Koppe vandag bymekaar gesit oor IS

Argieffoto

Argieffoto

Afgevaardigdes van 24 lande, wat meestal uit ministers van buitelandse sake bestaan, kom vandag in Parys, Frankryk, byeen om koppe bymekaar te sit oor hoe om van die IS as bedreiging ontslae te raak.

Drie belangrike rolspelers het egter nie afgevaardigdes gestuur nie – Sirië en sy bondgenote, Rusland en Iran.

Die lande wat saamtrek maak meestal deel uit van die internasionale koalisie wat veral deur lugbombardemente die IS se opmars probeer stuit, veral in Irak. Irak se premier, Haider al-Abadi, het Parys toe gekom met ’n vyfpunt-plan, wat egter gekritiseer word omdat dit te swaar op militêre aksie fokus en te min op die vermindering van die IS se politieke aantreklikheid.

Die koalisie behaal gemengde welslae deur die IS in sekere dele te verdryf, maar in ander dele maak die IS steeds vordering. Die IS het onlangs byvoorbeeld die antieke stad Palmyra in Sirië verower en Ramadi in Irak.

Bronne: Christian Science Monitor , The Independent, De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.