Koninklike egpaar nog ʼn baba ryker

‘n Gesinsfoto van prins William en Kate met hul twee oudste spruite, prins George en prinses Charlotte. (Foto: Instagram/Kensington-paleis)

Prins William en Kate Middleton, hertogin van Cambridge, het Maandag ʼn prinsie ryker geword.

Die Kensington-paleis het op sy Twitter-profiel aangekondig die babaseun weeg ongeveer 3,9 kg en is omstreeks 11:00 (Britse tyd) gebore. Die naam van die seuntjie is nog nie bekendgemaak nie.

“Dit gaan goed met die hertogin en haar baba,” lui die Twitter-inskrywing.

Die paleis het vroeg Maandagoggend bekendgemaak dat die hertogin in die vroeë stadiums van kraam na die St. Mary-hospitaal in Paddington in Londen gehaas is. Sy is saam met William in ʼn motor na die Lindo-vleuel van dié hospitaal geneem.

Die egpaar het in September verlede jaar aangekondig dat hulle nog ʼn koninklike bondel ryker gaan word. Die nuus is bekendgemaak kort nadat daar hulde gebring is aan prinses Diana, William en sy broer, prins Harry, se ma, wat op 31 Augustus 1997 in ʼn motorongeluk in Parys dood is.

Kate en William het reeds twee kinders, prins George en prinses Charlotte.

George is op 22 Julie 2013 in die St. Mary-hospitaal gebore en Charlotte op 2 Mei 2015 in dieselfde hospitaal.

Die media wag buite die hospitaal vir die baba se geboorte. (Foto: Twitter/Kensington-paleis)

Die media wag buite die hospitaal vir die baba se geboorte. (Foto: Twitter/Kensington-paleis)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Baie geluk aan die mooi egpaar. Ek wens daai mooi gesin net die beste toe.

Ander Annie ·

Baie geluk. Mag hy vir julle baie vreugde bring. Twee pragtige jong mense met ‘n mooi gesin. Hulle Ouma Diana sou darem baie trots en bly gewees het.

Marinda ·

Baie geluk julle twee. Ek is seker ouma Diana sou baie trots op julle gewees het en haar kleinkinders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.