Kobani dalk beveilig teen IS

'n Groep Koerdiese betogers beset die Tweede Kamer van die Nederlandse parlement op 6 Oktober 2014 Foto: Al Jazeera (EPA)

‘n Groep Koerdiese betogers beset die Tweede Kamer van die Nederlandse parlement op 6 Oktober 2014 Foto: Al Jazeera (EPA)

Dit lyk of die oorwegend Koerdiese stad Kobani, in die noorde van Sirië, selfs sonder die hulp van grondtroepe doeltreffend teen die oprukkende IS kan uithou.

Gerugsteun deur lugaanvalle van veral die VSA op IS-teikens binne en buite die stad, kon die Koerdiese verdedigers die IS plek-plek terugdryf. Swaar wapentuig is gebuit.

‘n Woordvoerder van een van die Koerdiese groepe, Saleh Muslim, het aan ’n Turkse koerant gesê tenkafweertoerusting behoort voldoende te wees om die IS af te slaan. Hy het egter ook aangedui dat die Turke eintlik die IS ondersteun, deur te beweer die IS is in Istanbul gesetel, en moet eers daar vasgevat word voor die IS verslaan kan word. Turkye beskou die Koerdiese terreurgroepe, die PKK en YPG as ’n groter gevaar vir sy eie veiligheid as die IS.

Turkye het wel intussen, volgens die VSA, ingestem dat Turkse basisse teen die IS gebruik kan word. Min besonderhede is egter nog bekend.

Vroeër het die Christian Science Monitor berig dat groot druk op Turkye uitgeoefen is om toe te laat dat wapens vanuit dié land na die verdedigers van Kobani gestuur kan word.

Lees meer in Trouw  hier en hier en in die Christian Science Monitor.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.