Die vyandige partye het volgens die Verenigde Nasies (VN) ooreengekom op die saamstel van ʼn nuwe eenheidsregering nadat daar maande lank gesprekke tussen die partye gevoer is.
Bernardino León, die VN se bemiddelaar, het aangekondig dat die nuwe premier-president van Libië Fajis Sarradsch is. Drie verteenwoordigers van Sarradsch sal die ooste, weste en die suide van die land regeer. As verdere ondersteuning sal twee ministers ook aangestel word. Nou moet die twee politieke magte van Libië self hul kandidate kies.
Hierdie stap is om die olieryke land, wat in chaos verval het, weer te stabiliseer. Tot nou toe het ʼn Islamitiese regering in Tripoli regeer en die internasionaal erkende regering in die ooste van die land met Tobruk as hoofkwartier.
Wonder net wie se keuse die,was dit VN sin? Hoekom verbaas dit my dan nog druk hul neuse orals in. Dit sal ook nie werk nie.
Net soos jy daar se Christa.