Kleinste baba ter wêreld uit hospitaal ontslaan

Die kleinste babaseuntjie ter wêreld is ses maande na sy geboorte uit die hospitaal ontslaan. (Foto: IANS/ANA)

Die kleinste babaseuntjie ter wêreld is ses maande na sy geboorte uit die hospitaal ontslaan. (Foto: IANS/ANA)

Ses maande ná sy geboorte is ʼn Japanse baba wat by geboorte slegs 268 gram geweeg het en beskou is as die kleinste babaseuntjie ter wêreld, uit die Keio-universiteitshospitaal in Tokio ontslaan.

Dié seuntjie wat in Augustus met behulp van ʼn noodkeisersnee op 24 weke in die lewe gebring is, het intussen tot ʼn gesonde 3,2 kg gegroei en is twee maande ná sy aanvanklike geboortedatum ontslaan.

“Ek kan net sê dat ek bly is dat hy gegroei het, want ek was eerlikwaar nie seker of hy gaan oorleef nie,” het die baba se ma volgens die hospitaal gesê.

Dr. Takeshi Arimitsu, wat dié besonderse seuntjie behandel het, het aan die BBC gesê hy is die kleinste baba op rekord wat gebore en ontslaan is uit ʼn hospitaal. Die inligting is volgens die universiteit van Iowa se databasis van die wêreld se kleinste babas.

Die kleinste babaseuntjie ter wêreld is ses maande na sy geboorte uit die hospitaal ontslaan. (Foto: IANS/ANA)

Die kleinste babaseuntjie ter wêreld is ses maande na sy geboorte uit die hospitaal ontslaan. (Foto: IANS/ANA)

Arimitsu het gesê hy wou bewys dat “daar ʼn moontlikheid is dat babas die hospitaal in goeie gesondheid kan verlaat, al is hulle so klein gebore”.

Die vorige rekordhouer is ʼn Duitse seuntjie wat volgens dieselfde databasis by geboorte slegs 274 gram geweeg het. Die kleinste oorlewende dogtertjie is ook in Duitsland gebore in 2015 en het volgens berigte slegs 252 gram geweeg.

Volgens die Keio-universiteitshospitaal is die oorlewingsyfer vir Japanse babas wat minder as 1 kg weeg slegs sowat 90%. Die oorlewingsyfer vir seuns is ook laer as vir dogtertjies. Mediese kenners is nie seker waarom nie, maar sommige glo dit kan verband hou met die stadiger ontwikkeling van seuntjies se longe.

Bron: BBC 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

C ·

Dis so wonderlik dat hy deur gedruk het. Wat hartseer is, is dat daar daagliks aborsies gedoen word en dat die babas groter as hy is.

M.L. ·

Daai babas is gewoonlik babas wat die mammas doodgraag sou wou hê, as die babatjies self nie net sou ly en dan doodgaan nie, maak die mamma ook doodmaak. Dis ongelooflik hartseer om op so ‘n laat tyd ‘n aborsie moet ondergaan, en ons sien daagliks wat met die babas gebeur wat gebore word sonder ondersteuning. Hulle word weggegooi.

Kom ons juig eerder dat die babatjie gered kon word vir sy ouers, as kla oor aborsies waaroor die artikel nie gaan nie.

Cherokee ·

Al wil jy graag kan jy nie mis lees wat C sê. Maroela het ‘n spesifieke afdeling vir jou; word genoem ‘goeie goed’.

Remona Swanepoel ·

Stem saam met C. Dit is net n bewys dat n sogenaamde fetus wel n lewende wese is wat voel en kan leef. Tog word die mensies sonder enige gewete daagliks vermoor omdat mense nie hul perke ken of kan beheer nie.

Chekoree ·

Een stuk inligting in die berig maak nie juis sin nie:
“Volgens die universiteit is die oorlewingsyfer vir Japanese babas wat minder as 1kg weeg slegs sowat 90%”. Om ‘n kans van 90% op oorlewing te hê is fantasties en hoekom word dit so negatief uitgedruk in die berig?
MM is julle seker van die stelling of is daar ‘n vingerfout of het ek nou ‘n blonde oomblik?

Agie ·

Jammer om julle bubbles te bars, maar gaan die kind normaal wees?

Eugene ·

As jy ” normaal ” definieër dink ek sal dinkantwoorde inkom.

Retha Roux ·

Al woorde wat hier van belang is, Prys die Heer vir Sy Goedheid en Genade

madelein ·

Aggie jammer om jou bubble te bars, my kleinseun was 6.25 gram by geboorte en is nou mei maand 13 jaar was ook ses maande in hospitaal en hy is spek vet en gesond God verig wondere. En hy was in Kalafong wonder hoeveel mense ken die baba afdeling van daai hospitaal daar word daagliks bitter klein babas gebore en hulle is wonderlik met ma en baba

Chekoree ·

@madelein
Fantasties dat die kleinseun gesond is en so mooi gegroei het.
Net jammer om jou bubble te bars, maar jou kleinseun het seker 2.65 kilogram geweeg, want 2.65gram is minder as wat ‘n pakkie soppoeier weeg!!!??

Gesiggie ·

Moeder toggie… so bitter klein, ek sal te bang wees om hom op te tel…mag als bet goed gaan met die klein ou bondeltjie…Jesus het n wonderwerkie in die lewe gebring.

Tertia ·

Minder as 10 gram? Wow besonderse wonderwerk dat hy geleef het. Saam met julle bly

Johann ·

Chekoree, is jy verslaggewer want jy kan net die hele dag sit en kommentaar lewer. Hoekom reageer jy nie eerder op die berig nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.