Koninklike troue: Só laat moet jy inskakel

Meghan Markle arriveer Vrydag by die Cliveden House Hotel saam met haar ma, Doria Ragland. Foto: Instagram via @kensingtonroyal.

Prins Harry en die Amerikaanse aktrise, Meghan Markle, staan vandag in Windsor in Engeland voor die kansel by die St. George-kapel ná maande lange afwagting en beplanning.

Die tydlyn van die verrigtinge is in Suid-Afrikaanse tyd uiteengesit:

10:00: Lede van die publiek wat genooi is om na die verrigtinge en aankoms van gaste vanaf die terrein van die Windsor-kasteel te kyk.

10:30: Trougaste begin opdaag by die kasteel se bekende Round Tower per bus. Hulle sal die St. George-kapel se suidelike deure ingaan en hul plekke inneem.

12:20: Lede van die koninklike familie begin aankom. Hulle kom in deur die Galilee Porch, sommige te voet en ander per motor.

12:45: Harry en sy broer, William, sal na verwagting op die westelike trappe van die kapel verskyn, waarskynlik te voet. Hulle sal deur duisende toeskouers begroet word wat genooi is om op die terrein van die kasteel na die troue te kom kyk. Dit sal ook vir Harry die geleentheid bied om 200 verteenwoordigers van liefdadigheidsorganisasies te groet. Dié verteenwoordigers sal almal in die Horseshoe Cloister by die onderkant van die trappe byeenkom.

12:55: Soos protokol vereis, sal die koningin die laaste lid van die koninklike familie wees wat opdaag.

12:59: Meghan sal ʼn minuut voor die seremonie vanaf haar oornagverblyf by die kapel se westelike trappe verskyn saam met sommige lede van haar gevolg. Sy sal verby die skare beweeg in die sogenaamde Long Walk, saam met haar ma, Doria Ragland. Wanneer die motor by die kasteel stilhou, sal haar ma plek ruil met die gevolg, onder wie prinses Charlotte en prins George. Doria sal die kapel deur die Galilee Porch binnegaan.

13:00: Die huwelikseremonie vind plaas.

14:00: Die pasgetroudes sal ʼn uur later by die westelike trappe van die kapel uitkom. Lede van albei families sal die paartjie wegsien voordat hulle op hul koetsoptog deur die strate van Windsor vertrek. Die koetsoptog sal na verwagting ongeveer 25 minute duur.

Maroela Media het vroeër berig prins Harry en Markle se troue gaan die Britse ekonomie glo ʼn hupstoot van sowat £500 miljoen gee. Volgens ʼn skatting van David Haigh, uitvoerende hoof van die Britse nasionalestatistiekekantoor, sal £200 miljoen hiervan deur toeriste-inkomste, onder meer danksy hotelverblyf, geïn word. Haigh sê toeriste sal meer as £150 miljoen aan partytjies bestee voor en ná die koninklike troue en sowat £50 miljoen aan memorabilia soos T-hemde.

Die voorbereidings is reeds die afgelope paar dae in volle gang ondanks ʼn verklaring wat Markle Donderdag uitgereik het waarin sy bevestig dat haar pa, Thomas Markle, nie die troue sal bywoon nie weens gesondheidsprobleme.

Die Kensington-paleis het egter Vrydag bevestig dat prins Charles van Wallis, Markle se aanstaande skoonpa, haar na die kansel sal begelei.

Bron: Dailymail.uk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alta ·

Baie dankie vir die inligting. Op watter kanale kan ek inskakel asb?

Rene ·

Ek en my pensionaris ouers wil ook graag na die troue kyk maar is net beperk tot sekere kanale – kan hul dit asb. ook op die kanale uitsaai vir mense wat nie al die kanale kan bekostig nie asseblief. Dankie.

leser ·

dankie vir die uiteensndings tye
my tv het nie DAARDIE “TYE” nie ????????????????????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.