Kleuter se ma van moord aangekla

Elijah Lewis (5). (Foto: Facebook / Justice for Elijah Lewis)

Die ma van ’n vyfjarige seun wie se liggaam verlede jaar in ’n woud in Massachusetts in die VSA gevind is, word nou van moord met voorbedagte rade aangekla.

NBC News berig dat Danielle Dauphinais (35) ook deur aanklagte van tweedegraadse moord in die gesig gestaar word en dat sy getuies onregmatig beïnvloed het.

Klein Elijah Lewis van New Hampshire se oorskot is in Oktober verlede in Abington, suid van Boston, in ʼn graf in woudagtige gebied gevind. Dit was nege dae nadat dié staat se afdeling vir kinders, jeug en families hom op 14 Oktober as vermis aangemeld het.

Danielle Dauphinais word van die moord op haar seun, Elijah Lewis (5), aangekla. (Foto: Facebook)

Sy ma is aanvanklik daarvan aangekla dat sy haar kind aan gevaar blootgestel het. Sy het enkele mense glo ook gevra om te jok deur te sê dat die kind by hulle is en om nie met amptenare van die afdeling te praat nie.

Daar is later bevind dat Elijah weens “geweld en verwaarlosing” dood is. Hy het veelvuldige beserings gehad en was ondervoed. Daar is ook ʼn groot hoeveelheid pynmedikasie in sy sisteem gevind. Sy dood is gevolglik as moord bestempel.

Dauphinais word tans sonder borgtog aangehou. Luidens die moordklag het sy die kind se dood opsetlik veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Namgrl ·

Ai tog Elijah…. my hart is so seer. Kyk net jou pragtige glimlaggie, so sorgvry. Mag jy so in die arms van ons Hemelse Vader voortleef.

Angel ·

Daar is so baie mense wat klein Elijah sou vat met ope arms en hom lief sou kry , sy dood is so onnodig :(
Rus in vrede boeta.

Toy ·

Hoe doen jy so iets aan jou kind. Dit is verskriklik om ‘n kind te laat honger ly en hom te verwaarloos, sy kon hulp gevra het sekerlik.

Papsak ·

So hartseer my huil oor dit mooi prag seuntjie maar Jesus is trots mooi Blom in sy tuin

ES ·

So ‘n mooit seuntjie. Die lyding en absolute hel waardeur hy moes gaan. Ek hoop sy vrot in die tronk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.