Klag teen Trump by senaat ingedien

Die dokumente vir oudpres. Donald Trump se staat van beskuldiging op pad na die senaat. (Foto: Melina Mara / POOL / AFP)

Die Amerikaanse huis van verteenwoordigers het Maandag die nodige dokumente vir oudpres. Donald Trump se staat van beskuldiging aan die senaat voorgelê.

Trump (74) word daarvan beskuldig dat hy vroeër vandeesmaand die aanval op die Kongresgebou in Washington DC aangehits het.

“Donald John Trump het hom skuldig gemaak aan ernstige misdade en minder ernstige oortredings deur geweld teen die regering van die Verenigde State aan te hits,” lui die klag wat verteenwoordiger Jamie Raskin, wat die staat-van-beskuldiging-verhoor gaan lei, aan die senaat voorgelees het.

Luidens die klag het Trump ook die integriteit van die demokratiese stelsel bedreig en ’n vreedsame magsoorgang bemoeilik.

Trump is vroeër vandeesmaand vir ’n ongekende tweede keer in ʼn staat van beskuldiging geplaas. Die oudpresident se verhoor sal na verwagting gedurende die week van 8 Februarie afskop en indien skuldig bevind, kan Trump verbied word om in 2024 weer as presidentskandidaat deel te neem.

Die 100 lede van die senaat, wat as jurielede gedurende die verhoor sal optree, word Dinsdag beëdig.

Maroela Media het vroeër berig vier betogers is gedurende die chaos by die Kongresgebou dood, onder wie ʼn vrou wat deur die polisie geskiet is, waarna ʼn polisiebeampte in ’n hospitaal aan beserings beswyk het wat hy tydens ʼn struweling met betogers opgedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Kokerboom ·

Die heksejag en kleinlikhede is besig om die eens magtige VSA te rysmier ten gunste van China

Piet ·

Kleinighede? Sy aanhitsing het daartoe gelei dat mense dood en eiendom beskadig is. Dis baie ernstig, ek hoop hy word krimineel vervolg.

Yolandie ·

Piet gaan luister na sy toespraak. Ek dink nie die volgende woorde “peacefully and patriotically go and have your voices heard” kan geklassifiseer word as aanhutsing nie. So jammer dis ‘n heksejag dié. Hoe ook al sy, die betogers wat by die Capitol die choas veroorsaak het het dit gedoen wyl Trump nog besig was met sy toespraak…..so ek wonder watter sogenaamde Trump volgers is hier verantwoordelik. Snaaks die demokrate se ondersteuning van BLM en Antifa is heeltemal geregverdig, maar moet net nie aan die ander kant vd politieke grens wees nie.

Piet ·

17 trompoppies is nodig om saam met die demokrate te stem in die senaat vir trompie se impeachment. Onwaarskynlik, hulle sal volgens party orientasie stem. Die vervolgingsgesag moet egter nog besluit of trompie krimineel vervolg gaan word so dalk kry trompie tog nog ‘n paar jaar in ‘n oranje pakkie.

ES ·

Die “Greatest country in the world” is nou nie meer so “great” nie. Net soos SA, Nederland, Spanje en vele ander lande sukkel die leiers om die burgers in toom te hou en om betogings onder bedwang te bring.

Mense is moeg vir leiers en besluitnemers wat nie omsien na die belange van die burgers wat hulle ingestem het nie.

annie ·

En skielik sè Biden nou dat hy nie glo die klagtes teen Trump sal slaag nie. Is dit omdat die stories oor homself nie wyk nie? CNN is klaar besig om Kamala blink te vryf en op te tof tot hul volgende top-indoena. Biden het byna sy doel gedien… nog net ‘n paar ou bokke in die kraal kry, al die skewe lanterns afstof, die wette van Trump dump en Navo na Poetin se grens pos… en ons reg vir nog ‘n strofe van Lady Gagga by Kamala se troonrede.

Piet ·

Omdat hy glo trompie se senaatslede sal nie teen hul eie party stem nie dis al. Hy’t dit baie duidelik gestel dis nie nodig om te spekuleer oor ander wilde teoriee nie.

andre ·

Ek wonder of Biden ooit n jaar in sy pos gaan wees voor Kamala(Big Tech Companies) oorvat

Piet ·

Maak dit saak? Kamala behoort ‘n uitstekende president uit te maak, sy lyk vir my knap.

Sobymykoolkop ·

Gaan lees GERUS wat R.W. Johnson in Rapport weekliks van 24 Januarie oor Kamala skryf

Johan D ·

Dit is die bedoeling vd begin af met Harris, ek glo in elk geval nie dit was Biden se keuse nie, hy en Harris was nou nie juis groot maatjies nie! Ek dink daai ou suur tannie is eintlik in beheer en seg vir Biden hoe, wat en wanneer tot Harris oorvat!

Tipper ·

Profesie van Robin D Bollock, 12 Desember 2020.
For all of you that did not give my Trump rest night and day and day and night, for all of you that persuade relentlessly and attack without course, your time is coming when you will be persuade the same way except you do not have my anointing to hide in and run into me, turn while you can.

Joe Biden.. The Lord said Joe Biden will be hunted like a partridge in the grass, he will be persuade until he is gone.

Hermie ·

Watter loutere snert. Die rede is dat hulle vrekbang is vir Trump, dalk met goeie rede. 2022 is om die draai en as die Republikeine die Huis en Senaat oor neem het hulle probleme. Soos hulle nou te kere gaan is die kanse daarvoor baie goed.

Bertus ·

Oulik sal die Trompettertjie aka Mr Deny Deny Deny net nie in ‘n orange suit lyk nie!!!

Piet ·

Sal pas by sy hare. Dan net nog ‘n rooi das ook dra vir die ultimate hanswors look.

Jacobus ·

Dié belaglikheid van die aanklagte word slegs oortref deur die geskarrel na entstof hier te plaatse.

JohanEtz ·

Berig lees; “verlede maand se aanval”?
Nie bewus dat daar 2 aanvalle was nie?

Megan Swart ·

Dagsê JohanEtz
Ons vra om verskoning vir die oorsig, dit was inderdaad vroeër vandeesmaand. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Stefaan ·

Toe sy die eed moes aflê met die hand op die Bybel het sy haar dra sakkie op die Bybel gesit. Sy het nooit aan die Bybel geraak nie. Maak maar eie afleidings.

Francois Le Cochon ·

Stefaan, fotos en videos van die inhuldiging wys baie duidelik hoe haar hand solied op die bybel was. Haar handsak is ook nerens te sien nie. Ek sien jy het opduimpies gekry, wat ‘n bewys is dat sommige MM lesers enige snert sal glo.

Cherokee ·

Wens Zondo kon die saak verhoor. Dan sal dit aanhou en aanhou en aanhou……

Yolandie ·

En so maak die demokrate die reels en wette op soos hulle gaan. ‘n President wat nou nie meer in sy pos is nie is in ‘n 2de staat van beskuldiging geplaas. Baie mense wat nou vir Biden gestem het huil nou lang krokodil trane. Ek glo ook dat Kamala ook binnekort by die fossiel sal oorneem wanneer hy sy “doel” gedien het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.