Kleuter sterf toe yslike haelkorrel haar tref

(Foto verskaf deur Katalonië se weerdiens)

ʼn 20 maande oue meisie is dood toe ʼn yslike haelkorrel haar tydens ʼn donderstorm in die noordooste van Spanje getref het, het beamptes Woensdag gesê.

Die haelkorrel “het op haar kop geval en sy het nie oorleef nie,” het Carme Vall, burgemeester in La Bisbal de l’Emporda, Katalonië, aan radio RAC1 gesê.

“Dit het slegs vir 10 minute gehael, maar dit was 10 minute van angs,” het sy bygevoeg. Volgens haar was van die haelkorrels tot 11 cm groot.

“Daar was slegs hael, byna geen reën nie.”

Die kleuter is na die Josep Trueta-hospitaal in Girona geneem, maar sy het oornag aan haar beserings beswyk, het die hospitaal in ʼn verklaring gesê.

Katalonië se weerdiens sê die hael het in die gebied naby Spanje se grens met Frankryk geval. Dit was die grootste haelkorrels die afgelope 20 jaar.

Foto’s op Spaanse televisie wys motors met stukkende ruite en verskeie duike in die voertuie.

Die loodglasvenster van die dorp se kerk het ook weens die impak van die haelkorrels gebreek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Delia ·

Daai hael klippe breek ruite en dakke. En het hulle heel waarskynlik onkant gevang

Karina ·

Mensig,dit is GROOT. Simpatie met ouers. Maar stem met Meerkat, waarom was die kind buite?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.