Kinders in Mosambiek onthoof

‘n Lugfoto van tydelike huise wat in die Cabo Delgado-provinsie opgerig is. Talle is weens die geweld sonder heenkome.(Foto: Alfredo Zuniga / AFP)

Kinders van so jonk as 11 jaar loop deur onder geweld tydens ʼn bloedige djihadistiese opstand in die noordooste van Mosambiek. Kinders word selfs onthoof.

Die liefdadigheidsorganisasie Save the Children het Dinsdag gesê hy is “woedend en diep bedroef” ná berigte dat kinders in die Cabo Delgado-provinsie geteiken word.

Geweld aan die hand van djihadiste heers sedert 2017 en het reeds die lewe van 2 600 mense geëis. Sowat 670 000 is sedertdien sonder ’n heenkome gelaat.

’n Ma, van wie die naam weerhou word om haar identiteit te beskerm, het aan Save the Children gesê haar 12-jarige seun is onthoof terwyl sy met haar drie ander kinders weggekruip het.

“Ons nedersetting is in die nag aangeval en die huise is aan die brand gesteek.

“Ons het probeer om na die bos te vlug, maar hulle het my oudste seun geneem en hom onthoof. Ons kon niks doen nie, want ons sou ook doodgemaak word.”

ʼn Tweede ma het vertel dat sy nie eers haar seun, wat deur gewapende mans vermoor is, kon begrawe nie aangesien sy vir haar eie veiligheid haar huis moes agterlaat.

“Nadat my 11-jarige seun vermoor is, het ons besef ​​dat dit nie meer veilig is om in die nedersetting aan te bly nie. Ons het na my pa se huis in ʼn ander nedersetting gevlug, maar die aanvalle het ’n paar dae later ook daar begin.”

Volgens die liefdadigheidsorganisasie het inwoners se veiligheidsituasie die afgelope 12 maande ernstig versleg met ʼn toename in aanvalle.

“Berigte oor aanvalle op kinders grief ons tot in ons diepste wese,” sê Chance Briggs, direkteur van Save the Children in Mosambiek.

Briggs sê dit is boonop ’n groot bron van kommer dat die behoeftes van ontheemde kinders en hul gesinne in Cabo Delgado swaarder weeg as die hulpbronne beskikbaar om hulle te onderhou.

“Byna ʼn miljoen mense word deur ernstige honger in die gesig gestaar as gevolg van hierdie konflik.”

Die djihadiste, plaaslik bekend as Al-Shabaab maar nie gekoppel aan die groep met dieselfde naam in Somalië nie, het die opstand reeds in 2017 begin. Hulle het in 2019 trou gesweer aan die Islamitiese Staat.

Al-Shabaab het in November verskeie aanvalle op nedersettings geloods. Huise en openbare geboue is aan die brand gesteek en tientalle mense is vermoor.

Plaaslike bronne het toe gesê vermoedelik militante het talle mans en seuns onthoof wat aan ʼn inisiasieseremonie deelgeneem het.

Die internasionale menseregteorganisasie Amnestie Internasionaal het vroeër vandeesmaand in ʼn verslag gesê Al-Shabaab, sowel as regeringsmagte wat deur ʼn “private burgermag” ondersteun word, het honderde burgerlikes in Cabo Delgado vermoor.

Die Mosambiekse weermag ontken enige betrokkenheid en sê die verslag bevat “onwaarhede”.

Die Verenigde Nasies het gewaarsku dat byna 235 miljoen mense wêreldwyd in 2021 humanitêre hulp sal benodig. Die helfte van hulle sal kinders wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Fedup ·

And what does the Mozambican government has to say?
They are just as pathetic as the circus here.
Cannot protect their people.
Let terrorists run amock in their countries.
It’s unacceptable to target children.

ES ·

En hul gebruik geloof as ‘n verskoning om hulle tiraniese dade te pleeg. Solank as wat hierdie Islamitiese ekstrimiste lewe, gaan hierdie aanvalle aanhou gebeur.

Harry ·

Skokkend!! Dit is soveel erger as ‘n student wie gewond word terwyl hulle betoog. Ons moet besef dat daar werklik grusame dade in ons buurstaat plaasvind wat S.A. met afgryse behoort te vul. Ons behoort humanitere hulp onmiddelik aan te bied om hierdie donker gedrag te stop.

Heinrich ·

Baie meer gruwelike aanvalle gebeur op die boere op die plase hier in die Banana Republic of Mzanzi. Die Mosambiekse terroriste kom en en doen hulle aanvalle. Hier word die aanval beplan en slagoffers vir ure lank doodgemartel. In beide Mosambiek en hier gebeur hierdie aanvalle uit pure haat. Al verskil is dat hulle dit daar onder die vaandel van geloof doen. Ons as ‘Infedels’ sal hulle net versterk in hulle haat.

Harry ·

Jammer om te sien dat ons slegs oe het vir ons eie ellende. Boere word te na gekom. Hulle kry egter ‘n spreekbuis. Hierdie kinders nie. Gewledadige dood in enige taal is skokkend.

Misky ·

As SA nou `n weermag gehad het, kon ons gaan help het, ongelukkig moet ons nou toekyk wat daar gebeur

Johan ·

Die laaste van ons weermag is op die covid diktatorskap gemors.

Stefan ·

En sinspeel jy daarop dat dit lyk of islam ‘n geweldadige geloof is, dan is die verontwaardiging baie groot, hoe kom jy dan nou daar by.

Anoniem ·

Die terreur groepe is niks anders as terroriste nie en islam se stilswye daaroor sê dit alles.

Aai ·

So wat gaan SA doen niks en wat my pla as die weermag gaan ,gaan hulle net gaan om die wapens en voertuie in die vyand se hande oor te laat.Dan het ons probleme.

Hennie J ·

Die mosambiekse regering, wat eintlik maar net terroriste is wat die mag gewen het, sit nou met nuwe terroriste wat hulle gaan omverwerp. Die wiel draai en vir piesangland le dit ook voor as ons,die burgers, nie baie meer paraat word nie.

Genis ·

En almal het gedink SA sal gehelp word as hier anargie uitbreek… Wake-up Call… United Nations/Galore gaan nie n vinger lig nie… SA kan homsef nie eers help nie, hoe gaan SA ander lande help… Kyk maar waar die SA weermag betrokke was in Afrika was daar ook maar gemors..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.