Koning Charles op staatsbesoek na Kenia

Koning Charles III en sy koningin-gemalin Camilla tydens die besoek aan York in die noorde van Engeland.

(Foto: James Glossop/AFP)

Brittanje se koning Charles III en sy vrou, koningin Camilla, sal aan die einde van Oktober ʼn staatsbesoek van vier dae aan Kenia bring, het Buckinghampaleis Woensdag bekend gemaak.

William Ruto, Kenia se president, het die koninklike egpaar vir die besoek genooi om die Afrika-nasie se 60 jaar van onafhanklikheid van Brittanje te vier.

“Die koning en koningin sal van Dinsdag 31 Oktober tot Vrydag 3 November ʼn staatsbesoek aan Kenia onderneem om die hartlike verhouding tussen die twee lande, sowel as die sterk en dinamiese vennootskap tussen hulle, te vier,” het die paleis gesê.

“Die koning en koningin sal Nairobi, Mombasa en omliggende gebiede besoek. Hul program sal weerspieël hoe die twee lande saamwerk aan ʼn reeks kwessies.

“Hulle het gewerk om welvaart ʼn hupstoot te gee, klimaatsverandering te pak, jeug- en werksgeleenthede te bevorder, volhoubare ontwikkeling te bevorder en ʼn meer stabiele en veilige streek te skep,” lui die verklaring.

Dit sal koning Charles III se eerste besoek aan ʼn Statebondland wees sedert hy verlede September monarg geword het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karoo ·

Is daar werklik nog plek vir Koninglikes, veral die Britte wat genoeg skade in Afrika en Suid Afrika aangerig het.

Nommer 7 ·

Ek sou se^ ja beslis. Dit hou die geskiedenis lewendig. Daar het Koning Charles dan op ‘n 1000 jaar oue stoel gesit met sy kroning, ongelooflik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.