Koronavirus: 700 gevalle in 24 uur

ʼn Meisie met ʼn masker op spring met ʼn tou by die Incheon Internasionale Lughawe in Suid-Korea. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

China het Maandag bevestig dat 2 700 gevalle van die nuwe virus in die land aangemeld is, met 81 sterftes. Dit is ʼn skerp styging van 1 975 gevalle en 56 sterftes wat Sondag aangemeld is.

Die meeste gevalle is in die stad Wuhan aangemeld, waar die siekte verlede maand vir die eerste keer kop uitgesteek het. Die meerderheid van mense wat tot dusver gesterf het, was pasiënte in hul laat 50’s of ouer volgens ʼn dokter wat verskeie persone behandel het wat met die virus besmet is. Die demografie van die nuwe sterftes is nog nie bekend nie

Net vyf van die sterftes het buite die Hubei-provinsie plaasgevind. Hongkong het agt gevalle aangemeld en Macao vyf.

Twee van Hongkong se grootste toeristebestemmings, Hong Kong Disneyland en Ocean Park, het Sondag aangekondig dat hulle tydelik gaan sluit. Owerhede in Hongkong het ook gesê skole bly tot 17 Februarie gesluit.

Meer as 40 gevalle is nou ook in ander lande aangemeld. Die meeste van dié besmettings hou verband met Chinese toeriste of mense wat Wuhan onlangs besoek het.

Die lande met die meeste gevalle buite China is Thailand (8), Amerika (5), insluitend Kalifornië, Chicago en Washington, Suid-Korea (4) en Japan (4). Ander lande waar die virus opgemerk is, is Frankryk (3), Viëtnam (2), Kanada (1) en Nepal (1).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bess ·

Ag wat n klug geen laboratorium ter wereld kan virustoetse teen so n tempo doen en die resultaye binne n paar uur gereed he nie. Die berig imploseer dat alle die siekes in china vir die virus getoets is en dis onmoontlik.die virus is n week gelede ontdek en rewds is alles in plek om vir die nuwe virus te toets…onmoontlik..

Judge Dredd ·

Die virus is al laas jaar ontdek en stil gehou deur China.
China het einde Desember die wereld gesondheidsorganisasie laat weet van die Virus.

Bess ·

Hulle gebruik akteurs in die fotos kyk maar…binnekort gaan die groot maatskappye lekker groot geld skep met inentings…hierdie is net die bemarkingslopie…

Leon Dormehl ·

Nee Bess, jy sit die pot heeltemaal mis. Hierdie soort ding het die potensiaal om BAIE groot moeilikheid te maak. En sê dankie as daar dalk medisynemaatskappye is wat groot geld kan maak. Hulle gaan jou lewe red. Of sou jy verkies om liewer die medisyne oor te slaan as jy siek word? In daardie geval, sterkte. Dis seker ook jy wat siekte inentings sien as “conspiracy”
Die eintlike probleem is die wêreldbevolking wat handuit ruk. En dáár speel die medisyne industrie wel ‘n rol. Of dit met daardie doel is weet ek nie.

Johan Venter ·

Ek lees nou elders Suid-Afrikaanse aandele is Maandag as gevolg van die virus erger getref as sy eweknieë in die opkomende markte.

Tweetie ·

As n mens na die omvang gaan kyk, waarop dit dalk kan afstuur, kan dit n riller wees. Die getal sterftes staan huidiglik op 106, en die gevalle wat aangemeld is 4515. Die stad waar dit uitgebreek het, Wuhan het 11 miljoen inwoners, en die provinsie waarin die stad gelee is, Hubei 60 miljoen inwoners, so dink net as n tiende van daardie mense in die stad alleen blootgestel was aan daardie virus van laasjaar se tyd af, watter krisis dit kan afgee indien dit nie betyds gekeer word nie. En die feit dat die virus muteer is skrikwekkend. Die Chinese reis die wereld vol en hou daarvan om hulle vreemde eetgoed oral saam te karwy. Hoop maar hulle hou die virus daar in Wuhan.

Hannah ·

Bess dink sy is slim met haar “conspiracy” teorie weet net dat in enige plek waar daar n groot groep mense is kan daar n virus uitbreek. Superbugs, soos die een bleik te wees, kweek makliker en vinniger aan want as jou Dr nie vir jou n handvol pille gee vir jou verkoue nie dan glo jy hulle skeep jou af.

M ·

Presies net so Hannah. Dit is mense soos Bess wat nie hulle kinders laat immuniseer nie. Ek neem nou sommer aan as ek bg lees dat dit die geval is, en die mense bring uitgesterfte siektes soos polio en masels weer terug.

Sê net ·

As daar al ooit ‘n rede was om ‘n vegetariër te word dan is dit nou.

Judge Dredd ·

Op die oonmblik is die sterftesyfer minder as 3% – en dit sal die mense met die swakste weerstand wees. Ouer mense, kinders en vigslyers.

Thijnus ·

Australie se Channel 9 nuus het gister gepraat van vyf voorvalle wat daar bevestig is, tog is dit nie deel van julle statestiek nie. Lyk my nie al die inligting kom deur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.