Kommer oor Rusland se afwesigheid by kern-vergadering

Die groep leiers tydens die Kernveiligheidsberaad in 2014 in Den Haag, Nederland Foto: https://www.nss2014.com/en

Die groep leiers tydens die Kernveiligheidsberaad in 2014 in Den Haag, Nederland Foto: https://www.nss2014.com/en

Kommer bestaan dat die vordering wat die afgelope 20 jaar in gesprekke tussen die VSA en Rusland oor kernwapens gemaak is, deels ongedaan gemaak kan wees nadat Rusland nie by ’n belangrike vergadering opgedaag het nie.

Die vergadering is ’n beplannings- en voorbereidingsvergadering van die Kernveiligheidsberaad 2016 (Nuclear Security Summit of NSS2016). Die vergadering vind oor die volgende paar dae in Washington plaas.

Dit word deur al die erkende kernmoondhede bygewoon, en Rusland, wat naas die VSA die grootste kernarsenaal se afwesigheid word as ’n dwarsklap vertolk.Die VSA en die Weste se kritiek op die Russiese betrokkenheid in die Oekraïne word as waarskynlike rede voorgehou. Dit is egter nie duidelik of die Russe se stokkiesdraaiery beteken dat dié land ook die beraad self in 2016 gaan boikot nie.

Die 2016-beraad is daarop afgestem om te verseker dat terroriste nie wapengraad-kernmateriaal in die hande kry nie.

Die NSS word as Obama se persoonlike troetelskapie beskou omdat hy in 2016 moet uittree, en graag wil hê dat die wêreld hom moet onthou as ’n president wat die wêreld as ‘n beter plek agtergelaat het, as wat hy dit gekry het.

Bronne: Trouw, The Guardian, Fox News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fanie Maritz ·

Die Meeste persone van die Russiese afvaardiging val onder die sanksies wat die VSA en EU op persone in Rusland ingestel het. Hulle is dus verbied om die VSA te besoek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.