Koningin kanselleer Kersplanne

Koningin Elizabeth II by Windsor-kasteel op 24 Desember 2020. (Foto: Victoria Jones/POOL/AFP)

Koningin Elizabeth II het die tweede jaar opeenvolgend die tradisionele Kersete saam met haar gesin gekanselleer.

Dit is omdat sy voel die risiko is te groot vir die verspreiding van die koronavirus. Brittanje het onlangs ʼn rekordgetal van amper 100 000 nuwe Covid-19-gevalle per dag aangeteken.

Die koningin en senior lede van die Britse koningsgesin bring Kersfees gewoonlik deur op Sandringham in die ooste van Engeland, waar hulle op Kersdag saam ʼn erediens bywoon.

Verlede jaar was daar egter streng beperkings op binnenshuise byeenkomste, wat verhoed het dat die koningin se kinders, kleinkinders en hul neefs en niggies mekaar sien.

Dit sal die eerste Kersfees wees wat die monarg heeltemal alleen deurbring, ná haar man, prins Philip, se dood in April vanjaar.

Kommer heers ook die afgelope maande oor die koningin se gesondheid nadat sy ʼn reeks amptelike geleenthede op aanbeveling van haar dokter gekanselleer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.