
Prins William en Kate Middleton, die hertog en hertogin van Cambridge
Kort ná verlede week se tragiese 20-jaar-herdenking van prinses Diana se dood, het die koninklike familie Maandag groot nuus bekendgemaak.
Prins William en Kate Middleton, hertogin van Cambridge, verwag hul derde baba. ʼn Verklaring wat Maandag deur die Kensington-paleis uitgereik is, meld dat die koningin verheug is deur dié nuus.
Luidens die verklaring ly Kate aan hyperemesis gravidarum, ʼn baie ernstige vorm van oggendnaarheid, en sal sy nie Maandag haar verpligtinge kan nakom nie.
Kate en William het reeds twee kinders, prins George en prinses Charlotte.
Prins George is op 22 Julie 2013 by die St Mary’s-hospitaal in Engeland gebore en prinses Charlotte is op 2 Mei 2015 by dieselfde hospitaal in die lewe gebring.
Die wêreld het verlede week hulde gebring aan prinses Diana, William en Harry se ma, wat op 31 Augustus 1997 in ʼn motorongeluk in Parys oorlede is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
29 Kommentare
Baie geluk! Ouma Diana sou super bly gewees het
Twee pragtige mense. Die oumense sou gesê het ‘Prins Willem en Kaatjie Middeltoon’. Hulle is voorwaar ‘n voorbeeld vir die jeug.
Hulle is pragtige mense waarna die jonges van vandag kan opkyk. Wens net Ouma Diana kon
deel wees van hul vreugdes.
Ek wonder net hoe kyk Camilla die kinders in die oe na haar aandeel in die egskeiding.
Dit kan nie maklik wees om haar te aanvaar na alles wat Diana mee vorendag gekom het nie….
Hoekom is die klomp se lewens enigsins relevant?
Die Kate Middleton saga is al net so afgesaag soos die Karlien van Jaarsveld saga, my kinders een kleinkinders hoef nie ‘n milimeter vir hulle tereg te staan nie.