Kiwi’s se Covid-19-grensreëls was onwettig, sê hof

Argieffoto (Foto: gonta65/Pixabay)

ʼn Hof het Woensdag bevind dat Nieu-Seeland se regering onwettig opgetree het toe hy Covid-19-grensreëls toegepas het. Die hof sê die stelsel het burgers ontneem van hul reg om huis toe te keer.

Regter Jillian Mallon het in haar uitspraak gesê die isolasie- en kwarantynproses het nie ruimte gebied dat persoonlike omstandighede doeltreffend oorweeg en geprioritiseer is nie.

Sy sê die stelsel se versuim om mense se spesifieke behoeftes in ag te neem, beteken dat die regering “onwettig en onredelik opgetree het en het die Handves van Menseregte oortree dat elke Nieu-Seelandse burger die reg het om Nieu-Seeland binne te kom”.

Die saak is in Februarie deur die “Grounded Kiwis” gebring, ʼn regtegroep wat versoek het dat die beperkings opgehef moet word. Die groep het aangevoer dat Nieu-Seelanders oorsee van hul regte ontneem is en sommige is getraumatiseer deur hul tevergeefse pogings om huis toe te keer. Die saak het gefokus op beperkings wat tussen 1 September en 17 Desember 2021 toegepas is.

Die aanvraag na plekke in die land se beperkte isolasie- en kwarantynhotelkamers het die aanbod in dié periode oorskry en dit beteken dat duisende mense nie plek kon kry in die lotery-gebaseerde besprekingstelsel nie. Kamers is slegs aan ʼn klein persentasie paspoorthouers toegeken indien hulle suksesvol was in die lotery.

Een geval wat in die geregtelike hersiening was ʼn vrou wat oorsee gestrand was. Sy kon nie huis toe keer om haar enigste seun te begrawe toe hy gesterf het nie. ʼn Ander vrou kon nie by haar seun uitkom toe hy kankerbehandeling ondergaan het nie.

Die isolasie- en kwarantynvereistes is in die middel van Maart geskrap vir alle Nieu-Seelanders wat wou huis toe keer.

Aedeen Boadita-Cormican, vir die staat, het die stelsel in die hof verdedig en gesê dit is opgestel as ʼn beskerming wat regverdig is vir alle burgers onder uiterste omstandighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marshall ·

Jacida Ardern is a supporter of the World Economic Forum (WEF) and was a Young Global Leader in the organization. The WEF promote what is in effect a Totalitarian Globalist tyrany. Justin Trudeau is likewise such a WEF stooge. His freezing of the peaceful Trucker Protestor bank accounts is another example of the Totalitarian attitude of members of this dangerous organization. The speech by Prof. Yuval Noah Hariri’s in 2020 at the WEF meeting in Davos will give insight into the danger of the WEF. (Watch it on You Tube).

SjN ·

Die hard lockdown moes nie ingestel gewees het nie, oningeligte besluit was net op sekere groep van toepassing, slegs kriminele en onwettige drank en sigarette handelaars het voordeel getrek en die ekonomie het knou gekry.

Treurwilger ·

Die hele opgesweepte wêreld se “Covid-19- reëls” was myns insiens onwettig en ‘n Misdaad teen die Mensdom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.