‘Koningin van Rock’ Tina Turner oorlede

Tina Turner in Oktober 2018 (Foto:: Christian Charisius/dpa)

Die ikoniese rockster Tina Turner is in die ouderdom van 83 oorlede.

Turner, wat deur talle as die ‘Koningin van Rock’ bestempel word, is by haar huis naby Zurich, Switserland dood ná ʼn lang siekbed, berig SkyNews.

“Met haar musiek en haar ongekende passie vir die lewe het sy miljoene aanhangers regoor die wêreld betower en die sterre van môre geïnspireer. Vandag neem ons afskeid van ‘n dierbare vriendin wat vir ons almal haar grootste werk nalaat: haar musiek. Ons betoon ons innige meegevoel aan haar familie. Tina, ons gaan jou baie mis,” lui ʼn inskrywing op Turner se amptelike Facebook-blad.

Turner was een van die mees geliefde vroue- rocksangers en was bekend vir haar hoë hakke en welige bos hare.

Sy het oor die jare verskeie treffers opgelewer, insluitend “The Best,” “Proud Mary,” “Private Dancer” en “What’s Love Got to Do With It”.

Turner het eers bekendheid verwerf saam met haar eksman Ike Turner met die klassieke liedjie “River Deep, Mountain High”. Hulle is in 1962 getroud en ná ʼn stormagtige huwelik van meer as tien jaar geskei nadat hy haar herhaaldelik mishandel het. Ike Turner is in 2007 dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Katinka ·

She’s simply the best, better than all the rest! Sal haar nooit vergeet nie! RIP

Cherokee ·

Marcello, dit is nie of jy dit bèter kon verwoord het nie. Dit is eerder of jy dit net so goed kon doen.

Poppi ·

Tina Turner = Simply the best!!! Jou stem is stil maar jou musiek sal aanhou leef.

Poppi ·

Tina Turner = Simply the best!!! Jou stem is stil maar jou musiek sal voort leef.

Elmarie ·

Daai rou emosie in haar stem… Beslis simply the best, better than all the rest… Tyd om te rus

piet ·

Een van die bestes ooit. Een van ‘n handjievol kunstenaars wat ek top dollar sou betaal om “live” te sien optree. Nie net ‘n unieke sangeres nie maar ook fantastiese danser. Haar lewendige optredes was soos die Engelse dit sou noem “a blast”.

Poppi ·

Tina Turner = Simple the best
Jou stem is stil, maar jou musiek sal aanhou leef!!

PersHeks ·

Die liedjie wat ek nooit van haar sal vergeet nie, was “You better be good to me”. Het haar opvoering gaan kyk toe sy hier was…sy was absoluut “wow”!!!

Yolandie ·

RIV Tina Turner, jou musiek sal voortleef en nog deel wees van baie mense se lewens reg oor die wereld. Musiek is definitief die instrument wat ons terug vat in tyd. Thank you for the music.

piet ·

Ek het iewers gelees dat sy ‘n introvert was (soos dikwels die geval is met hoogs begaafde mense). Maar as sy op daai verhoog klim, is die vet in die vuur…

Nommer 7 ·

RIV. Ek kan darem se^ dat en en my vrou “ushers” was by haar optrede in Kaapstad in 1996.

Patch ·

Simply the Best… my en my man se liedjie vandat ons ‘n jaar lank uitgegaan het oor die 30 jaar gelede.
Tina kón sing en ons het dansvloere warm gedans op haar musiek. Rus in vrede Tina, jou legacy sal nog vir baie, baie jare saam ons wees.

Rooi rissie ·

RIV ons koningin van rock en roll. Ek luister gereeld nog na haar liedjie” Good hearted woman ” sy sing dit die heel beste van almal. Ek is n groot aanhanger van haar musiek.

Mariana ·

Sy sal bly voortleef in haar musiek. Nes ander legendes sal sy gemis word. RIP

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.