Kinders veg om lewe ná mesaanval in Franse Alpe

Annecy in Frankryk. (Foto: Joao Luiz Bulcao / Hans Lucas / Hans Lucas via AFP)

ʼn Man het Donderdag ʼn groep kleuters met ʼn mes aangeval terwyl hulle in ʼn park by ʼn meer in die dorpie Annecy in die Franse Alpe gespeel het.

Vier jong kinders en ʼn volwassene is tydens die voorval beseer. Twee van die kinders – vermoedelik ongeveer drie jaar oud – en die volwassene veg tans om hul lewens in ʼn Franse hospitaal.

Die aanvaller is kort ná die aanval op die toneel in Annecy in hegtenis geneem. Hy het homself intussen geïdentifiseer as ʼn Siriese asielsoeker.

Die aanvaller is in April vlugtelingstatus in Swede toegestaan, het ʼn polisiebron aan AFP gesê.

Ooggetuies vertel dat die man waansinnig in die park rondgehardloop en mense glo lukraak aanval het. Hy is eindelik deur polisiebeamptes naby die oewer van die Annecy-meer gewond en daarna aangekeer.

“Hy wou almal aanval. Ek het pad gegee en hy het op ʼn bejaarde man en vrou afgestorm en die bejaarde man gesteek,” het die voormalige beroepsokkerspeler Anthony le Tallec aan die plaaslike koerant Dauphine Libere gesê.

Le Tallec het vanoggend in die park gedraf toe die aanvaller toegeslaan het.

Nog ʼn ooggetuie, genaamd Malo, het aan die BFM-televisiekanaal gesê die aanvaller het eers die kinders aangeval voordat hy die bejaarde man met die mes bygedam het. “Hy het geskree, maar dit was nie regtig verstaanbaar nie.”

Die Franse president, Emmanuel Macron, het die voorval as ʼn daad “van absolute lafhartigheid” veroordeel.

“Die nasie is geskok. Ons gedagtes is met die slagoffers sowel as hul families en die nooddienste,” het die president op Twitter gesê.

Die kantoor van eerste minister Elisabeth Borne het aangekondig dat sy op pad is na die toneel. LP’s in die Franse parlement het ʼn minuut se stilte gehandhaaf terwyl die nuus oor die aanval versprei het.

“Hierdie is klein kindertjies in ’n kritieke toestand en ek vra ʼn minuut van stilte vir hulle en vir hul gesinne,” het Yael Braun-Pivet, speaker van die Franse parlement, aan LP’s gesê nadat sy ʼn hewige debat oor pensioenhervorming onderbreek het.

“Ons hoop dat die gevolge van hierdie uiters ernstige aanval nie gevolge is wat die land in rou sal dompel nie,” het die speaker bygevoeg.

Die aanval sal waarskynlik ʼn groter ondersoek na immigrasie- en asielbeleid tot gevolg hê nadat regse politici dadelik na dié aanval op die aanvaller se vlugtelingstatus gewys het.

“Die ondersoek sal bepaal wat gebeur het, maar dit lyk of die skuldige dieselfde profiel het as wat jy dikwels in hierdie aanvalle sien,” het die hoof van die regse Republikeine-party, Eric Ciotti, aan verslaggewers by die parlement gesê.

Annecy is ʼn stil dorpie in die Franse Alpe met ʼn bevolking van 135 000. Die dorpie is sowat 30 km suid van die Switserse stad Genève.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

KatjieDeKat ·

Hulle gaan dit nodig kry. My simpatie is by die kindertjies wat sal moet grootword in die hool wat Europa besig is om te word. Daar is n groot en bose agenda agter hierdie hele storie en die gewenste uitkoms is n stadige maar sekere uitwissing van blanke Europa. Jy kan die anti-wit agenda nou orals sien, ook in Amerika. Hulle probeer dit nie eens meer wegsteek nie.

Patch ·

Uitwissing van blanke Europa en anti-wit agenda? Hoe nou?
Europa is beslis nie ‘n groter hool as Suid-Afrika nie.

Op die webblad worldpopulationreview.com is Switzerland 131ste op die lys van gevaarlikste lande in die wêreld met ‘n misdaadsyfer indeks van 21.62.

Suid-Afrika is 3de op dieselfde lys met ‘n misdaadsyfer indeks van 76.86.

Die Europese land wat die gevaarlikste is, is Frankryk en dit lê 55ste op die lys.

So ek glo nie Europa is so hool nie.

KatjieDeKat ·

Terwyl ek alle simpatie het met die slagoffers, het ek geen genade vir Europese regerings nie. Ons Afrikaners is direkte afstammelinge, maar terwyl ons links en regs uitgemoor word – en daar geweldig teen ons gediskrimineer word – kan Ons nie vlugtelingstatus of asiel daar kry nie. Maar die hele Midde Ooste en Afrika word verwelkom, selfs uit dele waar daar hoegenaamd geen oorlog woed nie. Jammer vir die onskuldige slagoffers van The Great Replacement. Ons Afrikaners sou jul nie in jul eie lande kom vermoor het nie.

George ·

Ek dink nie jy verstaan refugee status nie, dis nie net van klim en vlieg nie. Jy se nou jyt geen genade vir hulle nie, maar op n ander berig vra julle dat die wereld moet kennis neem oor plaasmoorde? Hoekom? Geen simpatie met hulle nie, maar hulle moet he vir ons?

Nettie ·

Nee jinne George, voor jy haar so valslik beskuldig, lees eers weer mooi. Sy noem sy het geen genade met Europese REGERINGS nie.

So as sy wil hê die wêreld moet kennis neem, beteken dit gewone burgers ook. Nerens noem sy sy het nie simpatie met die burgers nie! Inteendeel, sy noem dit 2x dat sy wel het!!

KatjieDeKat ·

Ek dink jy verwar my met iemand anders, ek kan nie onthou dat ek gesê het ander lande moet kennis neem van plaasmoorde nie? That would be rather pointless, other countries simply don’t care. Die “refugees” kom in bote uit Noord Afrika, hulle stap uit die Midde Ooste in hordes, het jy dan nog die video’s gesien nie? Derduisende op n slag. Reguit in Wes Europa en selfs Skandinawië in.

Rolo ·

“Die Franse president, Emmanuel Macron, het die voorval as ʼn daad “van absolute lafhartigheid” veroordeel.” Sal eerder sệ dat daai gemik moet wees op die ooggetuies …

KatjieDeKat ·

Macron moet eerder net stilbly. Judas wat sy eie land uitverkoop het ten gunste van die WEF, die NWO en mense soos George Soros. Hy is net so aandadig soos die aanvaller self.

Anna-marie ·

Sal ons ooit weet wat agter hierdie planne van die NWO, WEF, manne soos S0R0S sit? Ek het my vermoedens en dis skrikwekkend.

Amelia ·

Net so lafhartig soos sommegis in suid afrika wat oumense en vrouens soms ook kinders vermoor veral boere

Prinses Bella ·

Ons is mos “woke” oral deeadae en laat enige gemors in…hoop die familie dagvaar die staat. Intussen het almal oogklappe oor die moorde op ouer mense in SA. Nuwe wêreld orde…wat ‘n gemors.

Nettie ·

“…dieselfde profiel….”
Ja-nee, nes hier. Altyd dieselfde “profiel”. Maar ons mag dit nie sê nie.

MARTIE ·

Dis nou wat gebeur as die hekke oopgegooi word. Politieke leiers neem dom swak besluite en die onskuldige landsburgers wat hulle nie self kan verdedig nie moet daaronder ly. Ons sien mos hier in SA eerstehands hoe dit werk. Ons het nie eers ‘n polisiemag wat ons kan beskerm nie.

KatjieDeKat ·

Dis nie dom swak besluite nie, dis goed deurdenkte sluwe bose besluite.

Vonny ·

Nie net misdaad en moord in die
” nuwe SA”
Ook ander lande@

Sterkte aan die ouers

Rooikoos ·

Hulle wil mos “muticulturalism” en “political correctness” aanhang. Kyk hoe lyk Australië ook al as gevolg hiervan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.