Kiwi’s boos oor ou SA vlag

Die ou Suid-Afrikaanse vlag word pertinent in ’n winkelvenster in Nieu-Seeland se hoofstad vertoon.

Inwoners van ʼn voorstad van Wellington, Nieu-Seeland se hoofstad, is die hoenders in oor ʼn ou Suid-Afrikaanse vlag wat in ʼn winkelvenster vertoon word.

Die vlag, wat in ʼn winkel genaamd Biltong and Wors Shop se venster te sien is, word as “rassisties” bestempel, berig stuff.co.nz.

Een van die ontstoke inwoners, Richard Stephen, sê hy het die vlag Saterdagaand vir die eerste keer gewaar. “Hulle behoort van beter te weet. Dis rassisties. Dis ʼn simbool van blanke baasskap en apartheid.”

Die webtuiste het ʼn man wat homself geïdentifiseer het as die eienaar van die winkel om kommentaar genader. Hy het gesê hy weet mense neem aanstoot, maar wou nie kommentaar lewer nie.

Steven Scheckter, wat ʼn winkel elders in Wellington besit wat ingevoerde Suid-Afrikaanse goedere verkoop, het gesê “dis baie onnosel” om die ou vlag te vertoon omdat dit verdeeldheid saai. Volgens hom verteenwoordig dit “beter tye” vir wit Suid-Afrikaners, maar vir ander Suid-Afrikaners is dit ʼn simbool van apartheid en rassisme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

160 Kommentare

Kiwi burger ·

Ek dink die nuwe vlag doen meer skade. Daar is meer n teken van rasisme en apartheid. Rasisme is nou in volle swang in SA

Stem ·

Kiwi. Ek kan net met jou saamstem. Daar is nou baie meer rasisme as ooit in die land se geskiedenis. N mens voel dit daagliks aan. Luiter maar na uitsptake van regering, byeenkomste en op grondvlak.

Tiaan ·

Die ou vlag is veel ouer as apartheid. Net soos die Duitse vlag veel ouer is as die Nazis, en die britse vlag veel ouer is as die konsentrasie kampe. Daar is baie voorbeelde. Wat maak die ou vlag so spesiaal om elke keer ‘n oproer daaroor te maak?

Nettie ·

Ten minste het die “ou NP regering” ‘rassisme’ op ‘n openbare en openlike wyse aangevoer – nie soos vandag se korrupte, agterbakse, skelm ANC-regering wat omgekeerde rassisme volvoer d.m.v. regstellende aksie, BEE en BBEE asook kader-aanstellings in hoogsaangeskrewe poste binne semi-staatsorganisasies en -instellings, asook staatsadministrasie en die Parlement nie.

Daardie vlag is mý vlag, die een waaronder ek gebore is en waarop ek steeds trots is, want dit vervat ‘n gedeelte van my herkoms en geskiedenis. Wat beteken die nuwe Suid-Afrikaanse vlag? Dit sê niks nie, dit het geen verteenwoordiging vir die mense wat die land tot stand gebring het nie, dit weerspieël NIE die geskiedenis en kultuur van laasgenoemde bevolkingsgroep nie. Dit is ‘n klakkelose samestelling van Afrika-kleure.

Richard Stephen en Wellington, NZL moet hulle maar by hulle eie land se sake hou – as hulle dan so bekommerd is oor “rassisme” en die nalatenskap van Apartheid, hoekom verbeter hulle nie hul inheemse stamme, die tradisionele Maori’s se omstandighede nie? Daar was maar rassisme in NZL ook, met Britse besetting en die vestiging van die Britse koloniale stelsel. Die nasate van hierdie Britse setlaars moet hulself nie so vinnig verskoon en distansieër van Apartheid en rassisme nie.

BRAAM ·

Al wat fout is me die ou vlag is dat hy nie meer in SA wapper nie

Staak saam ·

In die 80s was daar mos n film wat Jesus in n baie swak lig gestel het, die Christem publiek was ontstoke en ek onshou nog die koerat opskrifte, RELAX IT’S ONLY A MOVIE!

Nou is my boodskap aan hulle,
RELAX, IT’S ONLY A FLAG!!!!

Hartseer ·

Jul wat in NZ bly moet liewers jul monde hou oor SA. Kom terug en kom kyk wat hier aangaan dan praat ons weer.

Dean ·

Ons wat in NZ bly soek niks van die ou regeering of nuwe een hier nie, as ons, ons monde moet hou, beteken dit ek kan maar wegbly van die stembus af volgende jaar, en nie n volle dag mors nie, ek moet mos my mond hou?

kolla ·

Dean – Ons sal verkies dat jy nie stem daar in NZ nie. Jy’t mos nou SA vir NZ verruil, jy het niks meer hier te make nie. Get lost.

Heinrich ·

@Hartseer, dit klink of jy meer met jou gevoel praat as met jou kop.
@Dean, ek verstaan waarom julle gegaan het. Ek wens ek kon ook. Ek weet dat die klomp ANC lede wat glo úitgewekenes’ was vanuit die buiteland hulle nonsens bedryf het in Suid-Afrika. Ons het hier dieselfde geleentheid as ons wil hê dat daar iets van hierdie eens pragtige land moet oorbly vir die mense wat steeds hier is en vir die mense daar buite wat graag wil terug kom. Moet asseblief nie ophou om julle belangrike rol daar in die buiteland vir ons te speel nie!

Reinhardt ·

Dean, moet jou asseblief nie steur aan die klomp omgekrapte omies nie. Hulle is vreeslik suur vir alles en almal. Gaan stem asseblief, elke stem tel.
Hierdie selfde omies wat jou nou so sleg sê het waarskynlik ook opinies van wat in Europa en die VSA aangaan, tog woon hulle in SA… interessant.

Riaan ·

Behalwe dat dit die vlag is waaronder ons uitverkoop is aan die kommuniste

Poot ·

@Dean
As jy niks van hierdie land soek nie….. waarom lees jy dan “hierdie land” se media? Bly gerus weg van die stembus af. Ons wat hier ‘n verskil maak het nie jou stem nodig nie. Hys maar jou kiwi vlag voor jou huis.

Magda ·

Ek stem 100% – Niks fout met die ou vlag nie – inteendeel!

Dean ·

@Poot, glo my ek huis al lankal my NZ vlag met trots. Onthou net jou woorde as jul weer hulp vra om nuus te verprei met als van plaasmoorde tot dat ons moet stem in die buiteland. Groete, geniet die feestyd!

kolla ·

Dean, ons het beslis nie julle chickenrunners se hulp nodig nie. Gaan lees die New Zealand Herald.

Henry ·

Dean, jou kommintare bevestig dat ons verkieslik sonder jou ‘hulp’ oor die weg kan kom.

Karin ·

“Ek hou van.n.man.wat.n bars kan.kyk”!!!
Ou.vlag,.spreek.boekdele! Ons is nie “skaam” nie!
As.S.A..maar.kan.lyk.soos.toe.”ou.vlag” kon.waai! Maar.te.laat,nous.alles.deurmekaar!!!!!!

Cheers DEan ·

DEan julle kon tot nou toe NIKS uitrig nie . moenie worry nie, jou stem gaan nie saak maak nie

Se maar net ·

Miskien moet daai winkel sa nuus berigte teen sy venster sit. Wat het die vlag met die kiwis te doen.? Hulle is nie sy kliente nie.

Dean ·

Hoekom sal ons in NZ enigens SA nuus hier in n ruit sit? Soos wat Pote ens hierbo se, kort mos nie hulp van “chickenrunners” nie. lol. Ek wonder is dit hoekom afriforum gaan moan by elke EU raad? of in Aus en NZ? Soos Poot se, SA kort mos nie hulp nie.

Nederkaner ·

Wat ek hier sien is weer tipies Afrikaners wat mekaar niks gun of mekaar kan by staan in iets nie. Laat ek raai diegene wat hierdie “as jy my nie nodig het nie” en “ons het nie julle nodig nie” houdings trek is oor 35 jaar on ouderdom. “Daardie generasie dus”. Van ons is land uit, dit beteken nie ons vergeet ons mense nie. Ek wil al my mense on my tas pak en saambring. Ek mis my mense (Afrikaners) verskriklik. En dit maak nie saak wat julle hier sê nie, ek sal aanhou mense vertel wat daar gebeur, want julle praat nou net uit emosie.

Valerie ·

Snaaks dat iemand wat dink die ou vlag is iets om oor opgewonde te raak maar weet dit gee geregverdigde aanstoot dir ten toon sal stel in ‘n vreemde land; SA was nie meer goed genoeg vir hom nie. Hy bleik ‘n gewonde Suid-Afrikaanse skoorsoeker te wees en het seker SA in die grond in verdoem toe hy oor is na NZ. Die NZander weet meer as die vlag as die Afrikaanse skoorsoeker.
Maar, ek sal nie een van die twee vlae hang of respekteer nie; albei is gebrekkig en verteenwoordig net smart. In elk geval.

Gerrie ·

Kyk van vandag af SAL ek elke keer spesiaal na biltong en wors shop toe ry en hulle ondersteun. Moooooi so. Maroela adverteer vir julle!!!! Julle sal baie ondersteuning van nou af kry.

Hein ·

Wat ‘n ideale geleentheid om n paar Liberale n geskiedenis-les te gee.
Ek sou skoolsale en stadsale Vol mense genocide het en hulle net een vraag gevra het: As die Apartheid- Tuislande dan so ‘n sleg te instelling was, hoekom hou dié ANC dit dan in plek”?
Ek wed julle, 90% van die mense weet nie dat daardie tuiislande eksklusief vir dié lede van daardie volke behoue gebly het nie, en dat die res van die Republiek oop gegooi is vir almal se gebruik nie. 90% van die mense weet ook nie van dié 100+ wette wat 100% op ras gebasseerd is en blankes eksklusief dié Vrye reg ontneem van gelyke deelname aan ekonomiese aktiwiteite nie.
Meer weet nie van dié 100 000 + blankes wat op dié mees grusaamste maniere denkbaar vermoor was dié laaste 25 jaar nie en hulle is onbewus dat dié laaste grondgryp wette wat dié rasistiese ANC deur parlement gaan forseer eksklusief gemik is teen ALLE BLANKE EIENDOM en dit sonder vergoeding.
Alles onder dié nuwe reënboog-grap van die laaste 25 jaar.
Nee wat, dié nuwe vlag representeer Alles wat dié ANC propagandamasjien as goed aan die wêreld verkoop, maar dit is niks anders as “an onion in apple-skin” nie.
Laastens, sou geld en ‘n Berg red-tape nie in dié pad gestaan het nie, hoekom sal die meeste blankes dan ‘n nuwe heimat elders gaan soek?

pinkie ·

@Hein – ek stem 100% My persoonlike mening: vir my verteenwoordig die ou vlag ‘n tyd toe ek 30 jaar terug in die straat met my maatjies kon speel, ons skool toe kon loop in die oggende sonder vrees vir ontvoering of ‘n mes deur my hart. Toe al ons hospitale 100% gefunksioneer het en ons land nie ‘n skrootwerf was nie.

kolla ·

Ek soek bewyse dat daar meer as 100000 blankes grusaam vermoor is die afgelope 25 jaar. Twak storie.

@ KOLLA ·

IGNORANCE Is bliss, daar is verseker soveel blankes vermoor maar daar is NIEMAND so blind soos hy wat nie wil sien en so DOOF soos hy wat nie wil hoor nie .. gaan lees die koerante, gaan lees artikels gaan GOOGLE, jy sal dit kry, jy kan selfs by die TLU gaan statistieke kry .. so JY soek die bewyse . nie ons nie . ons het dit!

Smirre ·

Die ou vlag verteenwoordig ‘n tyd toe daar krag was. In Eskom ook……

Nettie ·

@Kollie (Kolla) – @ 56 moorde per dag, soos die misdaad statistiek (na bewering) tans staan, is dit maklik om te glo. Kom ons sê 11 van daardie 56 moorde per dag is op blanke mense: 11 x 365 x 25 = 100 375 moorde (oor 25 jaar); baie “haalbaar” sou ek sê?

Karen ·

Almal mag aan hul kultuur en geskiedenis vashou, behalwe die wit Suid Afrikaner. Ons moet alles wat ons ken begrawe volgens die wêreld. Ek stem, nuwe vlag laat my dink aan moord, verdrukking, rasisme en en en, so nee, hou niks van nuwe vlag nie.

Paul ·

As dinge nie werk nie – Dan bou jy n nuwe toekoms met die ou dinge wat gewerk het – en hou rassime daaruit, want n toekoms kan nie op die huidige leuen fondasie gebou word nie. Indien ons dit regkry, sal die huidige vlag nie meer bestaan nie. Ons in die land het net een opsie – dit is om op te staan vir n nuwe toekoms. Net die wat n verhouding het met hul land en haar liefhet, sal haar beskerm – dit geld vir almal in die land wat so voel – daar le die hoop. Die ander sal plunder en vernietig tot daar niks oor is nie en dan net aan beweeg om nog iets in puin le. Hulle kan nie gestop word deur mense van die land wat saamstaan en doelgerig aksie neem(meer mense as wat ons dink van alle rasse), maar party het nog blindoeke aand. Opstand teen minderhede beinvloed almal negatief – so ons moet vinnig wakker raak en strukture begin in plek stel in plaas van om na 100 skurke deur n venster te kyk en toe te laat dat hulle n dorp afbrand. Begin optree soos burgers wat omge man! Get your communities together and protect this country…

lewies ·

ONDER DIE NUWE VLAG IS DAAR NOU ANARGIE (WETTELOOSHEID) IN ONS LAND EN DIT LYK SO:
Besluit self of dit iets is waarop enige regdenkende mens trots kan wees.?? Hierdie sake is vir almal om te sien . Dit is die feite van SA. DIE NUWE VLAG wapper oor mense in SA in ‘n tyd van onstabilietyd.
Baie dinge werk nie DIE STAATSDIENS 3/10 ; bedrog en diefstal van miljarde rande 1/10, inploffing van die SAUK, SAL, MEDIESEDIENSTE, MUNISIPALITEITE EN ONDERWYS 2/10 plaasaanvalle en moorde, 1/10 ; bedrog en diefstal, PRASA SE PROBLEME, DANNEL SE GESUKKEL OM SALARISSE TE BETAAL 1/10 ; ONVERMOE OM ORDENTLIKE DIENSTE TE LEWER, 2/10 DIE KRAGVOORSIENER EN DIE WANBESTUUR WAT DAAR AANGAAN 1/10 ; BEDROG BY DIE INKOMSTEDIENS, 1/10 ; SASSA SE PROBLEME 1/10 EN HONDERDE MILJOENE RANDE VAN DIE BELASTINGBETALER WAT VERMORS WORD DEUR ONREGMATIGE BESTEDING, 1/10 ; BESOEDELING VAN RIVIERE 3/10, BEDROG IN DIE SAPD 3/10, ONWETTIGE EN VERKEERDE AANSTELLINGS 3/10, ONWETTIGE UITREIKING VAN BESTUURSLISENSIES. 3/10 Verkeersreels WAT verontagsaam, mense sterf in motorongelukke soos nooit te vore nie. Treine word aan die brand gesteek en vernietig ; SKOLE WORD VERNIETIG EN AFGEBRAND ; GEWELDADIGE STAKINGS EN VERNIETIGING VAN EIENDOM. Mense wat SA ken kan die lysie maar aanvul.
Stop die kleinlikheid oor ‘n vlag as daar ernstiger sake is waaroor julle bekommerd moet wees. Moet julle nie ophou met mense wat ‘n “Small minds”mentaliteit openbaar nie.

Blaarman ·

Jou argument is verkeerd.

Ongeag die massiewe probleme met die huidige regering, plaas die ou SA vlag ‘n negatiewe kollig op die Afrikaner. Ons moet beide die huidige SA en die ou vlag verwerp om vorentoe te kan beweeg.

Ons wil onsself graag bevry van die juk van die huidige regering, maar om dit te doen moet ons ophou vyande te maak deur simbole te vertoon wat aanstoot gee aan potensiële bondgenote.

Mense moet kies! Oorlewing en ‘n toekoms sonder die ou vlag, of die ou vlag en geen toekoms. Die een of die ander! Ons kan nie beide hê nie!

Siener van Melbourne ·

Jammer, maar die nuwe vlag is n groter verleentheid en verteenwoordig dit “slegter tye” vir almal.

aj ·

Oranje die kleur van die sonsonderhang.
Wit is die kleur van die wolke.
Blou is die wolklose hemelruim …

Dit is alles pragtig!

Die sonde sit in die oë van die kykers …. hulle gee vieslike betekenis aan die kleure.

M.a.w. … VUIL GEDAGTES!

Ken ·

Daar is derduisende meer mense onder die nuwe vlag vermoor en vermink…. As mense oorsee tog net hul oë wil oopmaak. Ons vir jou, Suid Afrika!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Daar is net een ding erger as apartheid (separate development)……..en dis geforseerde integrasie! (waar die minderheidsgroepe hulle identiteit, kultuur en karakter verloor).

JoeV ·

Nogal vreemd, in ander dele van die wereld word dit meer en meer respekteer as die nuwe vlag, aangesien ons nou al in die helfte so lank demokraties is as wat apartheid gehou het, en absoluut niks behalwe verwoesting het om te wys nie!

corne ·

wel dan. oet nuwe vlag ook maar gaan wat dit merk uitmoor van boere en onderdeukking van wit mense in mense se oë so wat nou gaan vlag loos

Wim Kotze ·

Richard Stephen het ‘n punt beet. Dit is die Union Jack op die vlag wat die slegste uit die verlede verteenwoordig.

Thinus Erasmus ·

Wim dit was ‘n bitter pil om te sluk, maar aangesien ons nog steeds as Unie onder heerskappy van Britse koningshuis gestaan het, moes ons hulle akkomodeer met die vlag.
Toe SA onafhandlik geraak het, is daar met volwassenheid en verdraagsaamheid besluit om nie die vlag te verander nie – ook om die Engelse deel van die bevolking in te sluit. En daar was geen hekse-jag teen Britte gevoer oor die oorlogmisdade van die vryheids stryd in SA nie.

Schalk ·

Elkeen kan maar sy opinie lug oor die landsvlag maar dink net die trots wat daar was in elke soldaat wat die wapen opgeneem het in die stryd teen kommunisme onder dieselfde vlag. Die soldaat is onder staatsbevel opgeroep as jong seun en het deur bloedsweet gegaan tot jong man. Die stem en die volkslied was ‘n anker vir elke jong soldaat in moeilike tye. En as jou geliefde seun , man , vriend sterf en die vlag gedrapeer word oor sy kis , daarna opgerol en oorhandig word aan die mense wat sy naasbestaandes was , dan word jy bitter as mense wat nie weet waaroor dit gaan nie hulle monde uitspoel oor wat hulle nie self ervaar het nie. Vandag is dit dikwels met deernis wat daardie naasbestaandes kyk na die vlag en onthou….Moenie goedkoop politiek vergelyk met iets wat werklik bestaan het nie.

Blaarman ·

Ek glo die mense wat hulle lewens gegee het het dit gedoen vir die ideale wat dit vir hulle verteenwoordig het: Kapitalisme, vryheid van geloof, en ‘n toekoms vry van kommunistiese onderdrukking.

Dit het egter in die internasionale oog ander dinge begin verteenwoordig. Om aan te hou die vlag vertoon plaas juis hierdie ideale in gedrang.

Ons wil soveel as moontlik vriende mobiliseer om ons by te staan in die stryd teen kommunisme. As ons hulle vervreem deur die ou vlag te vertoon, speel ons reg in hulle hande in deur onsself te isoleer.

Vereer die ideale, nie die simbool nie!

Pierre ·

Schalk, Dit is feite.. Dit is die trots waarmee baie jong soldate begrawe is, Die ou vlag. Mag hy wapper to die einde kom.

kolla ·

Dis eintlik hartseer dat ons manne so gebreinspoel is om te glo ons beveg kommunisme. Lees meer oor die onderwerp om jou self te vergewis waaroor die bosoorlog eintlik gegaan het.

Bekommerd ·

Dis nie n simbool van blanke oorhering nie maar eerder n simbool dat ons mense vermoor word onder die nuwe vlag

Awie Opperman ·

Ek haat selektiewe beoordeling van onreg. Een ding wat die laaste 25 jaar my geleer het is dat daar ‘n oplossing vir SA se rassespanning/konflik was, maar dat dit nie met die wêreld se opinie oor SA gestrook het nie. Nou sit ons in ‘n posisie waar daar nie een Afrikaanse universiteit is nie, Afrikaanse skole word geteiken en die blanke word gepenaliseer op elke moontlike gebied. Ons geskiedenis word ontein en een van die dae ons eiendom. Die ou vlag verteenwoordig ‘n tyd toe Suid-Afrika ‘n land was waarop die burgers trots was. Aanstoot kan nie gegee word nie, dit kan slegs geneem word.

Waarheid ·

Dit is die mooiste vlag in die geskiedenis en so sal dit vir my bly.

Charles ·

Hallo Awie, net ‘n klein teregwysing: Pukke is die enigste oorblywende en funksionerende Afrikaanse staatsuniversiteit. Verder is daar op privaatterrein Akademia, Aros en die APA ,en hopelik in die toekoms nog baie meer privaatinisiatief.

ANDRE ·

WONDERLIK JU GROOT BEKKE…WAT SE DIE INHEEMSE MENSE VAN NIEU ZEELAND…WANEER GEE JUL KLOMP ALLES TERUG WAT JUL GEVAT HET…DAN PRAAT ONS WEER…JUL MAAK OF ONS OU SUID AFRIKANERS ALLES WAT SLEG IS,MAAR JUL HET DIESELFDE GEDOEN…

Valkyrie ·

100% reg André. Waarheen gaan die Aussies en die Kiwis en die Amerikaners vlug?

Naps ·

Nou @Andre, hoekom dan so kwaad dat jul die grond moet terug gee?

Nika ·

as jy na n ander land verhuis moet jy maar jou vlaggie in die verlate land los, as jy trots boer wil wees kom maak so in jou eie land. Dit geld vir enige een wat na n ander land verhuis… jy moet maar jou kultuur afstaan want jy gaan na n ander land toe dis nie jou land nie dis nie jou kultuur nie. As jy dit nie wil afstaan nie bly maar eder in jou eie land.

Boertjie ·

Moenie jou broers, waarvan baie onder daai vlag vir jou vryheid geveg het so in die gesig vat nie. Gun hulle die bietjie rus en vrede wat hul mag vind in die vreemde en bid eerder dat die situasie in Suid-Afrika so sal verbeter dat hul weer kan terugkeer na die land wat hul liefhet.

Nika ·

@Boerkie, glo vir my ek het baie respek vir my voorvaders. Maar ek is nie blind vir hulle foute nie, maar ek waardeur hulle bloed en sweet wat gevloei het vir ons land maar ons bly nie meer in daai era nie. Die wêreld het aanbeweeg en so moet ons ook. Sit die ding op binne jou huis maar nie in publiek nie. My voorouers se Ossewabrandwag vlag en die AWB vlag is ons baie trots op maar ek gaan sit dit nie daar waar die publiek dit kan sien, my oordeel en n bohaai maak of beskuldig dat ek n rassis is nie. Daar is n plek en n tyd vir alles en ons word as die vyand beskou in die oe van die wereld, so hoekom maak ons dit nog makliker vir hulle om vinger te wys… dit net oor n vlag?

Thinus Erasmus ·

Ek stem Pieter, hulle is baie arrogant net omdat hul goed is met rugby.

John ·

Die Kiwis is wonderlikke , gawe mense en is oor die algemeen baie goedgesind teenoor die Suid Afrikaners. Die bohaai oor die vlag word aangeblaas deur linkse Suid Afrikaners. Die Kiwis het nie veel kennis van die belaglike nuwe Suid Afrkaanse politiek nie en stel ook nie veel belang nie.

Johan Kruger ·

Ek wag dat dieselfde mense Malema en kie se oproepe tot blanke moord moet veroordeel,

Andrea ·

Wat ek hoor van mense wat in Aus en NZ bly is dat die algemene gevoel is dat ons die moorde en onteiening en marginalisering oor onsself gebring met Apartheid. So ons kry nou wat ons verdien. Hulle voel n veer.

Hennie ·

Ek reken dis nie net met blankes nie maar met alle rasse het dit beter in SA gegaan toe die ou vlag gewapper het!!!

Sonja ·

Ja Andrea, jy is reg, dis hoe hulle dit sien. Hul dink ons verdien wat ons nou kry.

sus ·

My vlag, my kultuur, my taal, my geskiedenis, NIKS met die Kiwis uit te waai nie …hulle weet nie wat die woord rassisme beteken nie …

Mrs Me ·

Die vlag en die stem was my trots. As ek die stem gesing het was dit uit volle bors en op aandag. En nooit maar nooit het ek gedink aan rassehaat en moord. Ek het gedink aan God en ons pragtige land. Vandag het bittermin respek vir die nuwe volkslied en die nuwe landslag. Die land is een groot gemors want buiten vir n vlag ens is daar op die stadium nie eers meer respek vir lewe nie.

Ed ·

Met daai redenasie moet die britse, Franse en Japanese vlaë onmiddelik verwyder word reg oor die wereld! Dalk somer ook die amerikaanse, die kanadese, die austraiaanse, die spaanse, die italiaanse, die nederlandse, defnetief die belgieste en dan nog die ……………………………

J van Rustenburg ·

Gaan dit oor die vlag of gaan dit oor besigheid Ek dink dit gaan maar orals swaar Besighede sal alles uithaal om die opesiesie toe te maak Ek hoop Suid Afrikanesrs in Kiwi land hou aan om Suid Afrikaanse besighede te ondersteun

Anton X ·

Ek dink die mense het bitter min te doen met die vlag. Dis meer die media wat nie daarvan hou nie, en probeer nou ‘n klimaat van “mense” is boos skep.

marco polo ·

Ek het nou die dag ‘n New Zeelander ontmoet wat met smaak vertel het hoe hy een van die ouens was wat destyds in 1981 die Springboktoets ontwrig het. Toe ek hom vra hoekom hy en sy trawante nou stil is en niks doen terwyl duisende blankes in SA vermoor word nie, was hy stil geskok. Baie van die apartheidsteenstanders weet eenvoudig nie wat in SA aan die gang is nie, of dit was net destyds in die mode om teen iets te baklei.

Willie ·

Ek het n voorstel, hang die nuwe flag teen die muur, en langs aan fotos van die brutale moored in SA, kyk of jul dan reaksie uit NZ kry?

Johnnie ·

Die ou vlag was die mooiste ooit toe was daar voorspoed vir almal in die land met die nuwe ding is alles in die gemors en op die afdraende pad na moord verkragting en land waarna niemand wil kyk nie erger as zimbabwe.

Henk Brand ·

In ons kerkgebou in Australia is ‘n klompie vlae teen die een muur gedrapeer, onder andere beide SA vlae. Die ou vlag het ‘n nota op omdat daar blykbaar al navrae was oor die vertoon van die vlag. Daar is ‘n lang verduideliking van die geskiedenis van die vlag, maar basie kom dit daarop neer dat dit deel is van die geskiedenis van SA en geensins onwettig is om te vertoon nie. Gaan hierdie Kiwi ook sy ontsteltenis oor die huidige SA se gebeure bekend maak? Jy kan ‘n simbool van enige iets maak as jy wil.

Anoniem ·

Ek di k daai persoon wat so ontsteld is oor die ou vlag moet hiernatoe kom en kom kyk watse verdeeldheid en rassisme is nou hier aan die gang!!! Duidelik het hy nie idee wat hier aangaan nie!!!

Hennie ·

vervang hom met die rooi vlag van die Kommuniste sodat ons kan sien wat gebeur.

penny ·

Die mooiste vlag in die wereld ,hou sou aan om vlag te vertoon !!!

Roger ·

Komende van huigelaars wat geen woord rep oor huidige aprtheid nie…is ‘n vlag erger as geweld-moord realiteit is SA. Waarom nie hul monde daaroor uitspoel nie!!?

Jipe ·

Kan al die rassistiese Saffas maar hul goed vat en trek uit ons land uit. As jy so siening het, trek terug na die helool SA toe, ons kort nie julle in ons land nie. Ek bly nou al n goeie 23jaar in NZ, en die nuwe Saffas wat kom is walglike mense, rassisties verby. Trek terug.

wet ·

haha jou land, jy is net ´n bywoner in daardie land. Jy is nie ´n kiwi as jy nie daar gebore is nie

Joe Hall ·

Gilla, ‘n Saffa word in NZ en Aus met minagting bejeen. Daar word spottenderwys na hulle as die dommes verwys wat eerste weg gehol het.

Charles ·

Daai Kiwis is so hopeloos, pateties polities korrek; hulle sal my NOOIT sien nie.

En dan kan hulle ook nie eers rugby ordentlik speel sonder dat hulle die pasifiese eilande se spelers moet roof nie.

Wat ‘n klomp huigelaars en dwepers, hulle moet hulleself vergewis van wat in hierdie eens pragtige en florerende land aangaan…die oranje blanje blou staan vir BETER TYE VIR ALMAL.

Andrea ·

En hyt oor net een of twee geslagte gewapper. Ons het nie gehou vir ons kinders se kinders nie…

Andrea ·

Ek sien die foto van die ou vlag en klik op die skakel. Ek verkyk my aan die pragtige kleure, die skoon lyne, die eenvoud. Ek dink aan hoe ons die vlag elke oggend gehys het tydens Opening terwyl ons die Vlaglied gesing het. Nooit het ek geweet dat my kinders nie die voorreg sou hê nie. En my hart pyn oor alles wat ons verloor het en nog gaan verloor. En dan het n inwoner van n ander land die vermetelheid om sy mond uit te spoel.

Koos de Meyer. ·

Ek stem saam met Willie. Sit die ou vlag met ‘n woord before. Dan die nuwe vlag met al die moorde en verkragtings en die woorde, after apartheid. Die mens wat sy mond daaroor wil uit spoel moet maar eers vir hom tande pasta kry.

Ben Niemand ·

Ja, wat besiel hierdie man om hierdie vlag van onderdrukking op te sit? Ek praat natuurlik van die Union Jack op die vlag wat onderdrukking deur die Engelse simbolieseer. Die regte vlag sou wees die vierkleur…

Poot ·

@Ben Niemand
Nou praat jy my maat…… die Transvaal vlag is die een. Thumbs up!

Jan Booysen ·

Daar is niks fout met die ou vlag nie. As die Kiwis nie hou van die ou vlag nie dan moet hulle hier kom bly en sien hoekom mense die ou vlag oral wil opsit. Hoekom sit so baie Suid Afrikaners dan daar is daar niks fout is met SA nie?

Jaap ·

Hou op worry oor n vlag.
Bekommer julle eerder oor almal wat se en verkondig wit mense moet dood gemaak word.
Daar is belangrikker dinge as n ou verduiwelse stuk lap.???

Jaap-fan ·

Hoor! Hoor! Net n stuk lap! Een stukkie lap maak die haat in mense wakker! Wat van almal wat vanaand honger gaan slaap… Nee kom ons baklei oor dit wat verby is en nooit weer sal wees nie want ons kan mos almal die ou vlag saam ons hemel toe vat!

E.K. die eerste ·

Klik op die skakel (in blou) in die Maroela berig en lees dan die antwoorde van mense op die berig. Wat ‘n jammerte dis reeds gesluit anders kon mens hul bietjie inlig oor wat onder die nuwe vlag daagliks gebeur.

Boertjie van Oranje Vrystaat ·

Ek sou eerlikwaar reken die meeste mense wat maroela media lees ondersteun daai pragtige vlag.

Of hoe?

E.K. die eerste ·

En miskien kan die wat internet savvy is en bietjie tyd het, die BLF se uitsprake (videos wat in Engels is) op die webwerf van stuff.co.nz sit en vra wat dink hulle van mense wat SULKE uitsprake nou en hier lewer – dat hulle GRAAG witmense wil doodmaak ens. Komaan, wie gaan dit doen? Wens ek kon het skaars tyd om Maroela te lees

Staak saam ·

Aangesien hy so baie aandag trek moet die vlag maar ingespan word om gesprek uit te lok oor SA se toestand nou.

Wesley ·

Ek vind niks fout met nuwe of ou vlag nie, dit is maar als net om nationalisme aan te vuur, maar as mense daaroor opgesweep wil word, is dit maar hulle saak.

Maar ek moet se, NZ is nie die nuwe of ou Suid Afrika nie. Dit is hul eie land, met hul eie wette en hul eie mense. Niemand kan net daar ingaan en verwag dat hul moet buig die of daai manier vir immigrante nie. As jy immigreer moet jy assimileer. Jy kan jou kultuur in jou eie huis beoefen, afrikaans en godsdiens praat en leer aan jou kinders en jou vlag waai in jou braaikamer. Maar jy kan nie verwag almal moet om jou lewenstyl buig in die openbaar nie. As NZ aanstoot neem en sodoende wette in plek stel (met genoeg aanstoot soos die en ook die Wellington toets vlag saga, sal hul nog so maak ook), kan hul maak soos hul smaak. As mense nie wil met die reels van die land speel nie sal hul hul vingers brand, en ook die immigrasie van ander wat na hul kom ook nog opvoeter.

Thinus Erasmus ·

Laastens kan ek maar net bevestig, die meeste kritiek, nie alles nie maar die meerderheid, teen die ou SA, is gegrond uit JALOESIE vir die suksesse wat ons behaal het. Ons was maar net die gerieflike sondebok om die aandag van die gruwels van ons teenstaanders te verbloem. (maar wag – jul sal jul beurt kry in jul “bevoorregte” land soos die immigrante die Afrika siekte inbring)
Soos die meeste leser stem ek saam: die OBB (ou vlag) was ‘n pragtige edel simbool.
Die nuwe; ‘n simbool van ‘n deurmekaarspul en dinge wat nie wil werk nie.

Landhaai ·

Ek onthou ‘n tyd toe die Afrikaner die ou landsvlag verafsku het weens die insluiting van die Britse onderdrukker se vlag daarin. Ons geheue is selektief en kort. Tot vandag geen verskoning vir die volksmoord op vroue en kinders in konsentrasiekampe uit die Britse mond nie. Nou is daai vlag tog so kosbaar vir sommige “Afrikaners”

Thinus Erasmus ·

Landhaai, ek het grootgeword onder daai vlag, ek het die geskiedenis geleer en ek ken die probleem met die UJ in die middel, dit het egter my nie rassistiese haat teenoor die Britse nasie aangewakker nie, nee dit was hul houding en optrede gedurende die stryd om die behoud van ons vryheid wat my van hul vervreem het.
Ja ek het ook die vierkleur laat wapper, maar dan sluit dit OVS, Natal en KAAP uit – en dit was ook deel van my volk. Ook die Engelsprekendes was deel van die RSA, daarom die kompromie vlag.

B ·

Ek dink nie Kiwi’s in die algemeen gee juis veel om hieroor, behalwe dalk die sensasie-behepte sosiale media opstokers?
(Die vlag is nie onwettig of verban, mens moet oppas om nie te ‘aanvaar’ dat dit krimineel is nie)

Adam ·

So Ironies. Die “Boervolk” is mal oor ‘n vlag wat die Union Jack op het. Beide die vlae is bloot vlae. Dit sit nie brood op die tafel of ‘n dak oor die kop nie en beteken niks om die Afrikaaanse taal en kultuur lewendig te hou nie. Dit moet elkeen van ons se erns wees. Ek kan nie glo ons steur ons aan ‘n regse Afrikaner wat te slap was om in sy geboorteland te bly en nou die potjie onnodiglik roer in NZ nie. Net soos die BLF twak. Black Label bravade aan die een kant, Klipdrift en Coke aan die ander kant en beide kante is so lafhartig dat ‘n mens wil naar word.

Cornelia ·

Jipe, jy verwys self na die “nuwe Suid – Afrika” as ‘n helhool. Hierdie helhool het ook ‘n vlag. ‘n Vlag wat van vreemde dinge en gruwels getuig. ‘n Vlag wat brand. ‘n Vlag wat getuig van vure, bloeddors en gruwels van kant tot wal in ons geliefde Suid Afrika. Die Afrikaners wat in Nieu Zealand opgeneem is, het om dieselfde redes as jy, hier anker gelig. As hulle heimwee na ‘n skoon verlede en hul land in ons eerbare ou landsvlag sigbaar uitgestal word, RESPEKTEER dit en toon begrip vir wat trane alleen nie sê nie.

Dodo ·

Net soos wat “al” die Suid Afrikaners nou eweskielik rassiste is, net so is “al” die Kiwis arrogant. Regtig? Ons arme mensdom is darem maar vreemd

Adri ·

Gelukkig is ek nie ‘n renegaat nie. Hardloop nie weg van probleme nie. Se soos my ma jare terug gese het. ” Here I die with my boots on”

Dorita ·

Hoekom kan ons nie trots wees op ons erfenis …. ou landsvlag, die ou stem weergawe, die Voortrekker monument, ons voorouers wat die land vir ons gebou het. Ons mag mos vashou aan ons Afrikaner / Boere waardes & tradisies. Dis vandat van ons mense hanskakies geword het dat die groep wat nog ou waardes het so klein geword het. Hulle herdenk seker ook nie Geloftedag soos dit hoort nie.

Mossie ·

Eers wanneer ons Afrikanervolk als verloor het sal ons opstaan, terug veg en terug vat wat eens ons s’n was. Ons kan nie bou op ANC/Brittanje onderdrukking nie, dus moet als uitgewis word sodat ons van vooraf kan begin. Al die Suid-Afrikanse vlugteling sal almal terugkom SA toe met die verwagting dat ons hul moet beskerm en beveilig. Hul gaan uit elke land uit vlug voor die onluste en moorde wat daar gaan uitbreek… Eenkeer n draadsitter, altyd n draadsitter, geen trots om te veg vir wat joune is nie, maar verkies eerder om n parasiet te wees en van gasheer na gasheer te spring. Ek is n trotse Suid-Afrikaner, hier gebore en getoë vir meer as 40 jaar en hier sal ek met God’s genade, liefde en beskerming bly.

BannelingNZ ·

Lyk my na gereelde protes van die Jood se opposisie winkel. Nou weet ek wie ek gaan ondersteun vir lekker baie biltong en wors! Hoog die Vlag!

HPV ·

Kyk maar van wie die beswaar kom, van ‘n ou klein landjie wat ook maar net iets geword het te danke aan Suid Afrikaanse breinkrag. Voor die koms van Suid Afrikaners was dit ook maar tegnologies nie wat wonders nie.

Albert Pieterse ·

Julle wat so baie weet van die ou vlag daar in NZ, kom bly so n wyle hier in SA onder die nuwe vlag.
Vat jou n wed. Jy is vinniger terug as wat jy kan se mes.

christa ·

die anc regering wil alles besit, nie net jou grond nie maar ook jou los besittings en hulle is so fyn gevoelig oor die mooi vlag wat ons eie mense ontwerp het . Hulle weet hulle regeer hopeloos terug imp vorentoe

Kyk met Kiwi oë ·

Die Kiwi kommentaar wissel… maar is meer positief as julle ouens. Die vlag hang al vir jare in sy slaghuis….. tot een persoon ‘n opmerking gemaak het. Daar is goed en sleg onder beide vlae. Oud en nuut. Soos met hulle “ou” vlag vanfag steeds in gebruik. Kan hulle kommentaar lewer op ons “ou” vlag??
So wat julle sê is Ek moet die bokke se vlag elkekeeer verwyder en brand as hulle verloor? Of die cheetah vlag….
JI Case trekkervervaardiger het donkie jare terug landuit gevlug met sanksies. (ons gedrop) Ek sal besluit wanneer ek JI Case memoriblia gaan weggooi. Ek dink julle is oorwerk en hipper sensitief
gaan lees gerus kommentaar by stuff.co.nz van die berig.

HPV ·

Dean, die dag as ons op NZ se hulp moet staatmaak sal ‘n kwade dag wees. Selfs so sleg as wat dit hier gaan is ons steeds ekonomies beter af as julle. In die 80’s was NZ se enigste uitvoer produk skaap verwant. Tans is julle meer afhanklik van ons as ons van julle. Ons gee byvoorbeeld vir meer mense werk as julle totale bevolking!

Gert ·

Dan is daar Suid-Afrikaners wat plaaslik met All Black-truie en logos rondloop/ry…..elke ou se reg, dus moet huigelaars in Kiwiland eerder hul monde hou. Vir baie mense in SA, bly die ou vlag iets waarop ons trots is en dit het niks met apartheid uit te waai nie. Sal nie verbaas wees as dit weer ‘n verloopte Suid-Afrikaner is wat gekla het nie….!!

EkWerkNetHier ·

Ek het grootgeword in die “nuwe” SA en met die huidige vlag. Ek is trots op die huidige vlag, want dit is wat my laat dink aan my tuisland, my kinderjare en om Suid-Afrikaner te wees. Ek is ook trots om te kan sê ek is ‘n Suid-Afrikaner. Dus verstaan ek waarom van die ouer mense wat grootgeword het met die ou vlag kan trots wees op dit en dit hulle aan dieselfde tipe dinge herinner as wat die huidige vlag vir my beteken. Dan is daar ook diegene wat oorloë deurgemaak het en onder daardie ou vlag geveg het. Ek begryp watse plekkie dit in hul hart en verlede kan hê.

Ek werk nou sowat meer as ‘n jaar hier in NZ, maar mis ons land verskriklik. Nie gevlug of rassisties nie, maar het ‘n werksgeleentheid gekry wat nie meer in SA vir my velkleur bestem is nie, het nooit eers tevore emigrasie oorweeg nie. Ons beplan om ons stemreg uit te oefen. Verder maak ons mense bewus van die dinge wat in SA aangaan. Buiteland sien Afrikaners as erg rassisties, dis ‘n stigma wat ‘n moeilike stryd is wat ons sal moet oorkom voor die hiper-liberalistiese (“white guilt” mentaliteit) buitewereld sal begin omgee oor die omgekeerde rassisme wat nou daar heers. Ek sal graag terugkeer na SA – mis die berge en die vlaktes, maar ek moet dink aan die toekoms van my familie en ek sal aanhou my bes doen om my land te help van hier.

Andrea ·

Dankie vir wat jy vanuit NZ vir ons hier doen. Eks bly oor elkeen wat n kans kry om in veiligheid en voorspoed elders vir hom n vastrapplek te maak. Geniet die veiligheid en eerstewêreld omstandighede daar. Voorspoed, en bid vir ons wat hier moet bly.

EkWerkNetHier ·

Moes weet dis net ‘n kwessie van tyd voor iemand weer sulke boodskappe kom uitbasuin. Ek dink juis ons moet nie net op ‘n hopie sit en iets probeer beter dink nie, maar kyk hoe ons bewusmaking kan bevorder. Suid-Afrikaners se ondergang was nogaltyd as gevolg van die feit dat niemand kan saamstaan nie – hierdie kommentaar op die bladsy lig dit baie mooit uit. Hoekom kan ons nie almal net probeer ‘n deeltjie bydra eerder as om altyd met mekaar te redeneer nie?

leser ·

Vergeet van die vlag en konsentreer eerder oor die violence against woman in N Zealand .
‘n Pragtige dogter is onlangs vermoor – dit is belangrik.

Allie ·

Plesier Pannekoek.
Moenie te veel lag nie ne….netnou huil jy laaaannnnk.

DieBoereWorsBuig ·

Ek dink dis beter as mens iets doen aan die situasie en saamstaan as om in ‘n hopie te sit en probleme weg te probeer dink.

Sam ·

Stuk lap wat absoluut niks beteken nie. Nie eers die nuwe vlag beteken iets nie. Onder altwee is dade gepleeg wat onaanvaarbaar is. Maar soos die duiwel dit wil he is die dade onder die ou vlag aanvaarbaar vir wit mense want dit was teen die swart mense gedoen. En die dade onder die nuwe vlag is aanvaarbaar want dit word aan die wit mense gedoen. Altwee is ewe sleg dis net die kleur van die duiwel wat verander. Apartheid onder die ou vlag was aanvaarbaar vir wit mense maar noudat dit omgeruil word is dit verkeerd.. Hoe se hul in engels.. You reap what you sow?

Johan H. ·

Die nuwe flag is vir my afstootlik,so ook die volkslied, Flower of scotland is hoe n volkslied moet klink
.

Trots Afrikaans ·

En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef:
die lied van ‘n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,

Mills ·

Dit maak my hart so seer.Ek stem 100% dat rassisme verkeerd is in elke manier en ek is glad nie te gunste daarvan nie,maar dis aan albie kante.nou maak die knaap van NZ n ‘statement’maar wat kry hy daaruit?Ons vrees vir ons lewe,vir die lewe van ons kinders,vir hul toekoms en waar dit heen gaan.Elke dag lees ons op die nuus oor ons wereld wat meer uit mekaar geskeur word,en bid vir ons Liewe Vader om dit eerder te beieindig,om ons te kom haal,want ons is nie meer veilig op ons eie grond nie.Die leiers van ons land moedig dit aan,oorlog tussen nasies en gelowe word belowe en die dwaas volg hulle soos donker die nag volg.Ons probeer saam staan,ons kinder reg leer van liefde en vrede en geen oordeel of neerkyk op enige iemand nie.Hulle is maats,lag en speel saam,want kleur het geen meening nie,maar ouers sit en huil lang trane want die hoop is op.

JJ Peacock (dr JJ Pauw) ·

Richard Stephen het die vermetelheid om Suid-Afrika van rassisme te veroordeel maar weet duidelik nie die geskiedenis van die ergste vorm van rassisme wat die beleid was van sy land wat opsetlik hulle swart rasse probeer uitwis het (soos die Moriori), bekend as “Genocide.” Britse soldate is uitgestuur om dié taak te verrig – soos ook die Australiërs, en die Amerikaners met die Rooi Indiane.
Die Boere se beleid was dat hulle alleenlik wapens sou opneem as hulle eerste aangeval is. Piet Retief het dit ook duidelik as ‘n voorwaarde gestel voor sy trek (en ook in sy Manifes in Grahamstad in Februarie 1837).
Die haat teen ons ou vlag en Apartheid was grotendeels as gevolg van die opleiding wat die ses top ANC en die SA Kommuniste in die geheim van Generaal Giap van Vietnam ontvang het – dat ‘n rewolusie nie net op een been (geweld) kon staan nie maar dat die tweede been (propaganda) absoluut essentieël was. Hierdie belangrike verwysing na Giap is in Oktober 1978. deur Rusland aanbeveel.. Dit was die byvoeging van die tweede been wat Apartheid so ‘n slegte naam gekry het terwyl die grootste vooruitgang van die swart bevolking van Suid-Afrika juis toe die meeste vordering gemaak het – veral onderwys. Skaam jou Richard Stephens. Maak eers seker wat jy sê! Jy behoort die eerste persoon te wees om ‘n bietjie van jou eie geskiedenis te ken.

Mossie ·

Dankie JJ Peacock dat jy die alewige apartheid in perspektief plaas. Ons eie mense is geneig om te vergeet waarvoor en hoekom die voortrekkers geveg het.

Rian van Schalkwyk ·

Hierdie vlag hang al vir jare in daardie winkelvenster en het nog nooit aanstoot gegee nie todat ‘n ex-Suid-Afrikaner (Heather Alan du Plessis), wat ook al heelwat rassistiese uitlatings teenoor die pasifika-mense in New Zealand gemaak het, vir eie gewin haar neus daarin gaan druk het. Ons mede-SAners hier in Wellington ondersteun hierdie biltong en wors winkel (die beste kwaliteit vleis en diens) en ons is almal trots op ons SA geskiedenis, maar ook volwasse genoeg om nie die vlag as ‘n teken van rassisme te sien nie. Politieke korrekheid is die groot sondaar asook ex-Saners wat aitog net die sonnetjie op hulleself geskyn wil sien – eerlikwaar, ons het hulle nie nodig nie!

Steve Smit ·

What a beautiful beautiful flag. It has only good memories for us

Frans C ·

‘n Stukkie geskiedenis:
“Drie jaar lank het parlementêre kommissies en organisasies buite die politiek gesoek na ‘n vlag wat altwee partye sou bevredig. Die een ontwerp ná die ander is verwerp. Uiteindelik is ‘n vergelyk getref en het die parlement die Unievlag eenparig goedgekeur.
Hierdie vlag het bestaan uit:
1) drie horisontale bane van oranje, wit en blou—die “oranje-blanje-blou”-vlag waarmee Jan van Riebeeck na die Kaap gekom het. En op die wit baan was ’n samegroepering van drie klein vlaggies, naamlik:
2) die Union Jack;
3) die ou vlag van die Oranje-Vrystaat;
4) die Transvaalse Vierkleur.

Die wet wat hierdie vlag tot nasionale vlag verklaar het, het voorts be­paal dat die Union Jack saam met die nasionale vlag op die Parlementsgebou en vernaamste regeringsgeboue, aan die Suid-Afrikaanse hawens en op die regeringskantore in die buiteland sou wapper, asook op ander plekke in Suid-Afrika wat deur die regering vasgestel sou kon word. Oral waar die twee vlae saam gehys is, moes dit op afsonderlike pale geskied, van gelyke lengte en só geplaas dat die een nie bo die ander uitsteek of in ‘n gunstiger posisie wapper nie.

Eers is 1957 is die gebruik van Suid-Afrika se “twee vlae” beëindig en het die nasionale vlag die land se enigste vlag geword.
Met Republiekwording op 31 Mei 1961 is hierdie vlag onveranderd behou”
Onhou elke bioskoopvertoning is afgesluit met ‘God save the Queen’ tot 1957.Op amptelike briewe;’In her majesty’s service’.

kolla ·

Ek het die apartheidsvlag verlede Sondag sommer verbrand toe ek kole gemaak het vir die braai.

Andrea ·

Dis goed as jy dit geniet het. Jy sien, al verbrand jy elke ou vlag, al wis jy die kleur oranje uit van die kleurspektrum (probeer gerus!) sal jy nooit die respek en eerbied wat ons vir die pragtige vlag gehad het, uit ons harte kan brand nie. Selfs al word ons vermoor, sal dit nie die werklikheid kan verander nie. Dit lê in die verlede, dis onaantasbaar.
Hoop jou braai was lekker.

R Burger. Namibië ·

Suid-Afrikaners beweeg aan soos ons hier ook aan beweeg het… definitief wakker dit wedersydse respek aan. Almal wat ander weivelde gaan soek het: Waarom vashaak in die verlede? Julle help beslis nie jul families wat agter gebly het nie. Verder help dit ook nie om met haat in jou hart tot ons Hemelse Vader te nader nie. Suid-Afrikaners, ek pleit by julle, verander eers jul harte en die Here sal jul menigte gebede verhoor. En julle buitelanders, maak positiewe bydraes tot Suid-Afrika asb. Dit sal vir hulle wat daar woon, vorentoe oneindig baie beteken. Dis beter om ander landsgenote nader te trek en hul respek te wen as om al hoe meer van hulle te verloor. Onthou net: Almal het nie geld om pad te gee en moet die beste van die saak maak.

Suid Afrikaner ·

Ag RICHARD en STEVEN WAT WEET JULLE wat dit verteenwoordig? Eerstens het dit NIKS met apartheid te doen gehad nie, dit was NIE ‘n apartheidsvlag nie. Tweedens moet ek se die New Zealanders is ook nie so vreeslik ‘clean’ soos wat julle wil voorgee nie .. julle het die Maori’s ook nie eintlik op die hande gedra nie. So fix eerder julle eie probleme! Waar is julle OORDEEL oor die moorde in SA en oor die naakte rassisme jeens MINDERHEIDSGROEPE?? o ekskuus die vlag is mos baie erger.

kolla ·

Meer as 90% sien dit wel as ‘n apartheidsvlag en ‘n era waartydens hul menseregte vertrap is.

Streep ·

Dit is vreemd dat die ou SA vlag hierdie mense so ontstel. Persoonlik dink ek nie daar is iets fout om die ou SA vlag te vertoon nie, maar die vraag moet wel gevra word, waarom/om watter rede. As almal nou skielik toegelaat word om vlae in hul winkelvensters te laat pryk, gaan dit chaos veroorsaak. Waar trek ‘n mens die streep? Almal het sy eie opinie oor die ou vlag. Deur mekaar egter aan te val wat nie met jou saamstem nie, is onnodig. En vir die ex Suid-Afrikaners in NZ; welgedaan! Julle het die moed gehad om SA te verlaat. Baie sal wat begeer om in jul skoene te staan, maar kan/wil om verskeie redes dit nie doen nie.

Frans C ·

Nou wat nou van die nuwe vlag? Dit was nooit bedoel om ‘n permanente vlag te wees nie
en is soos die ou vlag ‘n kompromie vlag,wat net vir 5 jaar moes hou.

Kyk mooi na die samestelling,Dit weerspieël al die ou vlae wat simbolies daarin vervat is.

Wat sê die ontwerper;
‘According to its designer Fred Bromnell – It is actually a combination of the two “Colonial era” flags – The national flag of the Netherlands (Dutch flag) – Red, White, Blue and the the British Union flag – Blue, White, Red. Then the two former Boer Republic flags – the South African Republic (Transvaal) “Vier Kleur” – Green, Red, White and Blue and the Orange Free State Republic Flag (using the Dutch insert flag and the white) and then finally the African National Congress (ANC) Flag – Black, Green and Gold (colours also present in the Inkatha Freedom Party and Pan African Congress flags).

marco polo ·

Hier in China waar ek woon, kan jy enige ding op die internet bestel. Selfs die ou vlag. Of as jy een van die ou SAW vlae wil he met die ou vlag in die linkerhoek, is dit ook reg. Niemand neem aanstoot nie, dis besigheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.