Kommer oor groot aardbewing in Suid-Kalifornië

'n Lugfoto van die San Andreas-verskuiwingsvlak. Foto: Wikipedia

‘n Lugfoto van die San Andreas-verskuiwingsvlak. Foto: Wikipedia

’n Groep seismoloë het voorspel dat die suide van Kalifornië moontlik vandag deur ’n groot aardbewing van 7 of sterker op die momentmagnitudeskaal getref kon word.

Dit volg nadat ʼn “swerm” aardbewings, waarvan sommige meer as ’n sterkte van 4 gemeet het, die afgelope paar dae naby die San Andreas-verskuiwingsvlak voorgekom het, berig die Christian Science Monitor.

Volgens ’n berig in die Los Angeles Times is die gevaar egter reeds min of meer verby.

Die Amerikaanse Seismologiese en Geologiese Opnamesentrum (USGS) beraam die waarskynlikheid vandag op een persent, aansienlik hoër as die “normale verwagting” van een teen 6 000 dat dit op enige gegewe dag kan voorkom. Indien die grote nie vandag toeslaan nie, neem die waarskynlikheid vinnig af dat dit nou sal voorkom, sodat die kanse teen die naweek weer “normaal” sal wees.

In Maart vanjaar is bepaal dat die San Andreas “volgelaai” en “oorgehaal” is om die uitstaande grote te laat plaasvind.

Agt jaar gelede is bereken dat as ’n skudding van 7,8 ontstaan waar die swerm nou voorgekom het, dit sowat 1 200 lewens sal eis en skade van $200 miljard aanrig.

Daar word reeds sedert 2013 voorberei vir die moontlikheid van ʼn groot aardbewing. ʼn Spesiale span mense is sedertdien besig om ʼn militêre reaksieplan saam te stel. Die plan behels onder meer talle vragvliegtuie, helikopters en skepe sowel as duisende soldate, polisiebeamptes, brandbestryders, mediese personeel en ander kenners.

Christian Science Monitor

Los Angeles Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hendrik ·

Dit is vermy nogal interresant dat mense nog steeds in stede/dorpe bly waar daar so groot kans is hierdie skaal van aartbewings.

jaco ·

El sal eerder daar in Kalifornië bly as in SA met misdaad ELKE dag, n tuimelende ekonomie, regstellende aksie teen wit mense, useless polisie, swak munisipale dienslewering ens ens.

Reinhardt ·

Ek is so bly dat jy die term “verskuiwingsvlak” gebruik het en nie “foutlyn” nie. Dit wys jy ken jou akademiese termonologie.

Lou ·

Ek hou baie meer van Richterskaal. As ‘n Foxterier daai “momentmagnitudeskaal” inkry sal hy verstik. Dankie – ek hou van die berig.

John ·

Dis pragtige geil wereld daardie. Daar heers nog die heerlike onbesonne atmosfeer van die 1960’s, maar die nimmer eindigende brande en die afgelope kwaai droogte het dele suid van San Francisco erg geknou. Die inwoners is gewoond aan die bedreiging en die waarskuwings-netwerke vir aardbewings, maar besoekers voel soos mense op vakansie wat in die see baljaar met ‘n haai in hul midde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.