Koebaai Covid, hallo Broadway!

Mense staan in rye om Broadway-teaterproduksies te kyk (Foto: Timothy Clary, AFP)

Broadway-teaterproduksies in New York keer ná ʼn lang stilte terug met van die grootste musiekspele wat vir eindelose vermaak sal sorg. Broadway-produksies is vir byna 18 maande tot ʼn halt gebring weens die Covid-19-pandemie.

Teaterliefhebbers stroom egter die afgelope paar weke weer na teaters in New York om na bekende teaterproduksies soos Hamilton, Wicked, The Lion King en Chicago te kyk.

Broadway-teaters word van Dinsdag af geleidelik weer heropen.

Die enigste voorwaarde is dat die gehoor, akteurs en teaterpersoneel ingeënt moet wees om toegang tot die teater te verkry. Mense in die gehoor moet ook tydens die vertoning ʼn masker dra.

Teaterliefhebbers het gesê dat hulle veilig voel om na binnenshuise teateroptredes terug te keer in die wete dat almal ingeënt is.

“Enigiemand wat nie ʼn masker dra, nie word uit die teater geskop,” het die 18-jarige Maddy Milanoski, gesê. Sy en haar ma, Jenni, het die hele ent van Boston gereis om na Hamilton te kyk.

Die 65-jarige Angela Mecca sê sy voel gemaklik daarmee om ʼn teaterproduksie by te woon omdat almal rondom haar ingeënt is.

Voor die Covid-19-pandemie was daar altesaam 31 Broadway-vertonings per week en ongeveer $ 33 miljoen (4,7 miljard) is daaruit verdien.

Die heropening van teaters is ʼn groot verligting vir die vermaakbedryf. Amptenare en teaters is vol vertroue dat inwoners van New York en toeriste desperaat is om weer teater te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Gerhard

Sooooooooooo……..al is jy ingeent, selfs al is AL die teatergangers ingeent, moet hulle steeds maskers dra…..so, dan is ek seker net stupid of iets, maar wat beteken die hele inent debakel dan nou eintlik?