Konfrontasie tussen Zelensky, Russiese diplomate dreig by VN

Oekraïne se pres. Wolodimir Zelensky Dinsdag by die VN in New York. (Foto: Jim Watson/AFP)

Oekraïne se pres. Wolodimir Zelensky sal Woensdag vir die eerste keer van aangesig tot aangesig voor top- Russiese diplomate te staan kom sedert sy land verlede jaar binnegeval is. Die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad vergader Woensdag en die slagordes is opgestel vir ʼn potensieel dramatiese vergadering.

Zelensky het na New York gereis vir die jaarlikse Algemene Vergadering van die VN. Hy het Dinsdag ʼn toespraak daar gelewer in sy kenmerkende kamoefleerdrag en het by die wêreld gepleit om teen Rusland op te staan.

Woensdag sal hy ʼn spesiale sitting van die magtige Veiligheidsraad oor die oorlog toespreek. Rusland is ʼn permanente lid van die Veiligheidsraad en het veto-regte teen enige besluite.

Sergei Lavrov, Rusland se minister van buitelandse sake, het ook Dinsdag in New York aangekom, met staatsmedia wat sê hy het ʼn sirkelroete gevlieg om die Europese lugruim te vermy.

Dit is onduidelik of Rusland se topdiplomaat – self ʼn voormalige VN-ambassadeur – die sitting van die Veiligheidsraad gaan bywoon en Zelensky in die oë gaan kyk.

Die moontlik plofbare situasie “kan een van daardie ikoniese VN-oomblikke skep”, sê Marti Flacks, ʼn kenner verbonde aan die Sentrum vir Strategiese en Internasionale Studies in Washington.

Twee ander permanente lede, die VSA en Frankryk, sal deur hul eie topdiplomate verteenwoordig word: die minister van buitelandse sake, Anthony Blinken, en sy eweknie Catherine Colonna.

Albanië, ʼn stoere ondersteuner van Oekraïne, is die huidige president van die Veiligheidsraad en het ingestem tot toespraak-tydgleuwe vir ʼn enorme 60 verteenwoordigers, luidens ʼn sakelys wat AFP gesien het.

Dit sal mees direkte ontmoeting tussen Rusland en Oekraïne wees sedert Rusland sy buurland in Februarie verlede jaar binnegeval het.

Wladimir Poetin, die Russiese president wat selde na die VN reis, woon ook nie vanjaar dié vergadering by nie. Hy het ook ander hoëvlak diplomatieke vergaderings vermy, terwyl Westerse lande hom probeer isoleer, en ʼn lasbrief van die Internasionale Strafhof vir sy inhegtenisneming hom in die gesig staar.

Vra wêreld se steun

Die Russiese president Wladimir Poetin woon selde VN-vergaderings by. (Argieffoto: GCIS)

Zelensky het Dinsdag gesê Rusland se deportasie van Oekraïense kinders – wat gelei het tot die lasbrief teen Poetin – is ʼn vorm van “volksmoord”.

Zelensky voer aan die oorlog is in breë wêreldbelang, omdat Rusland kos en energie in ʼn wapen verander het. Dit sluit in die opskorting van ʼn VN-gesteunde ooreenkoms wat toelaat dat Oekraïense graan veilig deur die Swartsee vaar.

“Vir die eerste keer in die moderne geskiedenis het ons die kans om die aggressie te beëindig op voorwaarde van die land wat aangeval is,” het Zelensky gesê in ʼn toespraak wat met applous, gelei deur Westerse nasies, begroet is. Elders was talle ander sitplekke egter leeg.

Pres. Joe Biden van die VSA het in sy eie toespraak Dinsdag gewaarsku dat Poetin wil hê die wêreld moet “moeg raak” om Oekraïne te ondersteun.

“As ons toelaat dat Oekraïne opgedeel word, is die onafhanklikheid van enige ander land veilig?” het Biden gevra.

“Ons moet vandag opstaan teen hierdie duidelike aggressie om diegene wat môre aggressors probeer wees, af te skrik.”

Olaf Scholz, die Duitse kanselier, sê die wêreld moet betrokke wees omdat die oorlog “ondraaglike gevolge” vir almal inhou. Maar hy het ook ʼn waarskuwing gerig oor Russies-gesteunde oproepe om die oorlog op Russiese voorwaardes te beëindig deur gedeeltes van Oekraïense grondgebied te behou.

“Ons moet waak teen valse oplossing wat slegs in naam vrede beteken,” sê Scholz.

“Laat ons nie vergeet dat Rusland verantwoordelik is vir hierdie oorlog nie. En dit is Rusland se president wat dit in enige stadium met ʼn enkele bevel kan beëindig.”

Sommige ontwikkelende lande is egter krities oor die aandag wat aan Oekraïne gegee word. Die land het net van die VSA al sowat $43 miljard in militêre hulp ontvang.

“Dit is ʼn ernstige aanklag teen die internasionale gemeenskap dat ons soveel op oorlog kan bestee, maar nie optrede kan ondersteun wat aan die basiese behoeftes van miljarde mense kan voldoen nie,” het Suid-Afrika se pres. Cyril Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Nommer 7 ·

Is dit u persoonlike mening, of word u deur een of ander messias beinvloed.

Hendrik ·

Indien hd vraagstuk selfs nie in hd hoe vergadering opgelos kan word nie staar n 3de wereld ons in die oe. In bepaalde sin toon dit alreeds kenmerke van n 3de wo wat in Oekrainegebied afspeel,want hoeveel lande is alreeds hierby betrokke en negatiewe ekonomiese gevolge is reeds wereldwyd.

JohanR ·

Poetin het iets begin vroeg 2022 wat hy gedink het sal binne twee weke gewen wees. En nou hier sit hy 20 maande later en weet nie mooi hoe om nou uit die ding uit te kom sonder om gesig te verloor nie. Wel Hitler het homself in ‘n bunker geskiet as dit sal help Mnr Poetin.

Nommer 7 ·

Met ongeveer 250,000 russiese soldate wat gesterf het. (Gebasseer op die 280,000 dapperheids sertifikate wat hy laat druk het om aan die families te gee).

andre ·

Syfers verskaf deur Westerse propaganda media.Pro Russiese statistiek is een Russiese Soldaat vir 13 Westerse soldate . Rusland is besig met n spesiale operasie en het tot op datum nog nie oorlog verklaar nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit was na ses jaar se oorlog. Daar lê nog ‘n lang pad voor vir skutter Zelenski.

Manie ·

Rusland doen nie te sleg teen die res van die wêreld nie. Het die ge-allieerdes al bekendgemaak hoeveel van hulle gesneuwel het?

Andrew ·

Anders as hitler het hy kommunistiese buurlande en invloed wereldwyd wat duidelik nie volgens die kolonieste se poppe dans nie.Nog nie heeltemal in n bunker nie.

Marius ·

Zelensky, Biden is die Hitler waarna jy behoort te verwys. Moenie blind wees vir die westerse se media nie. Poetin, gee tyd want hy weet dat die Ukraine familie is van Rusland. Hy wil nie oorlog he nie maar was gedwing om op te tree.. Ukraine voor die oorlog was bestempel as n “sespool” van d Weste.

Carolina ·

So bly om te sien daar is mense wat nie die hoof stroom media se propaganda snert te volg nie!

Johann ·

Intussen loop die bakhand bedelaar ANC anargiste daar rond en ondersteun hulle kameraad die massa moordenaar.

Oom Charles ·

Tog verbasend om te sien hoeveel napratery in hierdie debat bestaan. Wesduitsland se Genscher en die VSA staatsekretaris James Baker het Gorbachev in 1990 hand en mond beloof om NAVO geen duim verder ooswaarts uit te brei nie. Grootskaalse ontkenning en doublespeak lê nou die skuld vir die konflik voor Rutland se deur, terwyl die VSA, in wie se militêr-industriële kompleks se belang dit is om maar altyd iewers op die aardbodem ‘n gewapende stryd te ondersteun, saam met sy Europese militêre arm NAVO, die eintlike spul is wat die pot bly roer.
Moenie altyd alles glo wat in die naam van die sogenaamde ‘vrye Weste’ gedoen of verkondig word nie.

Casper ·

Cyril,dit is persent van rekening nie jou geld nie en sê vir jou vriend Putin hy moet die oorlog beëindig Afrika leiers kon nie Afrika bou nie maar wel afbreek net soos jy met jou eie land maak en nou skreeu jy vir die Westerse lande vir geld.

Marius ·

Zelensky is n lafaard en westerse puppet. Voor die oorlog wat hy gewaarsku was oor die behandeling wat hy toepas in daardie provinsie deur Rusland het hy net voortgegaan. Die oorlog is nagevolge van die VSA. Gaan volg Redacted…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.