Kitsbank spoeg noodkrete uit

Foto: KRIS-TV

ʼn Man van Texas in die VSA is vandeesweek deur die polisie uit die kluis van ʼn kitsbank gered nadat hy homself per ongeluk daarin toegesluit het terwyl hy die slot van die kluis vervang het.

Die man, wat nog nie geïdentifiseer is nie, se enigste uitweg was om handgeskrewe notas deur die gleuf te druk waar die kontant gewoonlik uitkom.

Dié notas het gelees: “Asseblief help. Ek sit vas hierbinne, en ek het nie my selfoon nie. Bel asseblief my baas.”

Volgens die owerhede moes die man talle van dié notas deur die gleufie druk omdat die meeste van die mense wat geld getrek het, gedink het hulle word ʼn poets gebak.

Een man het egter daarin geslaag om die polisie na die toneel te ontbied.

“Toe ons daar aankom, kon ons ʼn stem van binne die masjien hoor,” het Richard Olden, die polisiewoordvoerder, aan CBS gesê. “Ons het gedink dis ʼn grap – dit moes ʼn grap wees.”

Owerhede het uiteindelik daarin geslaag om die man uit die kitsbankkluis te bevry. Hy was ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann cb ·

Ek sou ook gedink het dit is Schuster op sy beste! Bly hy is “bevry” tussen al die note…

Piet pompies ·

Hehe toe het hy nie eers genoeg geld om kos te kan koop! ;-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.