Koninklike baba se naam bekend

Kate en prins William met hul nuwe babadogtertjie, Charlotte Elizabeth Diana. Foto: Twitter

Kate en prins William met hul nuwe babadogtertjie, Charlotte Elizabeth Diana. Foto: Twitter

Die Kensington-paleis het Maandag aangekondig dat prins William en Kate se nuwe babadogtertjie Charlotte Elizabeth Diana sal heet.

“Die baba sal as Haar Koninklike Hoogheid Prinses Charlotte van Cambridge bekend staan,” het die paleis op Twitter gesê.

Kate en William het ook die paleis se amptelike Twitter-profiel gebruik om die publiek te bedank vir al die gelukwense wat hulle van regoor die wêreld ontvang het. “Dit beteken vir hulle werklik baie dat so baie mense die koms van hul nuwe dogter gevier het,” het die paleis gesê.

Prinses Charlotte, Kate en William se tweede pienkvoet, is Saterdagoggend om 08:34 in die St Mary’s-hospitaal in Engeland gebore en het 3.76kg geweeg. Die koninklike egpaar se eerste baba, prins George, is op 22 Julie 2013 in dieselfde hospitaal gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Shannon ·

Het slegs bewondering vir die jong paar en famillie. `n Pa wat elke dag hard werk op kantoor, ma wat doenig bly met hordes liefdadigheid projekte en Oom Harry wat om vryheid veg as tjopper loods in die midde ooste.
Hoe kan die Skotte nou nie deel wil wees van die fairytale nie ?

Eish! ·

Eienaardig dat hul so uit die kollig kan lewe. Ek het nog nooit die klein prinsie iewers in nuusblaaie ens te siene gekry nie en ooknie eers geweet sy was swanger nie. Goed vir hulle.

Eliza-beth ·

Eish, ek dink hy het gesien hoe sy arme ma tot in haar graf in verpes was deur ou suurknolle in die koningshuis wat haar net kritseer het en die pers wat haar nie kon uitlos nie. Ek dink hulle het ‘n wilsbesluit geneem dat hulle sover moontlik “gewone” mense gaan bly! Mens wens hulle net die beste toe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.