Klimaatsverandering rede vir swaar reën in Afrika – studie

‘n Man klouter op die dak van sy huis nadat sikloon Batsirai groot skade in die gebied aangerig het. (Foto: Rijasolo/AFP)

ʼn Vlaag dodelike storms het Madagaskar, Malawi en Mosambiek die afgelope ruk swaar getref, met meer swaar reënval wat deur klimaatsverandering veroorsaak word, het nuwe navorsing bevind.

Drie tropiese siklone en twee tropiese storms het suidoos-Afrika binne die eerste ses weke van die jaar getref. Dit het grootskaalse oorstromings veroorsaak.

Meer as een miljoen mense is geraak en minstens 230 mense is dood.

Die ontleding deur die World Weather Attribution Network (WWA), ʼn netwerk van wetenskaplikes, het baanbrekerswerk gedoen om uiterste weerstoestande vinnig aan klimaatsverandering te koppel.

Die navorsers sê dit was klimaatsverandering wat die reën tydens die opeenvolgende storms soveel swaarder en meer waarskynlik gemaak het.

“Ons sien weereens hoe diegene wat die minste verantwoordelik vir klimaatsverandering is, die swaarste las daarvan dra,” sê WWA-medestigter Friederike Otto, verbonde aan die Grantham-instituut in Londen.

Nadat tropiese storm Ana die streek in Januarie getref het, het tropiese sikloon Batsirai Madagaskar vroeg in Februarie getref. Dit is vinnig opgevolg deur tropiese storm Dumako en tropiese siklone Emnati en Gombe.

Wetenskaplikes het weerwaarnemings en rekenaarsimulasies gebruik om die reënvalpatrone van die huidige klimaat te vergelyk met dié voor die nywerheidsrewolusie – en aardverwarming.

Hulle het op die twee natste tydperke gefokus: tydens Ana in Malawi en Mosambiek en tydens Batsirai in Madagaskar.

“In albei gevalle het die uitslae gewys dat die reënval wat met die storms verband hou, vererger is deur klimaatsverandering en dat voorvalle van uiterste reënval soos dié meer gereeld voorkom,” het die navorsers bevind.

Dit stem ooreen met ander navorsing wat daarop dui dat aardverwarming die voorkoms en intensiteit van reën kan verhoog.

Te min data

‘n Ontwortelde boom lê in ‘n straat nadat sikloon Gombe dele van Mosambiek getref het. (Foto: Alfredo Zuniga/AFP)

Die wetenskaplikes kon egter nie vasstel hoe klimaatsverandering die uiterste weersomstandighede beïnvloed nie, weens ʼn gebrek aan akkurate geskiedkundige reënvalrekords vir die streek.

Dit is veral kommerwekkend in armer lande, wat meer kwesbaar is vir die uitwerking van klimaatsverandering.

Izidine Pinto, verbonde aan die Universiteit van Kaapstad, sê dit is uiters belangrik dat wetenskaphulpbronne in Afrika en ander dele in die Suidelike Halfrond versterk word, sodat daar ʼn beter begrip is van uiterste weerstoestande – en hoe om kwesbare mense te help om hulle beter daarop voor te berei.

Uit die 23 weerstasies in die geraakte deel van Mosambiek, het net vier betreklik volledige rekords wat tot 1981 terugdateer. In Madagaskar en Malawi is daar geen weerstasies met geskikte data nie.

Madagaskar, een van die armste lande ter wêreld, word ook geteister deur droogtes in sy suidelike streek, wat lei tot wanvoeding en hongersnood op plekke.

In Desember het die WWA gesê aardverwarming het slegs ʼn minimale rol in daardie krisis gespeel, teenstrydig met ʼn beskrywing van die Verenigde Nasies wat dit as ʼn “klimaatsveranderingshongersnood” bestempel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Robert ·

Snap! Hulle vergeet dat die Son die dryfveer van klimaat is.

Hennie ·

Regtig? Alles is klimaarsverandering se skuld… Wat van net ‘n baie nat seisoen…nee, dit kan nie wees nie, dis omdat die klimast verander…

Henry ·

Hoekom word Port Elizabeth uitgesluit met al die reen. Sorry vandat P E se naam verander is het ons droogtes. Ons damme is leeg slegs 15 persent.

domheks ·

Is dit nie dalk OOM JAN VAN RIEBEECK se skuld nie? Niks is net van die NATUUR af nie?

Hendrik ·

Verduidelik ook van 1934 en 1974 se vloede en se ons iets van 1933 se verwoestende droogte sowel as die uitmergelende droogte van 2020 en 21.

Johann101 ·

Die is die grootste klomp bulldust wat nog kwyt geraak is… hierdie toeskrywing van ons baie reën a.g.v klimaatsverandering is niks anders as mens se gepeuter met natuur nie…
Stuur net vliegtuie op & spuit chemicals in die lug wat help dat dit reën… dit word gedoen om ons te vertel dat ons met ‘n klimaatskrisis sit…
Dit is in die 70’s & 80’s gedoen & nou weer op ‘n veel groter skaal reg oor die wêreld tergelyke tyd…

Johann101 ·

Ja, want hulle belieg almal reg oor die wêreld… Hul word voorgesê way om in hul bevindings te skryf…

Pieter ·

Die agtergeblewenes kan nie eers doodgewone weerdata soos reënval en temperatuur aanteken nie. Dan moet hulle maar swaarkry.

Treurwilger ·

Friederike Otto en kie. moet dan maar in simpatie hul goedjies pak en in Mosambiek of iewers gaan woon.
Totdat die weeklaers in die weste nie hul luukshede prysgee nie, is “klimaatsverandering” nie só erg nie.

Vettiemaragartos ·

Klimaatsverandering se dinges! Mense wil vir die natuur voorskryf hoe die natuur moet reagteer en dit kan nie gebeur nie. Verder bou die ontwikkelaars in die 50 jaar en 100 jaar vloedlyne en dit word deur die stadsrade goedgekeur omdat die mense met kennis weggejaag is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.