Kopenhagen: Polisie skiet ‘verdagte’ dood na twee dodelike aanvalle

Die toneel voor die sinagoge. Foto: Danie Noesgaard/Facebook

Die toneel voor die sinagoge. Foto: Danie Noesgaard/Facebook

Die polisie in Kopenhagen in Denemarke het Sondagoggend ʼn man doodgeskiet nadat twee mense in afsonderlike voorvalle in ʼn kafee en ʼn sinagoge doodgeskiet is.

Volgens ʼn berig in The Guardian was daar Saterdagmiddag ʼn skietery by ʼn kafee in Østerbro. Daar is glo ʼn paneelbespreking oor vryheid van spraak by die kafee gehou na aanleiding van die onlangse aanval op die Franse koerant Charlie Hebdo.

Die doel van die aanval was glo om Lars Vilks, ʼn Sweedse kunstenaar, dood te skiet nadat hy in 2007 die profeet Mohammed as ʼn hond uitgebeeld het. Daar was glo al verskeie pogings om Vilks om die lewe te bring. ʼn 55-jarige man is tydens die aanval doodgeskiet en drie polisiebeamptes is gewond.

Die tweede aanval het Saterdagaand by ʼn sinagoge plaasgevind. Twee polisiebeamptes is gewond en ʼn man is doodgeskiet.

Volgens die polisie het hulle Sondagoggend ʼn man naby ʼn treinstasie doodgeskiet nadat hy op polisiebeamptes losgebrand het. Die man het glo by ʼn huis opgedaag wat sedert die aanval by die kafee deur die polisie dopgehou is. Die polisie ondersoek nou of die man by die aanvalle betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.