Koninklikes deel groot nuus

Prins William en Kate Middleton, die hertog en hertogin van Cambridge

Kort ná verlede week se tragiese 20-jaar-herdenking van prinses Diana se dood, het die koninklike familie Maandag groot nuus bekendgemaak.

Prins William en Kate Middleton, hertogin van Cambridge, verwag hul derde baba. ʼn Verklaring wat Maandag deur die Kensington-paleis uitgereik is, meld dat die koningin verheug is deur dié nuus.

Luidens die verklaring ly Kate aan hyperemesis gravidarum, ʼn baie ernstige vorm van oggendnaarheid, en sal sy nie Maandag haar verpligtinge kan nakom nie.

Kate en William het reeds twee kinders, prins George en prinses Charlotte.

Prins George is op 22 Julie 2013 by die St Mary’s-hospitaal in Engeland gebore en prinses Charlotte is op 2 Mei 2015 by dieselfde hospitaal in die lewe gebring.

Die wêreld het verlede week hulde gebring aan prinses Diana, William en Harry se ma, wat op 31 Augustus 1997 in ʼn motorongeluk in Parys oorlede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

My mening ·

Twee pragtige mense. Die oumense sou gesê het ‘Prins Willem en Kaatjie Middeltoon’. Hulle is voorwaar ‘n voorbeeld vir die jeug.

Penelope ·

Hulle is pragtige mense waarna die jonges van vandag kan opkyk. Wens net Ouma Diana kon
deel wees van hul vreugdes.
Ek wonder net hoe kyk Camilla die kinders in die oe na haar aandeel in die egskeiding.
Dit kan nie maklik wees om haar te aanvaar na alles wat Diana mee vorendag gekom het nie….

Dereck Le Roux. ·

Die Kate Middleton saga is al net so afgesaag soos die Karlien van Jaarsveld saga, my kinders een kleinkinders hoef nie ‘n milimeter vir hulle tereg te staan nie.

Andre Traut ·

Dereck le Roux, jy is reg, jou kinders en een kleinkinders sal gelukkig nie vir hulle hoef tereg te staan nie….. dalk net terug

Karma ·

@Riaan – SA se geskiedenis is nou verweef met Brittanje s’n: aanvanklik eers as kolonies, of Britse grondgebied, daarna die Unie en toe eers die Republiek. Daar is ook nog die “bitterheid” van die nageslagte van gesinne wat in die 2de ABO omgekom of uitgewis is – daarom die relevansie van die koningsgesin in Brittanje in SA.

@Dereck le Roux – niemand het gesê jou kinders hoef terug te staan vir die Britse koninklikes nie; as jy nie van hulle hou nie – moenie berigte oor hul lees of kommentaar lewer nie (blaai verby of “skip”).

Jakoba ·

Sy het met haar 1ste en 2de swangerskap ook erg aan hyperemesis gravidarum gely.

Williew ·

Dis ten minste goed om te weet dat die lewe ELDERS normaal voortgaan,anders as hier by ons…

Elsabè Mocke-Theron Matthee ·

So happy for the royal family, only a pity that the little ones are missing out on such an the awesome grandma that princess Diana would have been to them! Congratulations & remeber, only some alcohol-free champagne for u, mama Kate! <3 :* ;)

Lhs ·

Wie is die mense, behoort enige iemand belang te stel in hulle ?

JH ·

En wie is Lhs? vra maar net. Party mense se kennis en belangstelling is tog so beperk

Lollie ·

Van die honderde nuusbrokkies wat MM opsit is dit maar net logies dat daar nuus gaan wees wat jou intereseer en ander nie. Dit is soos om ń koerant of tydskrif te lees. Indien die opskrif jou geval dan lees jy die berig en indien nie blaai jy verby. Waarom kan MM lesers dit nie ook doen nie? Jy wat negatiewe kommentaar lewer oor enige berig moet net onthou dat alles nie net om jou gaan nie maar dat ander mense wel daarin belangstel. Los maar die negatiewe kommentaar, ons afrikaners hoef nie so commin te wees nie. Bedank eerder vir MM dat hulle ons met ALLE nuus op hoogte hou!

Erika ·

As jy op die skakel kliek, dit oopmaak lees en nog moeite doen om kommentaar te lewer moet jy of baie vervelig wees of net eenvoudig afgunstig. Net om reaksie te kry. So bietjie goeie nuus. Lewer liewers kommentaar oor plaasmoorde ens.

Helene ·

Maar nou is dit ook so Erika dat daar mense is wat net nooit genoeg kan kry van kekkel nie. Haai het jy gehoor?

KarenG ·

Ek moet erken ek hou daarvan om te weet wat gebeur in ander dele van die wereld.

Leslie ·

Hul is ń pragtige paartjie. Ek geniet elke berig omtrent hul. Kan nie wag om die nuwe baba te sien nie. Dit verskaf hul veel vreugde – so wees saam met hul bly ?

ken van benoni ·

Ons huidige geliefde regering se hoofkantoor was in Londen gesetel toe hulle ‘n terreur organisasie was. Ek is nie aanhanger van Britse koningshuis nie.
Ek sal egter polities korrek wees en die betrokke egpaar maar geluk wense

Blommie ·

As ek nou Mm oop maak sou ek sé dat hierdie berig eerste geplaas moes wees. Julle vra hoekom? Want die ander berigte is so sleg en hartseer dat mens graag goeie nuus wil weet en dan kan verby hou by die ander. Baie geluk ook aan die ouers.

Kom Ons Boks ·

My tweetjies is gebore maand of twee uit na William en Kate s’n. Ek vind mos drie weke terug uit my vroutjie verwag ons derde en sowaar, daar lees ek nou Kate is ook weer verwagtend. Ek is in my element en is opreg baie bly vir die koninklike paartjie! Vroutjie meen dis die laaste een en ek wonder of Kate ook so voel…

Ane ·

Baie bly vir hulle, maar ek wonder ook of sy nou voel dis die laaste. Ek voel baie jammer vir haar. Hyperemesis gravidarum is nie grappies nie. – daar is nie baie mense wat 3x kans sien daarvoor nie! Ek sou def nie. Eerste keer weet mens nie dit gaan gebeur nie, maar daarna weet mens baie mooi wat wag. Gewone gesinne kan besluit een is dan genoeg , maar ek neem aan ‘n koningklike gesin het nie veel van ‘n keuse nie. Bygesê ek dink die mediese behandeling daarvoor in Brit is seker heelwat beter as in SA en ek glo sy het darm baie hulp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.