op die webwerf.

Owerhede van die Verenigde State, Brittanje en Suid-Korea beskryf dié pornografie-netwerk as een van die grootste aanlyn kinderpornografie-bedrywighede wat hulle tot dusver teëgekom het.

Nikki Holland, NCA-misdaadondersoekdirekteur, het vir The Telegraph gesê seksuele misdrywe op die donkerweb is vir hom een van die ergste oortredings denkbaar. “Hoewel misdadigers dink hulle sal nooit betrap word nie, moet hulle onthou: Slim vang altyd sy baas,” sê Holland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anoniem ·

Ek stem saam, so belaglik, ek dink hulle moet dit hersien !

Tanya ·

En die onskuldige kinders dra hierdie walglike dade lewenslank!!

Lizl ·

Daardie kinders se lewens is verwoes, sulke mense moet die doodstraf kry, van die meesterbrein tot die verkragter, almal van hulle!!

Ja ne ·

Hulle moet bietjie hier in Suid Afrika kom soek……
hier is van hulle ook baie!
Maar ja…… die vonnisse….. omkoopbare regters….. vrot sisteem, oral word mense links en regs verkrag, niemand doen veel daaraan nie en groot persentasie mense (JA DIS WAAR) keur dit maar goed…. veral die hoë-es van die wereld…. follow my eyes…

Heidi Lundie ·

Daar IS Suid Afrikaners betrokke. En van hulle is reeds geidentifiseer en uitgelewer aan Amerika.

Arak ·

Hoewel ek bly is vir al die booswigte wat so gevang is, is dit tog opvallend dat die Jeffrey Epstein storie ‘n stille dood gesterf het. Eers “sterf” Epstein gerieflikheidshalwe nadat hy al sy bates oordra aan sy “vriend”, en dan is daar geen kameras of niks nie. Ek is van mening dat die regte pedofiele steeds die weste regeer en dat hierdie grootliks teater is om die publieke druk so bietjie te verlig en die aandag af te trek.

Willem ·

Kyk na daai smuck van n Matthew en dit is genoeg bewys van n baie siek puppy!!!!

Wielspore ·

Kinderpornografie is net een skakel in die siek wêreld waar kinders misbruik word en na my mening onstaan dit die dag wat die kind gebore word. Ons het tans ‘n seun onder ons toesig, hy het onlangs begin werk en dit gaan goed met hom.
Hy is gebore in ‘n huis waar die ma op ‘n jong ouderdom oorlede is en die pa nooit sy rol as ouer vervul het. Die kind is deur verskeie families grootgemaak en hy was ook vir lang tye in die kinderhuis. Gedurende sy grootword tye is hy fisies en seksueel misbruik deur ouer kinders, onderwysers en familie lede. Sonder die regte toesig word kinders misbruik waar die ouers en of die stelsel waarin hulle geplaas word gevaal het. My eie kinders het min uitgeslaap, al was ek ongewild gedurende daardie stadium, is ek vandag dankbaar dat ek streng was.

Koos de Meyer. ·

Lees mooi, die dokter het 32jaar tronkstraf gekry in Amerika.

Rohan ·

@Koos, die dokter was nie die meesterbrein gewees nie… ‘n 23 jarige van Suid-Korea was die meesterbrein en dien ‘n straf van 18 maande uit. So dalk moet jy bietjie mooi lees.

Leon ·

Ek is verbaas die CIA het hulle nognie vasgetrek nie want hulle monitor alle bdrywighede van al die mense in die wêrels, nie net die VSA nie.
Dit is ook hoekom die CIA, FBI en Homeland Security nie daarvan hou dat jy wagwoorde op Facebook, jou bank, jou e-pos en jou rekenaar het nie, want dan kan hulle nie jou montor en afloer nie en dan sukkel hulle om jou rekenaar te infiltreer. Soos die man op RSG sê, dan kan die CIA rotte nie sien wat jy doen nie. Hulle moes iewers wagwoorde gekry het om te gaan kyk. Nie sleg nie, net ‘n bietjie stadig vir die VSA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.