Kiwi-kaanse skoonheid Mej. Nieu-Seeland gekroon

Die Suid-Afrikaanse skoonheid Sammi Poole is as Mej. Nieu-Seeland gekroon. (Foto: Sammi Poole/Instagram)

Die Suid-Afrikaanse skoonheid Sammi Poole is vandeesweek as Mej. Nieu-Seeland gekroon.

“Wat ʼn ongelooflike aand,” skryf sy op sosiale media. “Ek is so dankbaar vir die boodskappe en vriendelike woorde, dankie vir die ondersteuning! Dit voel nog onwerklik, maar almal op daardie verhoog het so hard gewerk om daar te wees.

“Ek is meer as trots op wat ons die afgelope vyf maande bereik het. Ek is opgewonde om te sien wat die toekoms inhou.”

Dié Suid-Afrikaanse blondekop woon al die afgelope paar jaar in Nieu-Seeland, waartydens sy ook as model gewerk het. Sy het in Desember 2023 ʼn graad in ontwerp by die Auckland-Universiteit vir Tegnologie verwerf.

Volgens haar Facebook-profiel is sy oorspronklik van Pretoria afkomstig.

As Mej. Nieu-Seeland-finalis het sy meer as NS$43 000 (nagenoeg R480 000) aan I am Hope, ʼn organisasie sonder winsbejag, geskenk. Die organisasie beywer hulself om ʼn lig op geestesgesondheid onder die jeug in Nieu-Seeland te plaas.

Rovelyn Milford is as die naaswenner gekroon, terwyl Sharlene Sharma die derde plek inneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yolandie ·

Veels geluk Sammi Poole, hoe snaaks dat ‘n gebore Suid-Afrikaner ‘n Mej Nieu-Seeland wen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.