“Die baba sal as Haar Koninklike Hoogheid Prinses Charlotte van Cambridge bekend staan,” het die paleis op Twitter gesê.
Kate en William het ook die paleis se amptelike Twitter-profiel gebruik om die publiek te bedank vir al die gelukwense wat hulle van regoor die wêreld ontvang het. “Dit beteken vir hulle werklik baie dat so baie mense die koms van hul nuwe dogter gevier het,” het die paleis gesê.
Prinses Charlotte, Kate en William se tweede pienkvoet, is Saterdagoggend om 08:34 in die St Mary’s-hospitaal in Engeland gebore en het 3.76kg geweeg. Die koninklike egpaar se eerste baba, prins George, is op 22 Julie 2013 in dieselfde hospitaal gebore.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Het slegs bewondering vir die jong paar en famillie. `n Pa wat elke dag hard werk op kantoor, ma wat doenig bly met hordes liefdadigheid projekte en Oom Harry wat om vryheid veg as tjopper loods in die midde ooste.
Hoe kan die Skotte nou nie deel wil wees van die fairytale nie ?
Eienaardig dat hul so uit die kollig kan lewe. Ek het nog nooit die klein prinsie iewers in nuusblaaie ens te siene gekry nie en ooknie eers geweet sy was swanger nie. Goed vir hulle.