ʼn Man is in hegtenis geneem toe twee werknemers mekaar met hul rekenaarsleutelborde in ʼn kantoor aangeval het.
Die polisie in Manchester in die Verenigde Koninkryk is Maandag omstreeks 12:45 ontbied toe ʼn bakleiery uitgebreek het in ʼn raadsaal by ʼn kantoorgebou in die middestad, het die Manchester Evening News berig.
Die werknemers het mekaar glo met hul sleutelborde geslaan. Die polisie het ʼn man in hegtenis geneem op aanklag van aanranding. Hy bly in aanhouding.
Talle humoristiese aanmerkings het gevolg ná die Greater Manchester-polisie die voorval op sy Twitter-rekening bevestig het. Een van die gebruikers het geskryf: “Here’s hoping you’ve soon got them under Ctrl, and brought their scrapping to an Alt. Don’t let them Escape.”
Beste nuus van die dag?
Control Alt en Delete…reboot….goeie storie!!!
Ek het ook al gevoel ek kom iemand by in die kantoor.
Dis nou lekker storie om die dag mee te begin..
Seker nie geweet waar voor die sleutelborde is nie.
Iemand het erens op sy knoppies gedruk.
Nie padwoede, maar kantoorwoede.
Ek hoop die staat het ‘n sleutelgetuie.
Eish! ek voel die pyn vd keyboards, wat het hulle dan gedoen om so deur te loop???
Ai mense enige iets net om mekaar te kan bykom! ahhh neeeeeee ahhhh!
en hoekom is dit nuus??
Sodat ons ‘n glimlag kan deel???? Daar is genoeg dood en moordslag – hoekom nie ‘n glimlag storie ook deel nie……..
Hoekom mekaar dan nie maar liewer met die muise gooii nie? Die skade sou minder gewees het!
SAUK sou hierdie ook ge DEL het.
Nie voor die skade ge-“photoshop” is nie
Daardie vlieënde alfabet was internationaal verstaan. Wonder wat die ou wat gemoker was, gedoen het? Seker die slaner uitgetart? Straf: Pen en papier vir ‘n jaar gebruik…
Yes but, no but, yes but.