Koningin vir nóg twee weke afgeboek

Koningin Elizabeth II tydens haar amptelike verjaarsdagvieringe op 12 Junie. (Foto: The Royal Family/Twitter)

Die Britse koningin Elizabeth II sal op advies van haar dokters minstens nog twee weke rus, het Buckingham-paleis Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Die koningin het onlangs ʼn aand in die hospitaal deurgebring en daar word voortdurend oor haar gesondheid bespiegel. Dokters het aanvanklik aanbeveel dat sy net ʼn paar dae se rus nodig het, maar reken nou klaarblyklik dat dit nie genoeg is nie.

Luidens die verklaring sal die 95-jarige monarg vir die volgende paar weke niks meer as ligte, lessenaargebonde pligte uitvoer nie. Sy sal ook aan ʼn paar virtuele vergaderings deelneem, maar sal geen amptelike besoeke aflê nie.

Sy het reeds haar besoek aan vanjaar se klimaatveranderingsberaad van die Verenigde Nasies, wat Sondag in Skotland begin, gekanselleer. Volgens die paleis was sy “teleurgesteld” hieroor, maar moes dit noodgedwonge op mediese advies doen.

Koningin Elizabeth vier volgende jaar 70 jaar op die troon. Sy is op 21 Oktober vir die eerste keer in agt jaar in die hospitaal opgeneem. Bronne na aan die paleis weet te vertel dat die koningin deesdae met ʼn kierie loop en nie meer so gereeld met haar geliefde corgis gaan stap nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

annie ·

Die koningin het te dapper probeer wees na Harry en Megan se oproerighede, haar man se dood te midde van die pandemie en brexit en haar nou erg opgewerk oor klimaatsverandering wat haar bloeddruk deur die dak laat klim het. Daar’s ook nog boetie se streke met meisies in die VSA… met haar ondersteuningstelsel reeds dun geskaaf na werkers dros weens covid-vrese. Ware vriende se nabyheid is bitter nodig. Is daar nog sulke skaars items?

JohanR ·

Ek dink annie dat die koningin ly aan ‘n gebroke hart. Hoop net dat Charles sal daai
koninklike familie eendag kan beheer.

Jackie ·

Die monargie is n wit olifant wat Britte nie juis kan bekostig nie. Dit is hierdie adelstand stelsel wat uiteindelik in SA tot die problematiese apartheids stelsel gelei het. Kyk gerus op Netflix na die dokumentêre reeks ‘ Servitude’ en maak jou eie afleiding. Die puik reeks ‘Dowton Abbey’ op Netflix laat n mens dieselfde afleiding maak.

miavos ·

Sy lyk altyd vriendelik en optimisties (‘in good spirits’), maar sy is besig om gewig te verloor. Hoop sy word nog baie jare gespaar.

AW ·

Wonder of op haar Siek Sertifikaat dit ook geskryf staan- “Medical Condition” , soos meeste van die Staats Amptenare , se Mediese Sertifikate??

Medical Condition, is vandag die grootste Siekte toestand, in die Staat !!

Barney ·

Dis al wat sy doen is rus. Begin van die einde sê ek vir jou. Begin van die einde.

Francois Le Cochon ·

Ek dink sy is n merkwaardige vrou met die wereldse kennis, maar dit is nou tyd.

Pieter9 ·

Was dit nie vir SA nie was daar ‘n paar minder diamante in haar kroon, en was die VK baie armer… Nie’ n dag gewerk nie, so ook die hele familie… kleinkinders leef vandag nog vanit wat in SA ‘verower’ is. Maar dra geen wrok en hou van haar die meeste…wens haar vrede en rus toe.

JohanR ·

Hello Harry…..gaan nie goed met Momma nie. Gaan jy en Meghan en die kinders besoek afle of is Meghan te besig?

Kattebol ·

Die vrou is bitter oud. Ek wens sy wil abdikeer en William laat oorneem sodat sy kan rus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.