Twee mans is in hegtenis geneem en sal Woensdag in ʼn hof in Londen verskyn nadat aanklagte teen hulle aanhangig gemaak is wat verband hou met ʼn beweerde komplot om Theresa May, premier van Brittanje, te vermoor.
Naa’imur Zakariyah Rahman (20) en Mohammed Aqib Imran (21) is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ʼn bom wat in ʼn sak versteek was, wou gebruik om die deur van 1 Downing Street oop te blaas en dan in die chaos wat ná die ontploffing sou volg May met messe aanval.
Die Londense metropolisie het die inhegtenisnemings in ʼn amptelike verklaring bevestig, maar nie die mans se beplande slagoffer genoem nie.
Andrew Parker, die hoof van MI5, Brittanje se binnelandse intelligensieagentskap, het kabinetministers Dinsdag omtrent die beweerde komplot ingelig. Volgens Sky News het Scotland Yard, MI5 en die West Midlands-polisie inligting oor dié komplot al vir die afgelope paar weke opgevolg.
Brittanje het vanjaar gebuk gegaan onder vyf terreur-aanvalle in Londen en Manchester, waarin altesaam 36 mense dood is.
May se woordvoerder het vroeër Dinsdag gesê Brittanje het al nege komplotte in die afgelope 12 maande in die wiele gery.
SY BLY MOS NIE IN 1 DOWNING STRAAT NIE SY BLY IN NO 10
Wicus, ek dink jy is reg, 10 nie 1 nie…
Ons is nie al met probleme nie. Eintlik het ons net een probleem..
Kan nie minder omgee nie.
Probleme is wanneer mense net vir self omgee.