Kommer groei ná bombardering van Oekraïense dam

Massas water het Dinsdagoggend uit die beskadigde dam gevloei. (Foto: Twitter)

Die Russiese weermag word weer van oorlogsmisdaad beskuldig nadat ’n belangrike dam in Oekraïne Dinsdagoggend gebombardeer is.

Die dam is in Nova Kakhofka in die Russiese besette streek van Cherson in die suide van Oekraïne geleë. Die dam word gebruik vir afkoeling van die Zaporizhzhia-kernkragsentrale, Europa se grootste, wat sowat 150 km daarvandaan geleë is.

Massas water vloei sedert vanoggend uit die beskadigde dam terwyl kommer oor die veiligheid van die kernkragsentrale toeneem.

Talle inwoners van Nova Kakhofka moes intussen noodgedwonge die gebied weens stygende vloedwater verlaat.

“Ek is geskok deur die ongekende aanval op die Nova Kakhofka-dam. Die vernietiging van burgerlike infrastruktuur kwalifiseer duidelik as ʼn oorlogsmisdaad – en ons sal Rusland en sy gevolmagtigdes aanspreeklik hou,” was Charles Michel, president van die EU-raad, se reaksie op die voorval.

Rusland beskuldig Oekraïense magte egter daarvan dat hulle self die dam opgeblaas het.

Wladimir Leontyef, die burgemeester van die dorp Nova Kakhofka waar die dam geleë is, het intussen gesê die inwoners van “sowat 300 huise” moes vanoggend die gebied verlaat.

Die hoof van die Russiese besette Zaporizhzhia-kernkragsentrale het intussen gesê die vloedwater hou tans “geen veiligheidsbedreiging” vir die fasiliteit in nie en het sy versekering gegee dat personeel die situasie onder beheer het.

“Die watervlak in die verkoelingsdam het nie verander nie,” het Yuri Chernichuk volgehou.

Die Zaporizhzhia-kernkragsentrale maak staat op die Kakhofka-reservoir. Chernichuk het verduidelik dat die water wat die kernbrandstofpoele verkoel, in ʼn geslote stroombaan vloei wat nie regstreekse kontak met die buite-omgewing en die water van die reservoir het nie.

‘n Gedeeltelik oorstroomde gebied van Cherson. (Foto: Sergiy Dollar / AFP)

Hy het gesê die water kan opgevul word met “water uit die Kakhofka-reservoir of met verskeie alternatiewe bronne”.

Oekraïne – wat in 1986 onder die verwoestende Tsjernobil-kernramp gely het – is egter bekommerd.

“Die wêreld bevind hom weer op die rand van ʼn kernramp, want die Zaporizhzhia-kernkragsentrale het sy bron van verkoeling verloor,” het die Oekraïense presidensiële assistent, Mykhailo Podolyak, gesê.

Die Oekraïense kernoperateur Energoatom het Dinsdag gesê die watervlak van die Kakhofka-reservoir is “vinnig aan die afneem, wat ʼn bykomende bedreiging inhou vir die tydelik besette Zaporizhzhia-kernkragsentrale”.

Die Oekraïense president Wolodimir Zelenski het die Russiese magte vanoggend as “terroriste” bestempel.

“Die vernietiging van die Kakhofka-hidroëlektriese‑ kragsentraledam bevestig net vir die hele wêreld dat hulle uit elke uithoek van die Oekraïense land verdryf moet word,” het die president in ’n twiet gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Carl ·

Maar steeds sal die ANC Rusland ondersteun. En nou wil Sirrel kastig ‘backtrack’ en ons naam probeer red. Foeitog – soos alles , te min te laat!

Dirk ·

Ja want kommuniste en fasciste soek sy soort. Dit is hoekom die ANC en EFF so lief is vir Putin. Die ANC en EFF se aksies rondom hierdie oorlog wat Rusland begin het gaan ons land net nog verder deur die modder sleep.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy moet dalk liewer emigreer na Amerika. Binnekort gaan dit wemel van Russe en Chinese.

Nettie ·

LOL Republikein. Jy’s een van die min wat die nabye toekoms so akkuraat voorspel. Arme Amerika weet nie wat wag vir hulle nie. Maar so ook nie SA of Europa nie. Of die hele wereld nie…

Sandra ·

En Suid Afrika wil Poetin hiernatoe laat kom? Met dit kan mens dink dat Suid Afrika sy doen en late goedkeur. Ek het die naweek die storie van die man met sy 4 honde gekyk wat uit Oekraine moes vlug. Die vrees wat die mense wat daar bly moet deurmaak is skrikwekkend.

Gaitsigubib ·

Propaganda werk aan twee kante. Julle het mos geglo dat Rusland sy eie infrastruktuur by Noordstoom opgeblaas het. Nou glo julle weer dat hy sy eie vier provinsies in die ooste van Oekraine bombardeer, nadat die mense vir Rusland gestem het in die referendum. Hoeveel westerse media is by Donetsk? Ek antwoor jou sommer: “hulle is nie daar om te berig wie wel verantwoordelik is vir oorlogsmisdade nie”. Ek verstom my oor hoe mense kante kies op grond van een TV kanaal se propaganda gemors.

Dirk ·

Jy staar jouself duidelik net so blind aan al die propaganda van Rusland. Al daardie kamstige verkiesings was bewys dat dit nie geldig was nie as gevolg van Russiese korrupsie. Daar is genoeg nuus van ander nuus bronne wat die waarheid wys. Die Suid Afrikaners wat Rusland glo moet hul kop laat lees. Ek het nie kant gekies oor een TV kanaal nie, maar duidelik is jou FOX news, woord van Trump, die ANC en EFF meer as genoeg om ‘n massa moordenaar te glo as die onskuldige mense in Oekraine.

Gaitsigubib ·

Ek het gedink ek se daar is propaganda aan albei kante ………en die uwe kyk beslis net een TV nuus kanaal afgesien van SABC 2.

R ·

Dankie tog dat hier mense is soos jy. Ek is nuut hier – eintlik ‘n gereelde leser en leweraar van kommentaar op RT.
Die naïviteit van my mede “Afrikaner” laat my wens ek was eerder ‘n Rus of Belorussian.
Geen wonder dat 67% van hierdie land se blankes die land weggestem het in 1992 en vir die ANC gegee het nie.

Manie ·

Hoe regverdig die wêreld die VSA se kernbomme op Hiroshima en Nagasaki?

Fluisterwind ·

1.Die primêre argument is dat die beëindig van die oorlog lewens red teenoor langdurige konflik. 2.Vergelding en afskrikking vir die aanval op Pearl Harbor. 3.Die bomaanvalle is ook geregverdig op grond van die oortuiging dat dit die vernietigende krag van kernwapens gedemonstreer het, wat toekomstige konflikte moontlik afskrik en vrede bevorder deur vrees vir soortgelyke vernietiging.

Rose ·

As die VSA dit nie gedoen het nie, dan het ons nou Chinese gepraat. Rusland onderdruk sy EIE volk met geweld, en terwyl die stinkrykes in weelde lewe kripeer die res…klink dit bekend? Mens noem dit kommunisme.

Goldy ·

Praat eerder chinees as om geen sê te he in die huidige liberale draai wat die wereld ons ingevat het.

Manie ·

Die VSA het Japan gebombardeer, nie vir China nie. Japan is ‘n rustige, skoon en gedissiplineerde land.

Elma ·

Niemand regverdig dit nie, en dit was ook nooit regverdig nie, maar dis nie juis van toepassing op die oorlog teen Oekranie nie. Dis ver in die verlede.

Republikein in die Wes Kaap ·

Rusland beheer die Zaporizhzhia-kernkragsentrale. Dis Orkraïne se werk. Hulle het die “oorlog” verloor.

Brandt ·

As Rusland dit gedoen het sou hulle dit behoorlik gedoen het. Die dam is dan in hulle area. En die kragsentrale.

andre ·

Oekraine en die NATO lande(onder Biden se invloed) het die oorlog verloor.Sanksies het Rusland,China en Indie net sterker gemaak.

A ·

Ek kannie wag om te hoor hoe van die Poeptin aanhangers hoe, om damme op te blaas en kindertjies te ontvoer, eintlik goed is nie.

Vat so globliste! Rusland mag dit doen want 80 jaar gelede het Hiroshima gebeur.

Elma ·

Wat beteken “hulle sal aanspreeklik gehou word”? Hoeveel oorlogmisdade HET Putin al gepleeg, maar steeds word hy toegelaat om aan te gaan daarmee. So hou hom verantwoordelik, asb, dit help duidelik.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wie sê Zelinski en Poetin is nie kop in een mus nie? Blykbaar kan Zelinski nie eens behoorlik Oektraïens praat nie.

andre ·

As jy die Westers beheerde media glo,sal jy hierdie tipe uitlatings maak.Bestudeer n bietjie die lot van die Russies sprekende bevolking in Oekraine ,en daar is baie van hulle

Gaitsigubib ·

Laas het Zelensky nog gegil dat Rusland Pole met bomme bestook tot mens duidelik op lugafweer fragmente hul eie weermag se oorsprong kon bepaal. Hierdie valsnuus was eers deur CNN beaam en toe erken. Ek wonder wie het hierdie keer werklik die dam (in ‘n Russiese provinsie in die Ooste of op die grens daarvan) gebom het? Terwyl niemand verantwoordelikheid sal vat nie, begin die risiko vir n katastrofe net groter word by die dag. Mens moet n idioot wees as jy hierdie konflik verder wil eskaleer.

Marthinus W ·

Dit maak nie sin vir Rusland om so iets te doen nie. Hulle het ook nie n geskiedenis – die afgelope twee dekades – dat hulle sulke dinge doen nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

En die Russies beheerde Krim ontvang ook water van die dam.

Misky ·

Met al daai geboue, fabrieke en wonings moet daar tog sekerlik CCTV kameras of een of ander beeldmateriaal te wees. Sal graag wil sien wie regtig die knoppie gedruk het….

Nettie ·

Russe beskuldig UKR en UKR beskuldig Rusland.
Beide die Ooste EN die Weste het gewag vir ‘n eskalasie. Dis sopas geskep.
Nou kan albei sê: “Omdat hulle abc gedoen het, kan ons nou xyz doen.”
Maak julle reg, hierdie was die begin van groter dinge.

Gaitsigubib ·

Nie heeltemal nie (albei se skuld) Nettie, want Poetin het al n paar kere gevra vir samesprekings. Die Weste het dit duidelik gemaak dat hul Poetin wil “vervang”. Hulle wil veg tot hulle n “puppet” regering in Rusland kan kry. Ek kan dit nie maklik sien gebeur nie.

annie ·

Zelensky probeer die Weste so er kry om fisies betrokke te raak. Hy blaas infrastruktuur op en beskuldig Rusland daarvan. Hy wens WW3 begin.

Kobie ·

Hoe baat Zeleksky deur WW3 te begin? Dink voor jy sulke gemors kwyt raak.

Marthinus W ·

Nikki Haley, wat ook wil staan vir prez, het die afgelope week gese dat indien Oekraine die oorlog sou verloor, daar n WW3 sal wees. Dis een manier vir Amerika om uit hulle skuld te kom. Ek wonder of daar nog enige goud in Fort Knox is.

KAIROS ·

komunis , bly maar n komunis, ANC en Rusland het dieselfde mentaliteit. Gelukkig is daar die wat teen hulle opstaan

Gert ·

Hier is n slang in die gras. Ek het nou al meer as een keer gehoor dat Oekranie self binnelands terreur verooraak om die haat vir Rusland aan te vuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.