Internetgebruikers het vinnig die humor raakgesien in klein sleepbote en masjiengrawe wat die Ever Given (Evergreen) uit die Suez-kanaal moet druk en trek.
Een van die grootste vragskepe in die wêreld is in ʼn smal waterweg in die Suez-kanaal vasgekeer en grappies, gedigte en humor ten koste van ʼn baie klein stootskraper wat gestuur is om die yslike skip te help, het vinnig op sosiale media opgeduik.
Die Ever Given-vaartuig het Dinsdag gestrand geraak toe ʼn stormwind dit van koers af gewaai het. ʼn Marieneverkeersknoop duur voort op een van die wêreld se besigste handelsroetes. ʼn Foto van die Taiwanse MV Ever Given, ʼn 400 m lange, 59 meter breë skip, het skuins in die kanaal vasgekeer geraak en alle verkeer in die waterweg het begin ophoop terwyl masjiengrawe sukkel om dit te bevry.
Turkye het Vrydag aangebied om ʼn sleepboot te stuur. Adil Karaismailoglu, minister van vervoer en infrastruktuur, het gesê die Nene Hatun-skip is “een van die masjiene in die wêreld wat ʼn operasie van dié omvang kan hanteer”. “Ons het hulp aangebied en indien hulle dit aanvaar, sal ons hulp stuur,” het Karaismailoglu gesê, volgens die Anadolu-staatsnuusagentskap.
Sleepbote is Vrydag steeds besig om die vragskip te bevry. Reddingsbeamptes waarsku dat die operasie dae of selfs weke lank kan duur. Die blokkade het ʼn verkeersknoop vir meer as 200 skepe aan beide kante van die 193 km lange kanaal veroorsaak en groot vertragings in die aflewering van olie en ander produkte.
Verskepingsmaatskappye is gedwing om die langer roete om Kaapstad te neem om by Europa of die ooskus van Noord-Amerika uit te kom, het Lloyd’s List, ʼn verskepingsdata en nuusmaatskappy, gesê.
Die kanaal-owerheid het gesê tussen 15 000 en 20 000 kubieke meter sand sal verwyder moet word.
- Satellietfoto van die MV Ever Given (Evergreen) in die Suez-kanaal (25 Maart 2021) (Foto: Cnes2021, Distribution Airbus DS/AFP Photo)
- MV Ever Given in die Suez-kanaal (25 Maart 2021) (Foto: Suez CANAL/AFP Photo)
Die kunstenaar Chaz Hutton het sy kunswerk oor die verkeersknoop gedeel en dit vergelyk met situasies waar mens uitstel om iets te doen.
Today’s Comic: We are all, in our own little way, that ship. pic.twitter.com/GVDjLxzErX
— Chaz Hutton (@chazhutton) March 24, 2021
Sommige grappies het verwys na die gevoel wanneer jy self vasgekeer voel – in die lewe of in die werksplek. Ander het dit met angs en depressie vergelyk.
???? pic.twitter.com/oQ5kVOSftc
— Deeba Shadnia (@deebashadnia) March 24, 2021
When you feel stressed at work, take a look at this tiny excavator. The burden of dredging the route between Asia and Europe rests squarely on its shoulders. #EVERGIVEN #suezcanal pic.twitter.com/mCoehqgOxc
— Vsy (@vsy) March 24, 2021
— Nasri Atallah • نصري عطاالله (@NasriAtallah) March 24, 2021
Evergreen pic.twitter.com/QX33cgM6tC
— RedPen-kinases-BlackPen (@redpenblackpen) March 24, 2021
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Dit is nie die stootskraper wat so klein is nie, dit is die skip wat so groot is.
Wel miskien is daar iets vir SA hierin as die skip nog lank gaan vas sit sal die roete om die kaap al uitweg wees en so kan ons hawes dalk voordeel daaruit trek
How to give Suez canal Lockjaw.
This ship has not sailed yet
Wk het gedink my skip het gesink darm nie sit net vas lol