Koningin Elizabeth kry dalk allemintige salarisverhoging

Koningin Elizabeth II saam met haar honde. Foto: Annie Leibovitz

Koningin Elizabeth II saam met haar honde. Foto: Annie Leibovitz

Koningin Elizabeth gaan moontlik teen 2017 meer as £45 miljoen (R901 miljoen) per jaar verdien.

Die koningin se inkomste word bereken as ʼn persentasie van die inkomste wat deur die Crown Estate, ʼn versameling van grond en maatskappye in die Verenigde Koninkryk, wat aan die Britse koningshuis behoort, verdien word.

Die Crown Estate het in sy jaarverslag aangedui dat hy die afgelope jaar amper £300 miljoen tot die Tesourie bygedra het. Indien die formule wat tans gebruik word nie verander word nie, beteken dit die koningin se salaris sal met 6,5% verhoog word. Dit sal ʼn verhoging van 57% wees teenoor die salaris wat sy in 2012 ontvang het.

Dit het ook aan die lig gekom dat die koningshuis Britse belastingbetalers in die 2015/16-boekjaar sowat £39 miljoen gekos het, met net minder as die helfte hiervan wat vir die instandhouding van koninklike huishoudings, soos Buckingham-paleis, aangewend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Louise ·

Nogsteeds goedkoper as Zuma. Die skade wat hy darem jaarliks aanrig…

Mpho ·

Hoe op des aarde kan so ou tante R2.4 miljoen per dag spandeer.

Sarie ·

Ja gewis minder as Zuma en sy is immers ‘n veer in die hoed vir haar nasies. Sy lewer honderd maal beter diens as wat ons kamma president lewer.

Loeis ·

Van watse diens praat jy, Sarie? Sy is ‘n simboliese staatshoof.

Daan ·

Wat kos ‘n bier in Engeland in Pond en in Rand? Dit is werklik verkeerd om altyd die verhooging in Rand uit te druk. Hulle koop hulle goed in Ponde en hulle kry Ponde en nie in Rande nie.

‘n Goeie Salaris in SA is R30,000.00 besef julle dat die arme man slegs 1500 Pond kry, dit is laer as jy dit vergelyk met die minimum lone is RSA.

Gee vir ons net die geldeenheid wat in daardie land gebruik word

Loeis ·

Jy maak ‘n goeie punt, dit is nie direk vergelykbaar nie.

Wat die artikel nalaat om te se is dat die publiek beide Buckingham Palace en Windsor Castle kan besoek, en dat dit in sigself baie geld verdien. Nie seker na wie daardie geld heen gaan nie, maar ek vermoed dat dit ‘n beter besoek as Nkandla is waarvoor uitgawes ook nie in Rande sin maak nie. Maar nou ja, wat mense saai, is wat hulle maai.

Paul ·

Die koningshuis kos die Britse belastingbetalers niks nie. Die geld wat die koningshuis vanuit hul besittings (dis wat die “Crown Estate” is) betaal aan die Britse regering is deurgaans etlike veelvoude meer as wat as “salaris” en ander kostes bestee word. Hierde reëling dateer uit die dae van George III toe hy die inkomste uit sy besittings aan die regering oorgedra het in ruil vir ‘n gewaarborgde salaris. In daardie stadium was die salaris meer as die inkomste, maar die parlement het (korrek) gereken dat dit later andersom en dus tot voordeel van die regering sou word. Die koningshuis kan die ooreenkoms ophef indien hulle so sou verkies.

Dit sluit boonop die toerismewaarde uit. Klomp toeriste kom net VK toe want daar is nog ‘n “regte” koningshuis.

GJ de C K ·

Dankie, Paul!

As ek dit reg verstaan het die Kroon dan die afgelope jaar ‘n netto bydrae van +/- £255 miljoen aan die staatskas gemaak?

Le roi est mort?

Vive le roi!

Tina ·

Asseblief Morne dat Zuma sien hoeveel die Koningin gaan kry nie want dan wil hy dit ook he?

GJ de C K ·

Ja-nee! Asseblief nie! Maar gelukkig kan hy net tot by “eleventy million” tel. ?

Stefaans ·

Ek dink ons moet die “verdien” wysig na “ontvang”

Petra ·

Wat presies doen die ou heks? Dis mos sy wat gese het dat Engels nie in Suid-Afrika as ‘n amptelike taal mag gebruik word nie.Dit verstom my dat die Britte die verhoging goedkeur,maar dit lyk my dis hulle enigste “pride and joy” want jy mag mos niks verkeerd se van die “koninglike huis” nie.

John ·

Geld en status en ‘n titel, dis al wat vir die britte tel. O ja, en Engels…. Sonder dit is hulle niemand. Hoe ‘sad’…

Maria van Dieweeck ·

Wrede en bloeddorstige familie, wat die grootste probleme vir ons veroorsaak het! Ons Afrikaners word blameer vir wat HULLE in die verlede hier gedoen het. EK wens daai huis kan tot niet gaan. Glad nie oulik nie.

Paul ·

Die Britse koningshuis het basies geen mag nie. Die laaste keer dat ‘n Britse parlementêre wet deur ‘n heerser ge-veto is, was in 1707, en hoewel daar van toe tot die laat 1800s dan-en-wan op ander maniere deur die konings ingemeng is, het selfs Victoria teen omtrent 1890 geen werklike mag meer gehad nie.
Om die koningshuis te blameer vir wat deur die Britte hier aan die suidpunt van Afrika gedoen is, is om die punt te mis.

fred ·

Dis verstommend. Wat se werk doen die konings familie eintlik. Toespraak hier, toespraak daar – hulle teenwoordigheid kos net geld. Werk soos werk beskryf word, ken hulle glad nie. Ek het ook in Engeland gebly – die meerderheid daar noem hulle “leaches” Elkeen wat gebore word begin met n fortiun van n salaris. Hulle word net verafgod waar hulle kom. Dis net die teenwoordigheid wat tel. Hulle is ook gewone mense soos ons. Maar die leefwyse is so hoog en dit kos hulle niks nie – maar niks nie. As hule oor see reis is daar n hele army wat saam gaan om by te staan – alles , alles. Vir wat?

Paul ·

Fred, lees my vorige kommentaar. Die Britse koningshuis betaal baie, baie meer geld aan die Britse staat as wat die staat aan die koningshuis betaal. Dis ‘n resultaat van ‘n ooreenkoms in 1760 tussen George III en die Britse parlement.
Die Britse koningshuis kos die Britse regering nie ‘n sent nie.

GJ de C K ·

My tuinier se dogter woon al 47 jaar in SA.

Ek reken sy is dan sekerlik ‘n kenner mbt SA geskiedenis, politiek en moreel-filosofiese aangeleenthede? (?)

GJ de C K ·

Adelikes is nie altyd Engeltjies nie, maar dit was die Britse koningshuis en Adelikes wat meerendeels Boer-gesind was en ‘n einde aan die 2e Anglo-Boere oorlog help maak het, terwyl dit meerendeels Britse middelklas en geëmansipeerde Jode was wat elke moontlike geleentheid wat in die kolonies gewink het misbruik het om hulleself verder sosiaal te probeer promoveer.

Joann ·

Die ou tante is darem geleerd maar onse oom kan net hehehe. In elk geval hy vat meer as dit. Ons werk met biljoen in die land.

Henk ·

wie is die dwaas wat hierdie syfers bekend maak? Zuma sal onmiddelik as gevolg hiervan ‘n salaris verhoging eis, want daar is ‘n Imperialis wat meer geld as hy verdien en dit kan nie wees nie, want dis mos die imperialiste en van Riebeeck se skuld dat sy salaris ver meer is as wat sy akademiese kwalifikasies regverdig

Daan Erasmus ·

Help asb. Ek verstaan nie beginsel van n Koning nie. Jy erf jou titel. Is nie vir my reg nie. Of dit Britanje. Of Zulu koning is. Dit hoort nie in n moderne samelewing nie.

Stephanie ·

Toe ek klein was het my ouers my hul prinsessie genoem.
Ek is nou mooi groot en amper so lank innie tand soos die Britse koningin.
Wat ek probeer se is:
Ek dink dis tyd dat ek n koningin word. (Ek sal self engels met n Britse aksent probeer praat). Sal iemand asseblief reel dat my verhoogte status bekend gemaak word en die regte salaris in my rekening betaal word.
Of as dit onmoontlik is… reel teminste dat die Powerball se “jackpot” na my kant toe kom.

sê net ·

Stephanie jy is KONINGSKIND en jou lewe is met DUUR BLOED GEKOOP geen geld waarde of status kan daarby kom sê maar net ….GLO jy weet dit LANKAL. :)))My PA het gesê..toe ek kleuter was..jy het bloubloed rooihare baie sproete en is afstammeling van die ROYAL Familie is nou nog DOLGELUKKIG droom ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.