Komende komeet toe al die tyd twee

DubbelkomeetDie beoogde landing op ‘n komeet op 11 November het skielik veel ingewikkelder geword toe foto’s van die naderende Rosetta-tuig onthul het dat die komeet twee koppe het wat aanmekaar vassit.

Rosetta neem die Philae-landingstuig na die komeet Churymov-Gerasimenko, wat nou blyk heel gepas, ‘n dubbeldoor naam te hê. Die gesamentlike grootte van die komeet is sowat 4 kilometer by 3,5 kilometer. Dit sal die eerste keer wees dat ‘n aardtuig op ‘n komeet land.

Dit blyk dat dubbel-komete nie skaars is nie. Drie uit die vyf komete waarby die Europese Ruimteagentskap verbygevlieg het was dubbel-komete. Rosetta is reeds tien jaar gelede gelanseer om uiteindelik die landing deur sy landingstuig te kan uitvoer.

Klik hier en hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.