Koronavirus: Dokter sterf; virus versprei na ander lande

‘n Pasiënt word by Zhongnan-hospitaal behandel (24 Januarie 2020) (Foto: Xiong Qi/Xinhua via AP)

ʼn Dokter wat pasiënte in Wuhan, China behandel het wat met die koronavirus besmet is, het Saterdag gesterf.

Die Paper-koerant berig Liang Wudong (62) het by die Hubei Xinhua-hospitaal gewerk en is op 18 Januarie in die hospitaal opgeneem, twee dae ná die eerste simptome van die siekte opgemerk is.

Die South China Morning Post het berig die werklike getal dokters wat met die virus besmet is, is baie hoër as die amptelike syfer.

Die onbekende tipe virale longontsteking is laat in Desember opgemerk. China en die Wêreldgesondheidorganisasie het intussen bevestig dit is ʼn nuwe vorm van die koronavirus, tans bekend as 2019-nCoV. Volgens China se Nasionale Gesondheidskommissie is 1 287 persone met die virus besmet en minstens 41 persone het reeds gesterf.

Gevalle van die nuwe koronavirus is ook in die VSA, Suid-Korea, Japan, Viëtnam, Singapoer, Thailand, Frankryk, Nepal, Australië en Taiwan aangemeld. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Donderdag gesê dit is nog te vroeg om ʼn wêreldwye noodtoestand af te kondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Leonie ·

Die werklike getal sal nooit bekend aan die wêreld gestel word nie. Massa paniek moet vermy word. Laat my dink aan Chernobyl wat ook noodsaaklike inligting weerhou het tot dit te erg geraak het.

Jan ·

Ag nee wat did n klug om mense skrik te maak om inentings te vat… En lekker maklik geld te maak uit n dom publiek…

René Joubert ·

So berig Netwerk24 daaroor: “Dit, die strate, lyk amper soos ‘n wegraping,” sê ’n Suid-Afrikaner oor die Chinese stad Wuhan, die episentrum van die gevreesde koronavirus.

Iemand ·

Sorry Jan. Jou kommentaar lyk bietjie “dom”. Die is geen klug vir mense om inentings te neem nie, want daar bestaan tans geen inenting teen die spesifieke virus nie.

Jimmy ·

Indien die Chinese paniekerig raak moet jy weet dis erg. Lande sal hul grense moet sluit, wat onmoontlik is vir SA waar migrante onwettig instroom.

Somme ·

@Jan
Nes jy se . N bemarking strategie soos min . Die hoof in die lab. het die eer om sy span se nuwe virus en antivirus n naam te gee . N fliek oor die’ tipe ding ” Outbreak” met Hoffman . Hulle se maar wat hulle doen .

Johan Venter ·

Jig, ek lees daardie laaste paragraaf van waar die virus tot dusver al aangemeld is, so dit versprei …….

John ·

Volgens berigte is van rotte tot wolfvleis tot wildekatvleis deur kinky Sjinese op die mark onder verdenking verkoop. Daar word gesè dat Sjina verlede jaar berigte van mense wat bevrees was dat pes aan die uitbreek is, van die internet verwyder het. Ons regering moet bedag wees op toeriste uit die Ooste. Mense is geneig om die hasepad te kies sodra hulle angstig raak oor ‘n moontlike epidemie.

Ariana ·

Jy is reg Leonie ekt n video gesien waar n inwoner sê dis 90 000 in Wuhan wat dit het so die dodesyfer is ook baie meer dan. Baie erg.

Anoniem ·

Ariana waar kom jy daaraan? Die oorsese koerante berig 1300 mense het die virus en 41 mense is dood.

Frik ·

Bitter moeilik om te beheer. Al wat kan werk is om Chinese grense te sluit. Niemand kan uit of in nie. Maar dis ook onmoontlik, want China is groot.

Somme ·

Gee dit jou die “praying mantis” of die “crouching tiger” moves ?

Johan Venter ·

Dit laat mens besef, die dag as natuurrampe of die uitbreek van ‘n dodelike virus of ‘n siekte die aarde tref wat erge gevaar vir die voortbestaan van die mens inhou en ‘n Tsoenami na kinderspeletjies laat lyk, die invloed van die aktivis wat hom beywer vir die wegdoen van die mense se aktiwiteite as synde dit die planeet op sy eie kan vernietig, ‘n druppel aan die emmer is.

Natuurlik moet die mens omsigtig optree met hoe hy grondstowwe benut, dit was daar vir die mens om te ontdek en vir voortbestaan aan te wend, soos ook nuwe metodes uitgevind en tegnologie ontdek word om verouderde en uitgediende gebruike te vervang.

Fossielbrandstowwe het sy doel gedien, bygedra tot waar ons vandag is, maar ons is nou maar aan die begin die ontwikkeling van nuwe tegnologie en in ‘n oorgangfase waarmee aktiviste maar ongeduldig mee is. Die gebruik van hierdie brandstowwe sal nog vir der jare met ons wees.

‘n Mens skop bv nie ‘n Elon Musk, ‘n Richard Branson en dies meer agter elke bos uit nie, ook is nuwe tegnologie om daardie waarvan die oormatige gebruik die aarde ‘siek’ maak, nie sommer die volgende dag beskikbaar nie. Wetenskaplikes en organisasies monitor darem ook mos deurlopend die situasie. En waar is die aktiviste soos Greta Thunberg as dit by die stelselmatige uitwissing van die Amasone reënwoud kom en waarvan die uitwissing astronomiese gevolge vir die planeet sal hê?

https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/2-miljoen-hektaar-se-bome-om-reenwoud-te-red/

Penellope Jones ·

Genugtig, mens hoop net dit word baie gou onder beheer gebring.

John ·

… ‘n 2e hospitaal is ook in aanbou… Dit wil lyk of die bestaande medikasie nie beterskap bring nie. Sjina is ‘n krisis wat telkens ‘n plek soek om te gebeur. Stories oor peste in die verlede is skrikwekkend. En mense se reaksie daarop maak alles erger. Bygelowe skop in, liefdeloosheid gedy en geld praat.

Sjannie ·

Dit is ‘n epidemie, net soos die Varkgriep (H3N3 EN H4N4) van verlede jaar. Ons regering hou ook mense in die duister, al die Tamiflu meds was uitverkoop en daar was nie plek in die hospitale oor nie (privaat). daai Corona Virus gaan ook hier beland. Wees maar bedag daarop. En nee, dit is nie ‘n klug soos wat sekere mense beweer nie en ook nie om mense in te ent nie, daar is nie entstof vir die een nie.

Die dood is in die pot. ·

Sopas ‘n artikel gelees wat beweer die oorsprong van die virus is die “Chinese Krait” en “Chinese Cobra”. Twee dodelik giftige slange wat deur hulle geëet word.

Walter ·

Blykbaar het gesondheidspersoneel al maande gelede gewaarsku dat die markte ‘n gesondheidsgevaar inhou. Maar die bestuur het nie opgetree nie.

Pro-aksie ·

Daardie dieremarkte in China is vir enige mens met n halwe breinsel n epidemie wat n plek soek om te begin. Nou sluit hul regering dit in reaksie. Al hierdie katastrofes wat nou plaasvind, brande in Australië, die virus, kon moontlik verhoed word indien regerings dalk meer pro-aktief isv reaktief optree? Soos een Ausie die waarheid uitspel: “Our leaders must pull their heads and start acting the way they want us to.”

Anneli ·

Iemand en Sjannie, julle is reg dat daar nie nou ‘n inenting beskikbaar is nie, maar hou dop – spoedig sal daar wees.

Sic? ·

Wetenskaplikes het gaan soek na die Spaanse griep virus in Alaska , het behoue RNA gevind en werk sedert 1999 om daarop te verbeter .

Scientae ·

Wetenskaplikes het gaan soek en het behoue RNA van die Spaanse griep virus in Alaska gekry en hulle werk sedert 1999 om daarop te verbeter . As die ” hulle” se ons is te veel dan bedoel hulle dit .

Mart ·

Hierdie virus is alreeds geidentifiseer tussen 30 Okt en 29 Nov 2019. Die eerste patient is op die 8 Des gediagnoseer met ‘n onbekende virus. Die virus kom voor in vlermuise en is onskadelik. Virologiese studies het gewys die Adam/Eve genoom het egter in een vlermuis gemuteer en is oorgedra na die mens.. Hulle het aan die begin van die jaar 24 verskillende genoom volgorde van die virus geidentifiseer. Hulle is nie eers heeltemal seker hoe hy versprei nie, aangesien dit ‘n baie jong virus is. Maar die manier hoe hulle die pasiente hanteer dui aan dat hy self moontlik kan versrei deur menslike vloeitstowwe. Die uitbraak het al die kriteria vir klassifikasie as ‘n internationale pandemie en nog steeds wil die WHO hom nie klassifiseer as sulks nie. Dit dui net aan hulle wil moontlik wêreld histerie keer en dan die Chinese ekonomie probeer beskerm, deur die getalle laag te hou. Daar is baie meer mense dood en siek as wat hulle vertel. In hierdie geval maak 2+2 nie 4 nie. Die optrede regverdig nie die getalle nie.

Scientae ·

As Corona d’ Aragon die Spaanse koningshuis of hoe ook al is , en die Spaanse griep miljoene doodgemaak het is 2020 s’n, n koning of gekroonde verbeterde model “born in the USA ” daai tyd , in n millitere basis in Kansas eerste voorvalle . China moet mooi trap met die Yanks .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.